Sol en Anita

Anita en Sol

Vispotjie

Bestanddele

25 ml (5 t) olyfolie

2 groot uie, gekap

1 kg mossels, in die skulp

500 g gemengde seekos, gevries

500 g klein garnale, gevries

500 ml (2 k) vars room

1 t swartpeper

1 pakkie wit uiesoppoeier

Metode

1 Verhit die olyfolie in die pot. Voeg die uie by en braai tot bruin.

2 Pak die mossels skulpkant onder in die pot. Voeg die seekos, garnale en 100 ml water by. Laat 15 min. prut en voeg die room by.

3 Los die soppoeier in 200 ml kookwater op en giet in die pot. Laat prut 1 uur.

Gebraaide garnale

Bestanddele

12 ekstragroot garnale

botter, gesmelt

vars suurlemoensap

Metode

1 Maak die garnale goed skoon, maar los die doppe aan. Pak in ’n klein toeknyprooster.

2 Meng die botter met die suurlemoensap.

3 Braai die garnale oor warm kole. Smeer gereeld met die suurlemoenbotter.

4 Draai elke 20 sekondes en verwyder wanneer die garnale hard is. Draai hoogstens 20 keer.

Gebraaide geelstert

Bestanddele

1 skoongemaakte geelstert

Metode

Die geheim van visbraai is om die vis nie op die kole te draai nie. Die kole moet ’n baie lae temperatuur wees. Die vis benodig geen speserye nie.

1 Braai 20 min. tot sag en sappig. Sit voor met visspesery en suurlemoenbotter.

Basmati-rys

Bestanddele

2 k (500 ml) rys

’n knippie sout

3 k (750 ml) water

ekstra water om te week

Metode

1 Spoel die rys onder koue water af en week 30 min. tot 1 uur in koue water. Dreineer.

2 Verplaas die rys na ’n pot, voeg die sout en water by en bring tot kookpunt.

3 Verlaag die hitte, bedek met foelie en plaas die deksel bo-op.

4 Verhoog die hitte na matig. Wanneer die pot weer begin stoom en die water begin kook, plaas weer foelie op en maak seker die deksel is goed geseël.

5 Draai die hitte na die laagste stelling. Laat kook 15 min. sonder om te roer of oop te maak.

Verwyder van die hitte met die deksel steeds op en stoom nog 5 min.

Anita en Sol

Broccoli-slaai

Bestanddele

spek, gekap

sonneblomsade

1 kop broccoli, fyn gekap

rooi-ui, fyn gekap

bosbessies, gekap

sout en peper

Sous

40 ml (2 groot e) Hellmann’s-mayonnaise (die ander is te suur)

30 ml (2 e) suurroom

15 ml (1 e) appelasyn

15 ml (1 e) bruinsuiker

1 Braai die spekstukkies tot krakerig.

2 Rooster die sonneblomsade in ’n droë pan.

3 Voeg die broccoli, spek, rooi-ui, bosbessies en sonneblomsade in ’n slaaibak.

4 Sous Meng al die bestanddele.

6 Meng die sous goed deur die slaai en geur na smaak met die sout en peper.

Pawlowa met ’n verskil

Bestanddele

4 eierwitte

375 (1½ k) strooisuiker

20 ml (4 t) meelblom

10 ml (2 t) asyn

5 ml (1 t) vanielje-ekstrak

2 ml (½ t) sout

warm bessies, room en roomys vir voorsit

Metode

1 Klits die eierwit tot dit stywe punte vorm.

2 Voeg die strooisuiker by en klits weer tot styf.

3 Meng die meelblom, asyn en vanielje by.

4 Plaas waspapier op ’n bakplaat en skep of spuit ’n ronde basis met die meringue-mengsel.

5 Bak 5 uur op ’n baie lae hitte (2 kole) in die Weber. Sit voor met die bessies, room en roomys.

Wouter en Deleen

Wouter en Deleen

Varkrib

Bestanddele

braaispeserye van jou keuse

sout

suiker

varkrib

Vir die sous

tamaties

uie

knoffel

asyn

speserye van jou keuse

Metode

1 Maak ’n mengsel van die speserye, sout en suiker. Vryf ’n goeie hoeveelheid daarvan in die rib. Rook 4 uur in ’n roker.

2 Sous Kook al die bestanddele saam en maak dit dan in ’n voedselverwerker fyn.

3 Plaas die helfte van die gerookte rib in die sous en verhit. Sit die ander helfte sonder die sous voor.

Koolslaai

Bestanddele

kool, gerasper of fyn gesny

wortels, gerasper

mayonnaise

2 ml (½ t) asyn

mosterd

5 ml (1 t) suiker

Metode

1 Meng die kool en wortels in ’n bak.

3 Meng die res van die bestanddele bymekaar om ’n lekker sous te maak.

Meng die sous deur die slaai.

Tuisgemaakte wors

Bestanddele

varkborsstuk, fyn gemaal

varkmaalvleis

gemaalde koljander

speserye van jou keuse

skoon derm

Metode

1 Meng die borsstuk en die maalvleis.

2 Voeg die speserye by en meng goed.

3 Stop die derm met die mengsel. Braai oor die kole of rook tot gaar.

Wouter en Daleen

Ranch-doopsous

Bestanddele

mayonnaise

suurroom

bottermelk

vars knoffel, fyngemaak

uie, fyn gekap

sout en peper

Metode

Skat die hoeveelhede soos jy die verkies. Meng al die bestanddele bymekaar.

Soetrissiesous

Bestanddele

vars gemmer, fyn gekap

vars knoffel, fyn gekap

5 rissies, fyn gekap

suiker

asyn

Metode

1 Verhit die bestanddele in ’n pot tot kookpunt en kook 20 min. tot dik.

Balsemieke tamatieslaai

Bestanddele

kersietamaties

balsemieke asyn

15 ml (1 e) bruinsuiker

’n handvol vars koljander

Metode

1 Week die kersietamaties oornag in die asyn.

2 Voeg die volgende dag die suiker en koljander by en sit voor.

Piesang-toffie-tert

Bestanddele

vars room

Nuttikrust-koekies

botter, gesmelt

piesangs

1 blik karamel

melksjokolade vir voorsit

Metode

1 Giet die room in ’n glasbakkie. Plaas die bakkie in nog ’n glasbakkie gevul met ysblokkies.

Plaas 30 min. tot ’n uur in die roker.

2 Breek die koekies op en meng met genoeg gesmelte botter om taai te maak. Vorm ’n kors onder in die bak.

3 Pak ’n laag gesnyde piesangs bo-op.

4 Smeer ’n laag karamel bo-op.

5 Klits die room tot styf en smeer ’n laag bo-op. Rasper die sjokolade bo-oor.

Maritsa en Jacques

Jacques en Maritse

Koedoefilet

Bestanddele

500 ml (2 k) karringmelk

peper

knoffel

2 lang koedoefilette

Metode

1 Meng die karringmelk, peper en knoffel na smaak om ’n marinade te maak. Marineer die filet minstens 24 uur om dit sag te maak en smaak te gee.

2 Braai oor warm kole tot half- tot liggaar. Wildsvleis moet nog pienk aan die binnekant wees.

Koedoewors

Bestanddele

koedoewors

kersietamaties

Metode

1 Maak klein worsstokkielekkers deur die wors in stukke te breek, dit op te rol en ’n sosatiestok daardeur te steek.

2 Plaas ’n kersietamatie op elke punt.

3 Braai vinnig. Omdat daar reeds gate in gedruk is, moet jy seker maak die wors droog nie uit nie.

Groentesosatie

Bestanddele

groente van jou keuse, in happiegroottes gesny

Metode

1 Ryg die groente aan sosatiestokkies en braai oor matige hitte tot gaar maar ferm.

Jacques en Maritse

Krummelpap en sous

Bestanddele

750 ml (3 k) papmeel

250 ml (1 k) water

Vir die sous

tamaties, gekap

uie, gekap

groen soetrissie, gekap

knoffel, fyn gekap

Metode

1 Plaas die meel en water in ’n pot en stoom 20 min. sonder om te roer. Maak met ’n vurk los.

2 Sous Kook al die bestanddele bymekaar en maak met ’n handvoedselverwerker fyn.

Piesangbote

Bestanddele

6 piesangs

donkersjokolade van jou keuse (ons het rissie, sesamsaad en 90 persent gehad)

klein malvalekkers

Amarula of brandewyn

Metode

1 Sny die skil aan die bokant van die piesang oop en vul met die sjokolade van jou keuse en malvalekkers.

2 Giet soos verlang Amarula of brandewyn oor. Plaas vir 20 min. op louwarm kole.

3 Die skil sal swart word en die piesang lekker sag en warm. Eet sommer uit die skil.