Vanaand word daar in Belville gebraai.

Marton en Danielle

marton-en-danielle

Drielaagbeesfilet (8 porsies)

Die fillet word lig gaar gemaak. Hou in gedagte dat ’n dun gedeelte soos die “stertgedeelte” gaarder sal wees – ideaal vir gaste wat hul vleis so verkies.

Bestanddele

Ongeveer 1.5 kg beesfilet, buitenste bindweefsellaag verwyder

250 g swoerdlose spekvleis

Kaasvulsel

80 g mozzarella- of cheddarkaas, gerasper (200ml)

5 ml aangemaakte mosterd

50 ml suurroom

5 ml droë of 15 ml gekapte vars pietersielie

5 ml suurlemoensap

2 ml gerasperde suurlemoenskil

Sampioenvulsel

150 g vars knopiesampioene

1 knoffelhuisie, fyngedruk

1 stingelui, gekap

15 ml botter

100 ml vars broodkrummels

10 ml droë of 30 ml gekapte vars pietersielie

5 ml suurlemoensap

Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode:

Meng al die bestanddele vir die kaasvulsel saam.

Berei die sampioenvulsel deur die sampioene, knoffel en ui 3-5 minute in verhitte botter te braai. Laat afkoel.

Voeg die res van vulselbestanddele by en verwerk tot fyn in ’n voedselverwerker.

Laat lê die fillet in ‘n sterk soutwatervir so paar uur.

Sny twee horisontale “gragte” in die filet en vul een met die sampioenvulsel en die ander met die kaasvulsel.

Draai die fillet met spek toe en draai dan die hele fillet in foelie toe.

Sit dit op die kole vir ongeveer 10 minute of tot die vleis na jou smaak reg is.

marton-en-danielle

Aartappelgereg

Bestanddele

6 – 8 aartappels

‘n Blok kaas, gerasper

2 knoffelhuisies, fyngekap

2 spietuie

150 g spekvleis, opgesny

Metode:

Skil die aartappels en kook in kookwater vir 7 minute of tot effens sag.

Maak die sous vir die aartappels: Braai die sprietuie en knoffel in ‘n pan tot die knoffel goud is en voeg dan die knoffel by.

Sodra die spek bros is, voeg die room en kaas by. Kook en roer die sous tot dit lekker gemeng is.

Gooi die sous oor die aartappels en bak in die ood in ‘n oondvaste bak.

“Sugar cone surprise”

Bestanddele

6 soet roomyshorings

‘n Blikkie karamel

Dondersjokolade

‘n Pakkie malvalekkers

Kruisement-sjokolade

Metode:

Draai die roomyshorings in foelie toe, maar hoe die opening van die horing oop.

Smeer die binnekant van die horings met karamel tot dit lekker bedek is.

Gooi 3 blokkies donkersjokolade en 2 tot 3 opgeskeerde malvalekkers en een blokkie kruisementsjokolade in die horing.

Smeer nog ‘n laag karamel bo-op alles wat in die horing is.

Draai toe foelie toe en dit jou horings op die kolie for ongeveer 5 minute.

Bedien met roomys.

Liezel en Britz

liezel-en-britz

Lamsribstukke

Bestanddele

2 Lamsribstukke

Braaispesery

Mosterd

Broodkrummels

Knoffel

Roosmaryn

Tiemie

Suurlemoen

Maal die broodkrummels, knoffel, roosmaryn, tiemie en suurlemoen fyn en hou een kant.

Metode:

Gooi die braaispesery op die vleis en braai in die Weber vir 40 min.

Haal dit uit en laat dit afkoel.

Sny die ribstukke in tjops.

Smeer mosterd aan beide kante van die tjoppie.

Doop die tjoppies in die broodkrummel-mengsel en braai totdat dit bruin is.

Ontbeende lam-ribbetjie

Bestanddele

Braaispesery

Worcestershire-sous

Suurlemoen

Metode:

Braai die ribbetjies op die kole tot gaar.

Slaai:

Blaarslaai

Komkommer

Tamatie

Fetakaas

Braai die volgende tot lekker bruin: Uie, sampioene en spek.

Gooi bo-oor slaai.

liezel-en-britz

Ciabata braaibrood

Bestanddele

Ciabata-brood

Tamaties

Rooi uie

Mozzarella-kaas

Basil pesto

Metode:

Sit al die bestanddele op die brood en smeer die pesto aan albei snytjies. Braai op die kole.

Pap en sous

Kook 2 koppies pap en 4 koppies water op die stoof tot gaar.

Kap tamaties en uie fyn en gooi in ’n pan. Gooi blatjang, Worcestershire-sous en tamatiesous by na smaak.

Plaatkoekies

Bestanddele

1 koppie meel

1 eier

2 eetlepels suiker

2 teelepels bakpoeier

3/4 koppie melk

Sout

2 eetlepels olie

Metode:

Bak in warm pan tot gaar.

Sjokolade sous

Bestanddele:

1 koppie suiker

1 ½ koppie water

Metode:

Kook tot sous karamaliseer.

Gooi een koppie Nutella-smeer by en roer goed.

Stephanie en Eugene

stephanie-en-eugene

Aartappel gebak

Bestanddele

2 kg Aartappels geskil en in ronde skyfies gesny

1 ui fyn gekap

1 green pepper fyn gekap

1 pakkie sampioene gekap

1 pakkie spek

2 teelepels knoffel

1 potato bake

1 wit uie sop

1 bruin uie sop

1 houer room

50 ml melk

Gerasperde kaas

Metode:

Verhit oond tot 180 c

Kook aartapples op tot gaar

Braai uie, knoffel, spek, green pepper en sampioene saam.

Meng:

Potato bake

Wit uie sop

Bruin uie sop

Room

50 ml Melk

Pak aartappels in ’n oondbak.

Gooi nou die gebraaide bestandele bo-op die aartappels.

Gooi nou jou mengsel van potato bake, wit & bruin uie sop en 50ml melk oor.

Strooi gerasperde kaas bo-oor.

Bak in oond vir 15 min tot die kaas bruin gebraai is.

Groen Slaai

Bestanddele

1 Kop blaarslaai

Kersie tamaties

Komkommer

Feta kaas

1 ui

1 Pynappel

1 avokado peer

Sout

Peper

Pieterselie

Metode:

Was en berei die groente voor soos nodig.

Breek die slaaiblare in stukkies met jou vingers.

Sny die groente en pak in lae van jou keuse.

Sout en peper na smaak.

Sny avokado in skyfies en versier die slaai.

Sprinkel pieterselie bo-oor.

Verrassing in ’n beker

Bestanddele

1 Pak Tennis Beskuitjies

250g botter

1 houer Nutella-smeer

12 sjokolade muffins (sny in ringe)

1 boksie vla

1 pak malvalekkers

6 blikbekers

Metode:

Smeer jou bekers met botter sodat dit nie vasbrand nie.

Maak Tennis beskuitjies fyn en gooi gesmelte botter oor.

Pak elke beker met die gekrummelde Tennis beskuitjies en druk dit lekker vas.

Pak nou die lae:

Nutella-smeer, sjokolade muffin ring, vla, Nutella-smeer, sjokolade muffin ring en vla.

Versier met malvalekkers.

Draai nou elke beker toe met foelie en bak dit op die vuur vir 10-15 min tot die malvalekkers sag is.

stephanie-en-eugene

Braai broodjies

Bestanddele

Brood

Tamaties

Uie

Kaas

Blatjang

Sout

Peper

Metode:

Sny en berei die groente voor.

Rasper die kaas.

Smeer die broodjies met botter.

Pak tamatie.

Pak die uie.

Strooi gerasperde kaas op die broodjie.

Smeer een snytjie van die brood met blatjang.

Sout en peper na smaak.

Braai die broodjie tot die kaas gesmelt is.

Gebraaide Skaaptjops

Bestanddele

Skaaptjops

Kerrie marinade soet/suur (gekoop)

Metode:

Marineer die vleis vir ten minste een uur in die marinade.

Hoe langer die vleis gemarineer word hoe lekkerder.

Braai op vuur tot gaar.

Gerygde vleisie op ’n stokkie (sosatie)

Bestanddele

Rump steak

Ontbeende varknek

Marinade

Sosatie stokkies

Metode:

Sny die vleis in blokkies.

Ryg die vleis op die stokkie.

Smeer die vleis met die marinade.

Braai tot gaar.