John en Levona

john-en-levona

Beeslendestuk

Bestanddele

½ k tamatiesous

½ k blatjang van jou keuse

knoffel na smaak

’n bietjie worcestersous

1 heel beeslendestuk

Metode

1 Meng die tamatiesous, blatjang, knoffel en worcestersous.

2 Laat die lendestuk so twee dae met die sousie trou.

3 Braai net so heel oor matige kole. Sny in skywe en sit voor.

Levona se lamsboud

Bestanddele

1 lamsboud, ontbeen en oopgesper

sout

olyfolie

knoffel, gekap

Shisa Nyama-spesery

suurlemoensap

worcestersous

vars tiemie

vars roosmaryn

droë gemengde speserye

Metode

1 Geur die lamsboud met die sout en vryf met die olyfolie.

2 Maak met ’n skerp mes klein snye in die vleis en vul met knoffel.

3 Plaas die lamsboud in ’n bak wat met ’n deksel toegemaak kan word.

4 Maak ’n smeer van die res van die bestanddele en smeer die vleis na smaak daarmee.

5 Sit die deksel op en skud die bak goed.

6 Plaas vir 48 uur in die yskas, maar haal minstens ’n uur voor braaityd uit.

7 Braai volgens jou voorkeur.

John se hoendersosaties

Bestanddele

uie, in stukke gesny

½ k olyfolie

masala na smaak

borrie na smaak

2 loerierblare

500 ml witasyn

5 t bruinsuiker

growwe peper

sout

2 knoffelhuisies, fyngedruk

4 hoenderborsies, in blokkies gesny

Metode

1 Braai die uie in die olie tot deursigtig.

2 Voeg die masala, borrie en loerierblare by. Laat prut.

3 Voeg die asyn, suiker peper, sout en knoffel by.

4 Laat sous afkoel en gooi in ’n houer. Dit kan ’n paar weke in die yskas hou.

5 Plaas die hoenderblokkies in die marinade en laat dit drie dae lekker inlê.

6 Ryg die blokkies aan sosatiestokkies en braai oor matige kole. (Warm kole kan die sosaties uitdroog.)

john-en-levona

Rysverrassing

Bestanddele

4 groot rooi soetrissies

sout en peper

1 ui

1 e olyfolie

1 k gemengde gevriesde groente

1 e rysspesery

200 g ham, gekap (opsioneel)

1 k rys, gaar gekook

2 wiele fetakaas

Metode

1 Halveer die soetrissies in die lengte en verwyder die pitte.

2 Geur die binnekant met die sout en peper.

3 Kap die ui en braai in die olyfolie. Voeg die groente, rysspesery en ham (indien gebruik) by.

4 Roer die rys in en krummel die feta by. Meng goed.

5 Vul die soetrissiehelftes met die mengsel. Plaas op ’n bakplaat wat met kossproei bespuit is.

6 Rooster 20 min. in die oond of tot die rissies sag is.

Koolslaai met ’n kinkel

Bestanddele

125 ml wit druiweasyn

250 ml water

15 ml sout

½ kool, in dun repies gesny

1 rooi-ui, fyn gekap

2-3 mielies

sout

olyfolie

3 wortels, geskil en in dun repies gesny

1 rissie, fyn gekap

’n groot hand vol sultanas

20 g vars koljander

10 g vars mentblare

1 knoffelhuisie, gekap

125 ml mayonnaise

Metode

1 Meng die asyn, water en sout in ’n pot.

2 Bring tot kookpunt en sit eenkant om af te koel.

3 Gooi ¾ van die asynmengsel oor die kool en die res oor die ui.

4 Kook die mielies in ’n pot soutwater tot gaar. Droog af en smeer met die olyfolie.

5 Braai oor matige kole tot effens geskroei.

6 Sny die pitte van die stronke af.

7 Dreineer die kool en ui en meng bymekaar.

8 Voeg die mieliepitte, wortels, rissie en sultanas by.

9 Kap die koljander, ment en knoffel fyn en meng met die mayonnaise.

10 Meng die kruiemayonnaise goed deur die slaai.

Levona se Roly-Poly-poeding

Bestanddele

botter vir smeer

2 k meel

3 t bakpoeier

1 t sout

½ k botter

2 eiers, geklits

1 t vanielje-ekstrak

appelkooskonfyt

½ k sultanas, 3 dae gemarineer in ¼ k brandewyn met 3 e suiker

fyn kaneel

SOUS

200 ml kookwater

175 ml lemoensap

1 t vanielje-ekstrak

Metode

1 Smeer ’n potjie met botter. Meng die meel, bakpoeier en sout en vryf die botter in.

2 Voeg die eiers by.

3 Voeg die melk eetlepel vir eetlepel sodat die deeg ferm bly. As jy ’n voedselverwerker gebruik, sal die deeg reg wees sodra dit ’n bal vorm wat nie taai of sag is nie.

4 Rol die deeg dun uit op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is. Sny sodat ’n reghoek vorm.

5 Smeer die appelkooskonfyt oor die deeg en sprinkel die sultanas oor.

6 Rol van die lang kant af op en sny in 3 cm-stukkies.

7 Pak die rolletjies (gesnyde kant bo) styf teen mekaar in die potjie.

8 Skep die konfyt wat gemors het op die rolletjies. Sprinkel die kaneel oor.

9 Sous Meng al die bestanddele in ’n pot tot die suiker oplos.

10 Bring tot kookpunt, verwyder van die hitte en hou eenkant.

11 Skep eweredig oor die deegrolletjies, maar hou sowat ¾ k eenkant.

12 Bak omtrent 1 uur oor die kole of 45 min. teen 180 °C in die oond. Gooi die oorblywende sous oor terwyl dit nog warm is.

13 Sit warm voor saam met vla, roomys of soet, geklitste room.

Ingrid en Ederick

ingrid-en-ederick

Wurstsalat (worsslaai)

Bestanddele

300 g Lyoner- of ander goeie Duitse wors, in klein repe gesny

1 middelslag-ui, fyn gekap

6 klein agurkies, fyn gekap

2 e witwynasyn

1 t agurkiewater

1 e koue water

2-3 e sonneblomolie

sout, swartpeper en paprika na smaak

Metode

1 Meng die wors, ui en agurkies.

2 Meng die vloeistof en speserye goed. Giet die vloeistofmengsel oor die worsmengsel.

3 Laat rus 2-3 uur in die yskas, maar haal ’n halfuur voor ete uit.

Pretzel

Bestanddele

1 t suiker

1¼ k warm water

5 k koekmeel

1½ t sout

½ k suiker

1 e olie

4 t aktiewe gis

olie vir smeer

½ k bakpoeier

4 k warm water

growwe sout

1 Meng die 1 t suiker in ’n klein bakkie in die warm water. Laat staan 10 min.

2 Meng die meel, ’n knippie sout en die ½ k suiker in ’n groot mengbak.

3 Voeg die suikerwater, olie en gis by die meelmengsel. Giet nog water by as die beslag te droog is. Knie tot die deeg glad en elasties is.

4 Plaas die deeg in ’n bak wat met olie gesmeer is. Laat rus 30-60 min.

5 Verhit die oond tot 230 °C. Verdeel die deeg in 12 dele, rol en vorm pretzels en plaas op panne wat met olie gesmeer is.

6 Bring die 4 k warm water en bakpoeier in ’n pot tot kookpunt. Doop die pretzels 20-40 sek. in bakpoeierbad.

7 Strooi die growwe sout op ’n gesmeerde bakplaat en plaas die pretzels daarop. Sprinkel nog growwe sout oor.

8 Plaas is in oond tot bruin (ongeveer 8 min.).

Haxn/Eisbein

Bestanddele

gerookte varkskenkel/eisbein

Stoney-gemmerbier

Metode

1 Plaas die gerookte varkskenkel in ’n pot op die kole.

2 Bedek met die gemmerbier.

3 Kook tot die varkskenkel se been uit die vleis begin lig.

4 Braai oor die kole tot die vel bros en krakerig is.

ingrid-en-ederick

Duitse kapokaartappel

Bestanddele

4-6 aartappels

2 e botter

room

peperwortel

sout en peper

2 e gekapte pietersielie

krakerige gebakte ui

Metode

1 Kook die aartappels skil en al in soutwater tot gaar.

2 Skil wanneer dit afgekoel het.

3 Geur na smaak met die botter, room, peperwortel, sout en peper en druk fyn.

Voeg die pietersielie by.

4 Strooi die ui net voor opdiening oor die kapokaartappel.

Koolslaai met Duitse bier

Bestanddele

tuisgemaakte mayonnaise (of ander van jou keuse)

Griekse volroomjogurt

1 rooikool, grof gesny

1 pak gekapte okkerneute

selderysaad

½ k Weissbier

Metode

1 Meng gelyke hoeveelhede mayonnaise en jogurt deur die kool (net genoeg om die slaai te bind).

2 Voeg die okkerneute, selderysaad en bier by en meng goed.

Appeltert

Bestanddele

125 g botter

125 g bruismeel

2,5 ml bakpoeier

sout

125 ml suiker

125 ml melk

gestoofde appels

STROOP

25 ml botter

25 ml heuning

Metode

1 Klop die botter en suiker tot romerig.

2 Sif die meel, bakpoeier en sout.

3 Voeg die nat bestanddele by die droë bestanddele.

4 Skep lae van die beslag en appels in ’n tertbak.

5 Bak by 220 °C in die oond tot gaar.

6 Stroop Verhit die botter en heuning saam. Giet die stroop oor sodra die tert gaar is.

Gestoofde appels

Bestanddele

Granny Smith-appels, geskil en in agtstes gesny

suiker

kaneel

naeltjies

Metode

1 Kook die appels in water met die suiker, kaneel en naeltjies in. Dit moet gaar maar ferm wees.

2 Sny in kleiner stukkies nadat dit afgekoel het en sit voor.

Judanté en Maryna

maryna-en-jundante

Spek-en-kersie-aartappelsosaties

Bestanddele

baba-aartappels

knoffelbotter

repiespek

kersies

Metode

1 Kook die aartappels tot 95 persent gaar en laat afkoel.

2 Smeer die knoffelbotter op van die spekrepies en draai die aartappels een-een daarin toe.

3 Draai die kersies een-een toe in die spek wat nie met die knoffelbotter gesmeer is nie.

4 Ryg die aartappels en kersies om die beurt aan sosatiestokkies en braai.

Gerookte botterskorsie

Bestanddele

1 botterskorsie, in stukke gesny

sout en peper

gerookte paprika

olyfolie

roosmaryn

tiemie

Metode

1 Kook die botterskorsie tot 95 persent gaar.

2 Geur met die speserye, olyfolie en kruie.

3 Rook 1 uur in ’n roker.

Heuning-mosterd-varknekfilette

Bestanddele

1 rissie, gekap

Dijon-mosterd

sout en peper

mosterdsaad

heuning

varknekfilette

Metode

1 Klits die rissie, mosterd, sout, peper, saad en heuning goed saam en marineer die vark ’n paar uur daarin.

2 Braai oor warm kole.

Skaaptjoppies

Bestanddele

olyfolie

gerookte paprika

balsemieke asyn

tuisgemaakte braaisous

skaaptjops

Metode

1 Klits die olyfolie, paprika, asyn en braaisous goed saam en marineer die vleis oornag daarin.

2 Braai oor matige tot warm kole. Smeer gereeld braaisous oor.

maryne-en-jundante

Braaisous

Bestanddele

1 blikkie Coca-Cola

1 k tamatiesous

¼ k worcestersous

1 e olyfolie

gerookte paprika

Metode

1 Kook die Coke, tamatie- en worcestersous saam.

2 Laat afkook tot dik. Voeg die olyfolie en paprika na smaak by.

Malvalekkerpoeding

Bestanddele

2 pakkies Tennisbeskuitjies

¼ botter, gesmelt

Nutella-smeer

neute van jou keuse

mini-malvalekkers

roomys

vars vrugte van jou keuse

Metode

1 Krummel die beskuitjies en meng met die gesmelte botter.

2 Druk die kors onderin klein tinfoeliebakkies vas.

3 Plaas in die roker tot hard.

4 Smeer die Nutella daarin, sprinkel die neute oor en pak die malvalekkers bo-op.

5 Plaas terug op die kole tot die malvalekkers goudbruin en geswel is.

6 Sit voor saam met die roomys en vars vrugte.