Marisha en Johann

marisha-en-johann

Kaas-gevulde maalvleis-en-spekrol

Bestanddele

500 g maalvleis

1 ui, fyn gekap

1 t sout

1 t fyn gemmer

1 t fyn koljander

1 t fyn komyn

½ koppie hawersemels

1 eier, geklits

1 knoffelhuisie

1 t brandrissiepoeier

1 pakkie spek

klein blokkie kaas

Metode

Meng alles behalwe die spek en kaas bymekaar.

Pak die spek op ’n laag tinfoelie uit en maak seker die rante oorvleuel.

Rol die maalvleismengsel bo-op uit en druk plat.

Pak snye kaas in die middel.

Gebruik die tinfoelie om die kaas-en-vleismengsel toe te rol.

Bak 30 minute oor die kole.

Draai gereeld.

Eiervrugsmoor

Bestanddele

3 eiervrugte, gesny

1 ui, fyn gekap

½ bottel wyn van jou keuse

1 k tamatiesous

1 t peper

wors

Metode

Braai die wors oor die kole en sny in stukkies. Plaas eenkant.

Braai die ui in ’n pot tot sag en voeg die res van die bestanddele by.

Laat prut tot die eiervrug sag is, voeg die wors by en sit voor.

marisha-en-johann

Beeslende

Bestanddele

jou gunsteling-beeslende

1 k olyfolie

1 k sonneblomolie

1 knoffelhuisie

pietersielie

Metode

Maak ’n marinade uit die bestanddele en laat die bees vir so lank moontlik daarin lê.

Braai oor warm kole soos verlang.

Coke-sous

Bestanddele

1 t mosterdpoeier

500 ml Coke

2 e tamatiesous

1 e worcestersous

Metode

Voeg al die bestanddele bymekaar en borsel gedurende die braaiproses aan die vleis.

Romerige sampioene

Bestanddele

oestersampioene

botter

melk of room

peper

1 ui, fyn gekap

Metode

Braai die uie in botter en voeg melk of room by.

Skeur die sampioene in repies sodat dit die geure goed absorbeer.

Voeg by die uiemengsel en braai tot gaar.

Kaneelbroodjies met bloubessiesous

Bestanddele

witbrood

botter

kaneel

suiker

Metode

Sny die brood se korsies af.

Smeer botter aan albei kante en plaas in die rooster.

Strooi kaneelsuiker aan albei kante en braai tot bros.

Bloubessiesous

Bestanddele

1 k bloubessies

1 k suiker

suurlemoensap na smaak

Metode

Sny die bloubessies in die helfte.

Plaas die bessies en suiker in ’n pot op die vuur.

Laat prut tot ’n lekker sous vorm.

Voeg suurlemoensap by tot dit vir jou reg proe.

Sit voor saam met kaneelbroodjies.

FC en Anel

fc-en-anel

Gemarineerde hoender

Bestanddele

skoongemaakte hoender

Vir die marinade

1 L hoenderbraaisous (ons het Lappies-sous gebruik)

125 ml olyfolie

1 blikkie gesnyde tamaties

2 e suiker (of voeg nog by na smaak)

Metode

Giet marinade oor hoender en laat oornag staan.

Hou die res eenkant in die yskas.

Braai die hoender oor medium kole tot gaar.

Plaas die hoender in ’n braaibak met die res van die marinade en stoom verder langs die kole tot etenstyd.

Romerige groente

Bestanddele

gemengde groente, grof gekap

½ pakkie Veggie Bake

150 ml vars room

Metode

Kook die groente tot so driekwart gaar, voeg Veggie Bake en room by en laat prut oor lae hitte tot room ingetrek is.

Botterskorsie-bosbessieslaai

1 middelslag botterskorsie, in klein blokkies gesny

olyfolie

4 k gemengde blaarslaai

2 k komkommer

1 avokadopeer

1 wiel feta

½ k gedroogte bosbessies

sout-en-peper-croutons

Metode

Meng die botterskorsie en olyfolie en bak in die oond teen 220 ºC.

Laat koel af en voeg by die ander slaaibestanddele.

fc-en-anel

Klam potbroodjie

Vir die deeg

250 g witbroodmeel

250 g koekmeel

10 ml sout

10 g kitssuurdeeg

3 t suiker

1 k louwarm water

olyfolie of botter

1 eier, geklits met ’n bietjie water

sampioensous (resep onder)

kaas, gerasper

Metode

Meng al die droë bestanddele saam.

Voeg die water stadig by tot ’n stywe deeg vorm.

Knie die deeg goed.

Rol in bolletjies en plaas in ’n pot om te rys.

Giet die sampioensous oor.

Plaas die pot op die kole met kole bo-op die deksel tot die brood gaar is.

Strooi gerasperde kaas oor en hou oor die hitte tot die kaas gesmelt het.

Sous

½ pakkie sampioene

½ ui

½ pakkie spek, in repies gesny

½ pakkie aartappelgebak

Metode

Braai al die bestanddele in ’n pan tot die spek en sampioene goed gaar is.

Romany Cream-poeding

Bestanddele

1 pakkie Cappuccino-geur Romany Creams

1 pakkie sjokoladegeur Romany Creams

250 ml melk

500 ml vars room

½ k sjokoladestukkies

roomys en vla vir voorsit

Metode

Doop koekies in melk en pak dit in lagies in ’n pot.

Giet die oorblywende melk en room oor sodat koekies bedek is.

Sprinkel sjokoladestukkies oor.

Laat prut oor baie lae hitte.

Wanneer die melk en room geabsorbeer is en koekies sag is, is dit reg.

Sit voor met roomys en vla.

Martha en Marcel

martha-en-marcel

Broccolislaai

Bestanddele

1 kop broccoli

250 g kaas

1 pakkie gesnipperde spek

250 ml mayonnaise

1 blik kondensmelk

melk om sous te verdun

sout en peper

Aromat

Metode

Breek die broccoli in klein stukkies.

Sny die kaas in klein blokkies.

Braai die spek in die pan tot gaar en laat dit afkoel.

Meng die mayonnaise en kondensmelk saam na smaak.

Sit melk by om dit te verdun.

Voeg sout, peper en Aromat by na smaak.

Giet die sous oor die broccoli en voeg kaas en spek by.

Meng deur.

Aartappelgereg

9 groot aartappels

1 ui, gekap

1 pakkie gesnipperde spek

250 g sampioene

250 ml room

1 pakkie aartappelgebak

aartappelspeserye

sout en peper

martha-en-marcel

Metode

Sny aartappels in plat skywe en kook tot amper gaar.

Braai die uie, spek en sampioene saam in ’n pot oor die vuur tot gaar.

Pak aartappels in lae in ’n platboompot.

Voeg uie, spek en sampioene by.

Meng room en aartappelgebak saam en gooi by aartappels.

Voeg speserye by na smaak.

Laat prut oor medium kole tot gaar.

Karringmelkpoeding

1 k suiker

4 e botter

3 eiers, geklits

1 k bruismeel

500 ml karringmelk

1 k melk

1 t bakpoeier

knippie sout

Metode

Verroom botter en suiker goed tot lig en donsig.

Klop eiers deeglik en voeg by.

Sif meel, sout en bakpoeier saam en roer by mengsel in.

Roer karringmelk en melk geleidelik by.

Gooi slap mengsel in gesmeerde platboompot.

Sit die deksel op en maak gaar oor matige kole. Na gelang van die kole kan nog kole bo-op pot se deksel kom.