Johann en Natasha

Johan en Natasha

Gevulde wors

Bestanddele

boerewors

spek

mozzarella

gemengde kruie

gedroogde brandrissievlokkies

Metode

Sny wors in die lengte oop en maak ook ’n klein snit in die middel.

Vul die gaping met mozzarella.

Draai spek om die wors om die kaas binne te hou en steek met ’n tandestokkie vas.

Gooi brandrissies en gemengde kruie oor na smaak en braai tot gaar.

Geroosterde sampioene

Bestanddele

groot sampioene

feta

vars koljander

sout en peper

Metode

Plaas sampioene op tinfoelie.

Vul met feta en koljander.

Geur met sout en peper na smaak.

Draai in foelie toe en braai tot gaar.

Johan en Natasha

Braaibroodjies

Bestanddele

gesnyde brood

botter

wit cheddar

uie, fyn gekap

tamatie, gesny

sout en peper

gemengde kruie

Metode

Botter brood aan albei kante.

Plaas kaas, uie en tamatie op brood.

Geur met sout, peper en gemengde kruie na smaak

Plaas op toeklaprooster en braai tot broodjies goudbruin en kaas gesmelt is.

Geroosterde oliebol met vanieljeroomys en aarbeie

Betanddele

oliebol (jy kan gemaakte oliebolle koop of jou eie maak)

vanieljeroomys

aarbeie

Metode

Plaas oliebol op rooster tot effens gekaramelliseer.

Bedien met roomys en aarbeie.

Marius en Anneline

Marius en Anneline

Ouma se lamsosaties

Bestanddele

lamsboud, in blokkies gesny

Jimmy’s-sous

groen, geel en rooi soetrissies, in blokkies gesny

uie, in blokkies gesny

sampioene

Metode

Laat lamsboudblokkies oornag in Jimmy’s-sous in die yskas.

Plaas vleis op sosatiestokkies saam met groen, geel en rooi soetrissies, uie en sampioene.

Braai sowat 20 minute oor matige kole tot goed gaar.

Boerewors

Bestanddele

Grabouw-boerewors (by sommige takke van Checkers te kry)

Metode

Braai oor matige kole tot goed gaar.

Roosterkoek

Bestanddele

roosterbrooddeeg (by Checkers te kry)

meel

botter en konfyt vir voorsit

mariusannelene

Metode

Die deeg sal binne-in die sakkie rys.

Strooi meel op oppervlakte waar jy gaan werk.

Knie alle lugborrels uit die deeg.

Meng meel liggies in.

Sny soos verkies – in blokke of rol in bolletjies.

Braai sowat 10 minute oor matige kole tot liggies bruin aan die buitekant en goed gaar aan die binnekant, terwyl jy gereeld draai.

Sit voor saam met botter en konfyt van jou keuse.

Groenslaai

Bestanddele

roketblare

feta, in blokke gesny

komkommer, gesny

tamatie, gesny

Metode

Rangskik die slaaibestanddele in rye op ’n mooi bord sodat elke gas sy eie slaai kan bou.

Gebraaide malvalekkers

Bestanddele

malvalekkers

sjokolade van jou keuse

room

Nachtmuzik

Metode

Plaas malvalekkers op sosatiestokkies.

Braai oor die kole.

Smelt sjokolade en room bymekaar oor die kole.

Sit malvalekkers saam met sjokoladesous en Nachtmuzik voor.

Shaun en Michelle

Shaun en Michelle

Lamsribbetjie

Bestanddele

lamsrib

sagmaakmiddel vir vleis

tjopspeserye

sout en swartpeper

Shaun se braaisous

Metode

Wend sagmaakmiddel op ribbetjie aan en laat ’n uur staan.

Braai ribbetjie 1 uur en 15 minute oor matige kole.

Braai meestal aan die beenkant. Draai die laaste 15 minute op die vleiskant.

Geur met sout, swartpeper en tjopspeserye.

Verf met braaisous en braai tot bros buite.

Sny en sit voor.

Kruisskyf-sosaties

Bestanddele

kruisskyf

sout en swartpeper

sagmaakmiddel vir vleis

groen en rooi soetrissies

rooi-uie

pynappel

Shaun se braaisous

Metode

Sny vet van kruisskyf af en slaan die vleis met ’n vleishamer om sagter te maak.

Sny in 2 cm-blokke.

Geur met sout en peper.

Sny rooi-uie, groen en rooi soetrissies en pynappel in blokke.

Ryg die sosatiestokkies in.

Braai 7 minute.

Verf met braaisous en braai nog 3 minute.

Shaun se braaisous

Bestanddele

blatjang

worcestersous

mosterdsous

tamatiesous

mayonnaise

sout en peper

paprika

borrie

Meng die nat bestanddele bymekaar na smaak.

Voeg ’n klein bietjie borrie by, asook ’n knippie sout, peper en paprika.

Meng goed en voeg ’n bietjie kookwater by om die sous te verdun.

Dit verhoed ook dat die marinade oor die kole brand.

Aartappelslaai

Bestanddele

10 aartappels, in blokkies gesny

5ml sout

4 eiers

200 g spek, in blokkies gesny

350 ml mayonnaise

10 ml melk

5 ml suiker

1 klein ui, fyn gekap

15 ml droë pietersielie

1 stukkie vars pietersielie.

½ komkommer, in skywe gesny

Metode

Kook die aartappels in soutwater tot sag.

Kook die eiers tot hard.

Braai die spek tot bros

Meng mayonnaise, melk en suiker tot dit opgelos is.

Meng uie, spek, gekapte pietersielie, die helfte van die gesnyde eiers en aartappels.

Giet sous oor en meng goed deur.

Pak die res van die eiers bo-op.

Pak die komkommerringe om die rant van die bak as versiering.

Garneer met pietersielie.

shaunmicghelle

Groenslaai

Bestanddele

gemengde blaarslaai

feta

komkommer

pynappel

pekanneute

6 eiers, gekook

1 avokadopeer

8 aarbeie

10 ml olyfolie

sout en swartpeper

Metode

Sny al die bestanddele na voorkeur en voeg bymekaar.

Breek die neute en krummel die feta bo-op.

Geur met sout en peper en bedrup met olyfolie.

Broodpoeding

Bestanddele

50 g botter

12 snye witbrood

konfyt

500 ml room

40 ml suiker

4 klein eiers

5 ml vanieljegeursel

2 kaneelstokkies

30 ml brandewyn

1 knippie gemaalde kaneel

Metode

Smeer ’n plat pot met botter.

Smeer botter aan die een kant van die brood.

Smeer konfyt aan die ander kant.

Maak toebroodjies met die snye.

Sny elke toebroodjie in vier driehoeke en verwyder kors.

Pak die snye in die pot.

Verhit die room en suiker in ’n klein pot en roer tot die suiker opgelos is.

Haal van die hitte af.

Klits eiers en voeg by roommengsel.

Voeg die vanielje, kaneelstokkies en brandewyn by en plaas oor lae hitte.

Roer ’n paar minute deur.

Giet die warm mengsel oor die brood en plaas deksel op.

Laat staan tot mengsel ingetrek het.

Sprinkel ’n knippie gemaalde kaneel oor en plaas die bak in matige kole.

Bak 45 minute tot ’n uur.