Bertie en Bernice

bertie-en-bernice

Soet knoffel-gemarineerde filet

Bestanddele

1 heel filet

BBQ-spesery

sout en swartpeper

olyfolie

bruinsuiker

vars knoffel

klapper

Metode

Sny repe in die filet.

Maak die knoffel fyn.

Vryf al die bestanddele lekker in die vleis in.

Laat staan ’n paar ure.

Braai oor warm kole soos verlang.

Braai-aartappels met uie, spek en feta

Bestanddele

aartappels

spek

rooi-uie

feta

roosmaryn

olyfolie

room (opsioneel)

stroop

sout en peper

Metode

Kook aartappel tot halfgaar.

Maak spek gaar.

Karamelliseer die uie met stroop.

Sny snye halfpad deur die aartappels.

Stop die snye met spek, uie en feta.

Voeg sout, peper en roosmaryn by na smaak.

Giet ’n bietjie room oor.

Draai toe in foelie en plaas in die kole tot gaar.

bertie-en-bernice

Mengelslaai met soet sous

Bestanddele

blaarslaai

tamatie

komkommer

feta

uie

soetrissie van jou keuse

Vir die sous

mayonnaise

sout

swartpeper

Aromat

suurlemoen

suiker

Metode

Sny al die slaaibestanddele in blokkies.

Meng saam in een bak.

Meng al die sousbestanddele bymekaar.

Giet oor die slaai.

Bêre in die yskas tot bediening.

Sjokoladekoekie-en-vrugtesosatie

Bestanddele

½ k margarien

½ k witsuiker

½ k bruinsuiker

1 eier

1 t vanielje-ekstrak

½ teelepel bakpoeier

1 t warm water

¼ t sout

1½ k koekmeel

1 k sjokoladestukkies

1 k vrugte van jou keuse

1 k malvalekkers

sjokoladesous vir bediening

Metode

Smelt die margarien en meng die wit- en bruinsuiker by tot glad.

Voeg die eier en vanielje by.

Meng die bakpoeier in die warm water.

Gooi die bakpoeiermengsel en die sout by die bottermengsel.

Meng die meel en sjokoladestukkies by.

Skep in klein hopies op die tinfoelie oor medium kole.

Braai tot gaar.

Ryg die vrugte en malvalekkers op ’n sosatiestokkie.

Bedien met sjokoladesous.

Sjokoladesous

Bestanddele

2 e kakao

2 e margarien

2 e water

2 e suiker

2 e stroop

Metode

Gooi alles in ’n kastrol.

Roer aanhoudend oor medium kole.

Kook tot suiker gesmelt het.

Hendré en Jacqueline

jaqueline-en-hendr%c2%ac

Beeslende

Bestanddele

olyfolie

knoffel

swartpeper

braaisout

Metode

Smeer die beeslende met olyfolie in, vryf ander speserye in en laat oornag.

Braai oor warm kole soos verlang.

Varkribbetjie

Bestanddele

tamatiesous

worcestersous

appelkooskonfyt

blatjang

asyn

koljander

braaispeserye

ribbetjie van jou keuse

Metode

Meng al die bestanddele bymekaar en marineer die rib oornag daarin.

Braai oor medium kole tot gaar.

Broodjies in foelie

Bestanddele

klein worsrolletjies

margarien

1 pakkie driekaassous

1 pakkie kaas-en-knoffelsous

450 ml melk

knoffel, fyn gekap

cheddar, gerasper

parmesan

Metode

Smeer die worsrolletjies met margarien.

Meng die twee pakkies kaassous met die melk en verhit op die stoof.

Meng gekapte knoffel in na smaak.

Die sous moet lekker dik wees sodat jy dit in die broodjies kan skep.

Voeg die twee soorte kaas by.

Draai toe in foelie en braai oor die kole tot kaas gesmelt en lekker geurig is.

jaqueline-en-hendrik

Blomkool-en-broccolislaai

Bestanddele

1 kop blomkool

1 kop broccoli

sout

1 pakkie spekstukkies

saadmengsel

1 koppie mayonnaise

Metode

Kook of stoom die blomkool en broccoli met sout tot effens sag.

Braai die pakkie spek tot bros.

Gooi dieselfde hoeveelheid sade in die pan en rooster tot hulle effens rook.

Meng al die bestanddele bymekaar met mayonnaise na smaak.

Wafels

Bestanddele

2 koppies meel

8 teelepels bakpoeier

8 eetlepels suiker

8 eiers, geskei

knippie sout

2 koppies melk

8 eetlepels botter, gesmelt

Metode

Sif droë bestanddele bymekaar.

Meng die eiergele en melk en voeg dit by die droë bestanddele.

Giet gesmelte botter by.

Klop die eierwitte styf en vou dit by die mengsel in.

Knip uit in hartjievorms en braai in ’n wafelpan.

Kolwyntjies

Bestanddele

200 ml melk

1 eier

¼ koppie botter

2 koppies meel

2 teelepels kakao

4 teelepels bakpoeier

¼ teelepel sout

sjokoladesmeer

roomys en Nachtmuzik vir bediening

Metode

Meng die melk met die eier.

Rasper die botter en vryf die meel, kakao, bakpoeier en sout in.

Voeg die melk-en-eiermengsel by en meng deeglik tot redelik slap.

Laat oornag staan.

Skep eers ’n teelepel deeg, plaas ’n mespunt sjokoladesmeer in die middel en skep nog ’n teelepel deeg bo-op.

Plaas ongeveer 20 minute oor die kole met ’n deksel of tinfoelie bo-op.

Bedien saam met wafels, vanieljeroomys, asook ’n drupsel Nachtmuzik.

Hendrik en Chantell

chantell-en-hendrik

Lamsrib

Bestanddele

lamsrib

lamspeserye

olyfolie

vars suurlemoensap

gemmer

tiemie

roosmaryn

Metode

Meng al die bestanddele en laat rib oornag in marinade staan.

Wors

Bestanddele

dun boerewors

kersies

Metode

Ryg happiegrootte-stukkies wors op ’n sosatiestokkie, met ’n kersie in die middel.

Hoendersosaties

Bestanddele

hoenderfilet, in blokkies van 2 cm gesny

rooi soetrissie

geel soetrissie

Vir die marinade

mosterdpoeier

heuning

sojasous

paprika

olyfolie

bier

Metode

Meng al die bestanddele vir die marinade en laat hoender oornag daarin lê.

Ryg ongeveer drie hoenderstukkies met soetrissies tussenin op elke stokkie.

Braai oor medium kole tot gaar.

Pizzabrood

Bestanddele

2 Margherita pizzabasisse

mozzarella, gerasper

cheddar, gerasper

kersietamaties, gehalveer

babaspinasie

swartpeper-bokmelkkaas, gesny

uie-marmalade

Metode

Pak al die bestanddele op die een pizzabasis.

Smeer die ander pizzabasis met uie-marmalade en plaas onderstebo op ander pizza.

Plaas in toeknyprooster en braai tot kaas gesmelt is.

Koeskoesslaai

Bestanddele

botterskorsie, in blokkies gesny

olyfolie

babaspinasie

sout en peper

koeskoes

rooi-uie, fyn gesny

bosbessies

Metode

Stoom botterskorsie ongeveer 5 min. (nie te sag nie) en braai dan in ’n pan.

Maak koeskoes gaar soos op pakkie aangedui.

Laat week bosbessies in warm water om sag te word.

Meng al die bestanddele saam.

Slaaisous

Bestanddele

lemoensap

knoffel

appelasyn

Dijon-mosterd

heuning

Metode

Meng al die bestanddele saam en sit voor saam met slaai

chantell-en-hendrik

Mielie

Bestanddele

mielies, in happiegrootte-stukkies gesny

groentespeserye en paprika

repiespek

Metode

Kook mielie vooraf en laat afkoel.

Strooi speserye oor.

Draai toe in spek en steek vas met ’n tandestokkie.

Braai oor die kole tot spek gaar is.

Tamatieblatjang

Bestanddele

tamaties, in blokkies gesny

groen appels, in blokkies gesny

uie, fyn gekap

sultanas

asyn

bruinsuiker

knoffel

mosterdpoeier

kerriepoeier

Metode

Kook al die bestanddele saam in ’n pot tot sag.

Bedien saam met vleis.

Soete verleiding

Bestanddele

Nuttikrust-koekies

klein malvalekkers

1 blikkie karamel

Bar One-sjokolade

room

vanieljeroomys

Metode

Sny Bar One in stukke en kook saam met die room.

Druk koekies fyn.

Plaas koekies eerste in blikbeker.

Pak malvalekkers bo-op.

Skep ’n groot lepel karamel bo-op.

Maak beker toe met foelie en plaas op vuur tot malvalekkers gesmelt het.

Skep roomysballe bo-op gesmelte malvalekkers.

Rond af met Bar One-sous.