Doodse vrees vir die man het daartoe gelei dat Precious Kadumba van Mutare in Zimbabwe na familielede in Harare moes vlug. Haar drie kinders, onderskeidelik 12, agt en vyf jaar oud, het by haar man agtergebly.

Vrydag het sy weer na haar huis teruggekeer.

Maar sy kon nie die gevoel van naderende onheil afskud nie. Haar man het haar die hele tyd gebel om uit te vind presies waar op pad sy haar sou bevind.

“Ek het gevaar aangevoel want hy sou met kort tussenposes bel,” het sy aan die plaaslike koerant, Manica Post, gesê.

“Toe stuur hy ’n SMS waarin hy sê hy het so pas ons kinders doodgemaak.”

Precious het kontak gemaak met die bure en haar na hul huis gehaas. Dit was in vlamme gehul. Hulle kon wel daarin slaag die 12-jarige Tanaka te red. Maar vir sy twee sibbe, Trishh (8) en Trinity (5) was dit te laat.

Ek het geen ander keuse gehad nie. Ek moes onmiddellik vlug.

Haar man, Fashion Mpakati (42) het voet in die wind geslaan.

Maar hoekom sou ’n ma haar drie weerlose kinders by ’n man los wat pas uit die tronk gekom het nadat hy sy meisie vermoor het?

“Ek het geen ander keuse gehad nie. Ek moes onmiddellik vlug en het gereël dat die kinders by my sou aansluit.”

Bron: news24.com

Wie om plaaslik te kontak wanneer gesinsgeweld ervaar word

  • FAMSA (landwyd): Bel 011 975 7101, e-pos national@famsa.org.za of gaan na www.famsa.org.za vir inligting en hulp.
  • Lifeline (24-uur): 0861 322 322.
    POWA (People Opposing Women Abuse):083 765 1235 of gaan na www.powa.co.za vir meer inligting en hulp.
  • Legal Aid South Africa: 0861 053 425 of besoek www.legal-aid.co.za vir bystand.
  • Rape Crisis: 011 642 4345/ 021 447 9762.
  • SA Polisie-noodnommer: 10111