Neem nou maar Tsotsitaal as voorbeeld. As iemand vir jou sou sê: “Zwakaka daarso!’’ sal jy waarskynlik nie verstaan wat dié probeer sê nie, al is Afrikaans jou moedertaal. Maar as jy Tsotsitaal ken, sal jy weet dit beteken: “Luister hier!’’

Hierdie variasie van die taal het in swart stedelike gebiede ontstaan toe Afrikaans laat in die 19de eeu na die binneland en die huidige Gauteng versprei het, verduidelik dr. Michael le Cordeur, die voorsitter van die Afrikaanse taalraad en ’n dosent in kurrikulumstudies aan die Universiteit Stellenbosch.

Sprekers uit verskillende etniese agtergronde het toe na die Rand getrek om daar op die myne te gaan werk. Die mengtaal – Tsotsitaal – is daar gebore.

“Sophiatown word as die geboorteplek van hierdie kreatiewe taal beskou,’’ vertel Michael. Mense met verskillende moedertale gebruik dit vandag nog om met mekaar te kommunikeer.

Jy lees Tsotisaal veral in Engelse romans en kortverhale raak. Dit word selfs in Hollywood gehoor! “Die bekendste hiervan is Athol Fugard se verhaal Tsotsi (1983) wat in 2005 suksesvol verfilm en bekroon is met ’n Oscar vir die beste buitelandse film,” sê Michael.

Hier is ’n paar karaktervolle en kleurryke voorbeelde daarvan:

  • Hela Baby! (Hallo liefie)
  • Zwakala daarso (Luister hier)
  • Of hoe sê ek?
  • Jy moet my notch (Hou my dop)
  • Jy ken mos (Jy weet mos)
  • Hela sisi! (Hallo meisie)
  • Look sharp (Wees versigtig)
  • Ek wil jou weedie (Ek wil met jou praat)
  • Ek praat die real ding (Ek bedoel dit opreg)
  • Ek wala-wala net stof (Ek praat nie onsin nie)
  • Ek wil jou smekana (Ek wil vir jou geld gee)
  • Jy’s my number one mbuzana (Jy’s my nommer een liefling)
  • Come duzy baby (Kom nader liefie)

Dit is hoe Tsotsitaal lyk, kompleet met al sy Afrikaanse woorde en geure. Maar hoe lyk jou Afrikaans?

Dié vraag is natuurlik die spil waarom die opwindende nuwe Projek Afrikaans draai. Dis daarop gemik om Afrikaans se diversiteit en kleurrykheid in al sy vorme te vier.

Deel met ons jou manier van Afrikaans praat en skryf deur hier ’n foto te gaan laai van jou unieke woorde en uitdrukkings. Jy staan die kans om tot R10 000 te wen!

Gaan loer hier vir meer inligting en om te sien hoe JY kan inskryf.

Hoe lyk jou afrikaans Uniek

Besoek Afrikaans.com en kom gesels saam!