Johan en Carla

Johan en Carla

Skaaptjoppies, gemarineer met Stanford-heuning

Bestanddele

6 e Stanford-heuning

8 e sojasous

2 e suurlemoenskil, gerasper

6 e lemoensap

½ t cayenne-peper

1 e olyfolie

1 kg skaaptjops

Metode

Meng alles, versprei egalig oor die tjops en laat staan sowat 2 uur.

Braai oor matige hitte soos verlang.

Suurlemoen-knoffelbotter-kreef

Bestanddele

8 krewe

½ blok botter

3 e knoffel

2 suurlemoene se sap

1 t swartpeper

1 knippie pietersielie, fyngekap

Metode

Smelt botter en meng alle bestanddele.

Stoom die kreef 6 min. in ’n pot op die vuur.

Halveer die kreef en maak hom skoon.

Plaas die halwe krewe op ’n rooster oor die kole met dop na onder.

Smeer die sousie oor die wit vleis van die kreef.

Herhaal omtrent drie keer.

Haal kreef af ná 7 min.

Pearly-knoffelbotter-mossels

Bestanddele

broodkrummels

knoffelbotter

mossels

Metode

Maak die mossels goed skoon.

Stoom tot die mosseltjie oopmaak.

Hou die vleis-helfte van die mossel en breek die ander deel af.

Vul nou die skulp met die knoffelbotter en strooi die broodkrummels oor.

Braai op die rooster oor die kole tot die botter gesmelt is.

Johan en Carla

Bitter lekker patat

Bestanddele

6 middelslag-patats

12 e olyfolie

6 e tiemie

1 knippie rissie

Metode

Sny die patats in skywe van omtrent 3 mm.

Meng die tiemie, olyfolie en rissie en werk dit met jou vingers deur die patatskywe.

Draai dan die patat toe in foelie (blink kant binne) en plaas dit vir sowat 20 min. oor matige kole.

Haal af en geniet.

Rys

Bestanddele

1½ koppie rys

2 e botter

½ k groen soetrissie, gekap

½ k seldery, gekap

1 k uie, gekap

2 knoffelhuisies

1 t sout

½ t cayenne-peper

1 t vars lemoensap

Metode

Kook die rys volgens die aanwysings op die verpakking.

Braai al die ander bestanddele in botter op die vuur.

Sodra die uie gekaramelliseer is, voeg die mengsel by die gaar rys.

Meng goed deur.

Groenslaai

Bestanddele

blaarslaai

tamatie

komkommer

avokado

feta

pikantrissies

gemengde sade

Metode

Kap al die bestanddele en rangskik in ’n slaaibak.

Trixi se roosterkoek

Bestanddele

9 k koekmeel

1 pakkie kitssuurdeeg

3 t sout

6 t suiker

gerasperde kaas van jou keuse

Metode

Knie al die bestanddele in ’n groot skottel.

Knie bietjie-bietjie warm water by tot ’n stywerige brooddeeg vorm.

Maak toe met ’n swart sak en kombersie en laat rys tot twee keer die grootte.

Ek knie omstreeks halfvyf die middag as of sesuur of halfsewe die aand wil braai .

Knie die deeg af met hande wat ’n ligweg met olie gesmeer is.

Gaan maak die roosterkoekies en braai oor stadige kole tot gaar.

Sit voor saam met botter, kaas en konfyt.

Vye en soettert

Bestanddele

Vir die vye

6 ryp swartvye

¼ koppie heuning

vars roosmaryn

Vir voorsit

1 houertjie mascarpone-kaas

2 sopies rum

Vir die soettert

1 blikkie karamel

65 ml lemoensap

500 ml vars room

1 pakkie Tennis-beskuitjies

1 blad van jou gunsteling melksjokolade, gerasper

haselneute

sowat 25 g botter

Metode

Sny vye in die helfte en druk elke helfte deur met ’n roosmarynstokkie.

Braai die vye oor lou kole.

Sodra warm met braai merke aan elke kant van die vy, haal dit af en strooi met verhitte heuning.

Bedek en laat dit eenkant afkoel.

Meng mascarpone en rum goed en hou dit in die koelkas.

Klits die karamel en lemoensap saam.

Vou die room in en sprinkel die gerasperde sjokolade goed deur.

Plaas dit in ’n koekpypsakkie in die koelkas.

Maak neute en tennisbeskuitjies afsonderlik fyn.

Braai eers die neute oor die vuur.

Gooi tennisbeskuitjies en botter by en braai tot alles goed meng en krakerig begin raak.

Haal af en plaas dit in ’n bak om af te koel.

Gooi eers ’n lagie vulsel en pyp dan ’n lagie karamel en roomvulsel.

Sprinkel met sjokolade.

Herhaal tot jou beker vol is.

Sluit af met ’n lagie roommengsel en ’n sprinkel sjokolade.

Sit die tertjie op ’n bordjie voor.

Plaas ’n homp mascarpone-kaasmengsel aan die kant van die tertjie en plaas die vye daarin.

Mike en Hanlie

Mike en Hanlie

Lamskenkels

Bestanddele

1 heel lamskenkel per persoon

olyfolie

sout en peper

700 ml Italiaanse tamatiesous (maak jou eie of koop van goeie gehalte)

2 k rooiwyn

Metode

Vryf elke skenkel met olyfolie.

Geur met sout en peper.

Plaas in swart platboompot.

Meng tamatiesous met rooiwyn en giet oor skenkels.

Maak pot toe en kook oor stadige kole tot sag, maar nie sodat dit van die bene afval nie, sowat 3 uur.

Aartappels

Bestanddele

aartappels

egte botter

grasuie, fyngekap

Metode

Skil en kook aartappels sag oor warm kole.

Druk fyn met vurk, maar nie te fyn nie.

Met voorsit, sit ’n klont egte botter op en strooi fyn grasuie bo-oor.

Waterblommetjies

Bestanddele

waterblommetjies

botter

sout en peper

olyfolie

Metode

Maak waterblommetjies baie mooi skoon in soutwater en spoel goed af.

Maak ’n kardoes met drie lae tinfoelie.

Plaas waterblommetjies daarin met een eetlepel botter, sout en peper na smaak. Sprinkel genoeg olyfolie bo-oor.

Draai kardoes styf toe en plaas vir sowat 30 min. of tot sag, maar nie pap nie, op matige kole.

Mike en Hanlie

Basiliekruid-en-tamatieslaai

Bestanddele

vars basiliekruid, gekap

tamaties, in blokkies gesny

vars knoffel

suurlemoensap

olyfolie

parmesaan

Metode

Meng basiliekruid en tamatie.

Rasper vars knoffel oor.

Meng suurlemoensap en olyfolie en giet bo-oor.

Meng goed deur.

Rasper genoeg parmesaan bo-oor.

Franse roosterbrood met vars bessies

Bestanddele

1 dag oue vlabrood (of soet brood van jou keuse)

vars bessies

½ k volroom room

½ houertjie mascarpone-kaas

heuning

Vir die beslag

6 eiers

1 k melk

½ k room

2 e heuning

1 e suiker

2 e lemoenlikeur

½ lemoen se skil, gerasper

Metode

Meng al die bestanddele vir die beslag.

Doop halwe snye brood in die beslag en braai in ’n pan oor warm kole tot goudbruin. Plaas in bakkies en strooi lekker baie vars bessies oor.

Klits een koppie dubbeldik room met halwe bakkie mascarpone-kaas tot dik en sit voor saam met roosterbrood.

Drup heuning oor.

Eben en Mari

Eben en Mari

Lamsrib

Bestanddele

olyfolie

sout en peper

gedroogde basiliekruid

gedroogde koljander

vars roosmaryntakkies

2 suurlemoene

lamsrib

Metode

Vryf olyfolie oor die rib.

Meng die sout, peper, basiliekruid, koljander en roosmaryn.

Bedek die rib met die speserymengsel.

Druk die suurlemoene uit oor die rib.

Plaas in toeknyprooster en plaas regop langs die vuur tot gaar en sag.

Ontbeende lamsboud

Bestanddele

ontbeende lamsboud

suurlemoene

sout en peper

braaispeserye

Metode

Marineer die lamsboud twee uur in vars gedrukte suurlemoensap.

Geur met sout en peper.

Seël eers die boud weerskante oor die vuur.

Geur met die braaispeserye en plaas regop langs die vuur tot verlangde gaarheid.

Wors-trio

Bestanddele

sosatiewors

kaaswors

boerewors

Metode

Ons het die wors spesifiek by Suid See Slaghuis op Stanford gekoop.

Braai tot gaar oor matige tot warm hitte.

Eben en Mari

Gebraaide sampioene

Bestanddele

Portobello-sampioene

uie, gekap

knoffel, gekap

koljander, gekap

sout en peper

mozzarella, gerasper

cheddar, gerasper

Metode

Skep die binnekant van die sampioene uit en vul met die gekapte stingel, uie, knoffel, koljander, sout en peper.

Bedek met die twee soorte kaas.

Plaas op die vuur en bedek aan die einde sodat die kaas smelt.

Mielies

Bestanddele

mielies

egte botter

brandewyn

Metode

Kook die mielies oor die vuur in ’n pot soutwater.

Smelt die botter en meng met brandewyn.

Sodra die mielies gaar is, doop dit in die brandewynmengsel en sit voor.

Koue potjie

Bestanddele

egte gelato spesiaal verskaf deur Don Gelato op Stanford

neute

Belgiese sjokolade

room

vars aarbeie

Metode

Rooster die neute in ’n pan oor die vuur.

Smelt die sjokolade oor die kole en meng met room.

Plaas die roomys onderin ’n klein potjie, bedek met neute, gooi sjokolade oor en plaas ’n aarbei bo-op wat in ’n waaiervorm gesny is.