Ruan en Luani

ruan-en-luani

Ribeye-biefstuk

Bestanddele

Ribeye-biefstuk

sout en vars gemaalde peper

Metode

Geur die biefstuk met die sout en peper en braai oor die kole soos verlang.

Geheime wilde sous

Bestanddele

250 ml tamatiesous

250 ml Worcestersous

250 ml olyfolie

250 ml blatjang

100 ml rooiwyn

15 ml Tabasco

15 ml molasse

100 ml sojasous

Metode

Meng al die bestanddele in ’n potjie op die vuur tot warm.

Safariskyfies

Bestanddele

aartappels

olie vir diepbraai

biltongspeserye

Metode

Skil die aartappels en sny in skyfies.

Verhit die olie op die vuur in ’n pot en braai die aartappels 5 min. daarin.

Strooi biltongspeserye oor.

ruan-en-luani

Mosselpot

Bestanddele

mossels

margarien

knoffel

witwyn

knoffelsous

sout en vars gemaalde peper

vars room

Metode

Plaas die mossels in ’n pot saam met die margarien en knoffel.

Plaas die pot op matige kole, met die deksel op.

Voeg ná 5 min. die witwyn, knoffelsous en sout en peper by na smaak.

Laat 15 min. prut en voeg vars room by.

Laat nog 5 min. prut.

Geel en groen groente

Bestanddele

Spaanse aspersies

babawortels

olyfolie

Metode

Spoel die groente goed af en bedruip met die olyfolie.

Pak in ’n toeklaprooster en braai 5 min. oor die kole.

Haal af en plaas in ’n bak sodat dit warm kan bly.

Oreo oor die kole

Bestanddele

pannekoekmengsel (gekoop of self gemaak)

Oreo-koekies

olie vir diepbraai

kakaopoeier

vanieljeroomys

toffiesous

Metode

Maak die pannekoekdeeg aan volgens die pakkie se aanwysings of maak jou eie.

Doop elke Oreo-koekie in die pannekoekdeeg.

Verhit die olie op die kole en diepbraai die koekies tot goudbruin.

Sit voor op ’n bord wat met kakaopoeier bestrooi is en plaas een skeppie roomys by.

Sit voor saam met toffiesous.

Robert en Nadia

robert-en-nadia

Jogurt-gemarineerde hoenderboudjies

Bestanddele

hoenderboudjies

natuurlike jogurt

suurroom

vars knoffel

koljander

grasuie

pietersielie

varsgedrukte suurlemoensap

sout en vars gemaalde peper

Metode

Meng al die bestanddele vir die marinade bymekaar.

Laat die hoender oornag daarin lê.

Vou elke stukkie hoender in tinfoelie toe en plaas dit in ’n toeknyprooster voor jy braai.

Dit sal sorg dat die hoender lekker sappig bly.

Morsige beesribbetjies

Bestanddele

marinade van jou keuse

beesribbetjie

Metode

Kook die ribbetjie vooraf ongeveer 20 min. in ’n drukkoker.

Marineer in winkelmarinade of maak jou eie.

Plaas nog 30 min. op die vuur.

robert-en-nadia

Spek-en-kersie-oepsie

Bestanddele

repiespek

ingelegde kersies

Metode

Draai ’n repie spek om ’n sosatiestokkie.

Ryg ’n kersie aan en draai nog ’n repie spek om tot die stokkie vol is.

Braai oor die kole tot die spek gaar is.

Onvergeetlike braaibroodjies

Bestanddele

Engelse muffin

Botter

tamatie, gesny

pers uie, gekap

mozzarellakaas

basiliekruidblare

sout en vars gemaalde peper

spekkonfyt

Bestanddele

Smeer die muffins met botter.

Plaas die tamatie, ui, kaas en basilie op.

Geur met die sout en peper.

Smeer ’n dik laag spekkonfyt oor.

Plaas op die kole tot die kaas gesmelt en die brood goudbruin is.

Spoggerige Sandveldslaai

Bestanddele

baba-aartappels

eiers

mayonnaise

kondensmelk

sout en vars gemaalde peper

Metode

Kook die aartappels tot sag en die eiers tot hard.

Plaas in ’n bak en laat afkoel. Sny die aartappels en eiers in stukke.

Maak die sous met die mayonnaise, kondensmelk en sout en peper na smaak.

Meng goed deur die slaai.

Suurlemoentertjies

Bestanddele

1 pakkie Tennisbeskuitjies

120 g botter

3 eiers

1 blik kondensmelk

170 ml suurlemoensap

100 g strooisuiker

Metode

Krummel die koekies en meng met 120 g gesmelte botter om die kors te maak.

Skei die eiers – eiergele in een bak en witte in ’n ander bak.

Klits die eiergele tot dit liggeel word.

In ’n aparte bak, klits die blik kondensmelk en suurlemoensap goed.

Voeg die eiergeelmengsel by die kondensmelkmengsel en vou goed in.

Plaas die mengsel in die bakkies bo-op jou kors.

Klits nou jou eierwitte en strooisuiker saam tot glad en styf.

Skep dit bo-op die geel.

Laat die tertjie 35 min. in die Weberbraai “bak”.

Azaan en Simone

azaan-en-simone

Kruisskyf met Beurre rouge-sous

Bestanddele

verouderde kruisskyf

olyfolie

knoffel

peper

biltongspesery

Metode

Geur die vleis met die olyfolie, knoffel, peper en biltongspesery.

Braai oor warm kole en gooi alkohol in die kole om vlamme te maak sodat dit die vleis plek-plek lek.

Beurre rouge

Bestanddele

1 bottel rooiwyn

2 uie, gekap

suiker

100 g room

Metode

Verhit die rooiwyn en laat prut tot dit tot omtrent 5 eetlepels verminder.

Braai intussen die uie in ’n pan tot gaar.

Voeg ’n bietjie suiker by na smaak.

Meng alles en roer 100 g room deur net voor jy dit voorsit.

Handgerolde naanbrood

Bestanddele

500 g broodmeel

240 ml karringmelk

sout

water

1 teelepel komynsade

Metode

Voeg al die bestanddele bymekaar en rol in mini-naanbrode uit.

Plaas in ’n pot op die kole en stoom tot gaar.

Sit voor saam met hummus, tamatietapenade en basiliekruidpesto.

azaan-en-simone

Caprese-sosatie

Bestanddele

sampioene

balsemieke asyn

olyfolie

suiker

haloumi-kaas

repiespek

kersietamaties

vars mentblare

Mediterreense balsemieke reduksie

Metode

Marineer die sampioene oornag in die balsemieke asyn, olyfolie en suiker.

Sny die haloumi in blokkies en draai elkeen in ’n repie spek toe.

Ryg aan sosatiestokkies kersietamaties, sampioene, mentblare en haloumi.

Braai oor die kole tot die tamatie sag en die spek gaar is.

Sit voor saam met balsemieke reduksie.

Loslitslaai met appelliefies

Bestanddele

tamaties

babaspinasie

komkommer

fetakaas

olywe

appelliefies

Metode

Voeg al die bestanddele behalwe die appelliefies in ’n slaaibak bymekaar.

Strooi die appelliefies bo-oor en sit voor.

Warm sjokoladepoeding

Bestanddele

2 eiers

150 ml olie

500 g koekmeel

1 e kakao

½ koppie sjokoladestukkies

250 g karringmelk

½ k bruinsuiker

room of roomys vir voorsit

Metode

Meng eers die droë bestanddele bymekaar en die nat bestanddele in ’n aparte houer.

Voeg die nat by die droog en meng goed.

Giet in ’n potjie en plaas op die kole tot gaar.

Skep in bakkies en sit voor saam met room of roomys.