PROMOSIE

Elke oggend is ’n nuwe begin en gee ons die kans om die dag se potensiaal te ontsluit. As ons die dag reg begin, is daar geen perke aan wat jy saam met Kellogg's kan vermag nie.

SHakeUp FB3 - Copy
Jy het dit al gehoor en dit is waar: Ontbyt is die belangrikste ete van die dag. Ná agt tot twaalf uur sonder kos is ons lyf en brein gereed om gevoed te word. Kellogg’s-graankos, as deel van ’n gebalanseerde ontbyt, maak jou metabolisme wakker en stel jou en jou gesin in staat om ’n groot dag by die werk, skool en op die speelterrein te hê.

In 1927 het ’n nuwe graankos in die Kellogg’s-toetskombuis ontstaan: geroosterde rysgraankos. W.K. Kellogg het dadelik melk oor ’n bakkie vol van die nuwigheid gegooi en ’n groot hap geneem. “Ek het ’n goeie ding hier beet!” het hy glo opgewonde uitgeroep. ’n Paar maande later was Kellogg’s Rice Krispies op die winkelrakke.

Na aanleiding van die radio-advertensie vir die nuwe ontbytkos in 1933, het die kunstenaar Vernon Grant die karakters Snap, Crackle en Pop geskep. Ons ken hulle vandag in Afrikaans as Knap, Knetter en Knak.

Ons wêreld het verander sedert mnr. Kellogg die eerste bakkie Rice Krispies geëet het – selfs hoe ons graankos voorsit. Ons almal probeer onsself met lekkerkry wakker kry (shake up our wake up). Dis hoekom Kellogg’s onlangs hul nuwe veldtog bekendgestel het: Begin Jou groot!

SHakeUp FB1 - Copy
PRETTIGE KELLOGG’S-FEIT

Watter geluide maak Rice Krispies in ander lande?

Swede: Piff! Paff! Puff!

Duitsland: Knisper! Knasper! Knusper!

Mexiko: Pim! Pum! Pam!

Finland: Poks! Riks! Raks!

Holland: Pif! Paf! Pof!

Frankryk/Quebec: Cric! Crac! Croc!

Italië: Pif! Pof! Paf!

Wen!

Jy kan jou dag op talle maniere groot begin met Kellogg’s. Hoe maak jy seker daar is lekkerkry in jou wakker kry? Hoe kikker jy jou ontbyttafel op?

Deel jou op en wakker ontbytresepte op www.shakeupyourwakeup.co.za en staan ’n kans om pryse los te slaan! Terselfdertyd kan jy jou ook verlustig in ander Kellogg’s-aanhangers se resepte.

Van Mei tot November gaan vier resepte elke maand beloon word met koopbewyse van R1 000 wat by enige winkel ingespan kan word!

SHakeUp Digitorial1