Maak seker jy stem vir 2017 se benoemdes en dalk wen jy 'n oorsese vakansie! Elke kategorie het ses benoemdes, tensy anders aangedui. Die aanspraakmakers op die Tempo-beeldjies is aangewys deur Huisgenoot se redaksie en is die Afrikaanse talent wat tussen 1 April 2016 en 31 Maart 2017 ons aandag getrek het. 

HOE STEM EK? 

Rol af (hou moed!), en stem nou aanlyn op ons interaktiewe vorm hieronder!

So nie kan jy ook SMS. So maak mens: SMS die kode van die benoemde van jou keuse gevolg deur ’n hutsteken (#) voor 4 Oktober om 12:00 na 35407. Byvoorbeeld: A5# of C3#. Elke SMS kos R1,50. Net 19 stemme per selfoonnommer word toegelaat. Jy kan slegs een stem by elke SMS insluit. Die SMS-kodes verskyn volledig in die tydskrif se uitgawe van 21 September, wat vanaf 14 September beskikbaar is.

SPLINTERNUUT! STEM VIR DIE VERMAAKSTER VAN DIE JAAR

Het een benoemde jou die afgelope jaar die meeste bekoor of is dit gewoon net die gunsteling van al jou gunstelinge? Jy kan in een ekstra afdeling soveel keer vir hom of haar stem as wat jy wil, want Huisgenoot wys vanjaar ook een vermaakster van die jaar aan.

SMS die kode van jou gunstelingster uit al vanjaar se benoemdes gevolg deur ’n hutsteken (#) voor 4 Oktober om 12:00 nm na 38407.  Voorbeeld: A5# of C3#.  Jy kan soveel keer SMS as wat jy wil. Net mense kom hier in aanmerking, nie flieks, televisieprogramme, liedjies of musiekvideo’s nie. Jy kan in dié afdeling net per SMS stem.  

WEN GROOT PRYSE WANNEER JY STEM

  • TWEE NAGTE IN DIE SUN CITY CASCADES
    Dié wegbreekbederf is R9 000 werd! Een gelukkige leser sal ’n wegbreek vir twee wen.
  • VYF GESKENKBEWYSE VAN SPREE
    Vyf lesers kan gaan kies en keur op Spree met ’n R1 000 geskenkbewys.

WAT IS DIE KOMPETISIEREËLS?

Die stemlyn open op 13 September 2017 om 06:00 en sluit op 4 Oktober 2017 om 12:00. Wenners sal lukraak gekies word. Jy moet 18 jaar of ouer wees om in aanmerking te kom vir die vakansiepryse. Pryse is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant geruil word nie. Die keuse van wenners is finaal. Wenners moet bereid wees dat hul naam en foto gepubliseer word. Die wenners sal in kennis gestel word. Personeellede van Media24, Grapevine Interactive en die borge en hul gesin mag nie deelneem nie. Jy moet ’n geregistreerde selfoongebruiker wees om aan die kompetisie deel te neem; so nie moet jy toestemming van die eienaar kry. Slegs 19 stemme per selfoonnommer na die SMS-lyn 35407 word getel. Elke SMS kos R1,50. Media24 en die borge aanvaar geen verantwoordelikheid vir skade wat uit deelname aan die kompetisie spruit nie. Die borge is verantwoordelik vir die verskaffing van die pryse aan die wenners binne ’n redelike tyd.

OP JOU MERKE, GEREED, STEM! 

Stem hier vir jou gunstelinge, en onthou jy kan net een keer in elke afdeling stem!