ADVERTENSIE| FLORA PRO.ACTIV

e

Dié dorp, die Pêrel van die Overberg, is ’n ware juweel. Die ongerepte natuur­skoon bied besoekers ’n ver­skeidenheid uiteenlopende aktiwiteite en jy word oral met ware plattelandse gasvryheid ontvang.

Dis dan ook hoekom Flora besluit het om hul veldtog teen cholesterol op Villiersdorp aan te bied; die unieke omgewing verteenwoordig Suid-Afrika se beste. Die oogmerk van die veldtog van 21 dae is om mense bewus te maak van die gevare van cholesterol en hulle ’n gesonde leefstyl te leer volg. Ons het met ’n paar inwoners gesels.

Nelis Lamprecht van Villiersdorp Toerisme sê: “Ek en my vrou het in 2006 van KwaZulu-Natal na Villiersdorp getrek. Kort daarna het my vrou siek geword. Terwyl sy in die hospitaal was, het mense vir my kos aangedra. Hier kyk almal na mekaar.”

Die bekoorlike Villiersdorp is net ’n uur en ’n half se ry van Kaapstad en dus ideaal vir ’n dagbesoek of naweekwegbreek.

Die dorp, wat eers De Villiersdorp geheet het, se geskiedenis strek terug na die vroeë 1800’s. Van die eerste nedersetters hier was afstammelinge van die Franse Hugenote en hulle het die kuns van wynmaak na die gebied gebring.

et

In die vrugbare omgewing word ook appels, pere, perskes, druiwe en uie verbou. Johannie Barnard, die eienaar van Magnifique Catering, is net so trots op wat Villiersdorp bied.

“Ons het nie ’n bepaalde kenmerkende gereg nie, maar waar jy ook al gaan, sal jy die smaak van tuisgemaakte konfyte of ingelegde vrugte teëkom.”

Dene en Zelda Zondagh woon al 15 jaar hier en het onlangs die Kelkiewyn-restaurant gekoop. Dene lag en sê “alles op die spyskaart is lekker, maar ons beesstert- en waterblommetjiebredie (in waterblommetjietyd) lok mense en veral motorfietsryers van anderkant die berg”.

Villiersdorp en omstreke, met ’n inwontertal van sowat 10 000, is ook bevorderlik vir die kunste. Margaret Epstein vertel: “Ek skilder graag mooi elemente en dis presies wat Villiersdorp my help doen: Dit gee my werk skoonheid. ’n Kunssentrum het boonop onlangs by die plaas­like hoërskool geopen. Almal kan daar op ’n kunsplatform sosialiseer.”

Villiersdorp lê aan die voet van die Baviaansbergreeks met ’n prentjiemooi waterval aan die een kant. Vir baie mense is die dorp ’n poort na buitelugaktiwiteite soos stap-, viertrek- en bergfietsroetes.

Dis ook die tuiste van die Theewa­ters­kloofdam, die grootste dam in die Wes-Kaap en die sewende grootste in die land. Dit beslaan 5 100 ha en die Theewater-sportklub bied kampeergeriewe vir mense wat wil oornag. youth sail training community sailors 005 “Die meeste mense wat na Villiersdorp kom, wil die dam ervaar en als wat dit bied,” sê Leon Deacon, die algemene bestuurder van die Theewater-sportklub. “Besoekers kan gewoonlik verwag om baie baars en karp te vang. Ons hou deur die jaar hengelkompetisies en driekamp word ook nou gewild. Jy kan regtig net ’n paar kilometer van mekaar af fietsry, stap en swem.”

‘Ons het nie ’n bepaalde kenmerkende gereg nie, maar waar jy ook al gaan, sal jy die smaak van tuisgemaakte konfyte of ingelegde vrugte teëkom’

FLORA EN VILLIERSDORP

Vir ’n cholesterolbewusmakingsveldtog van 21 dae het Flora ’n dorp gesoek wat uniek is in sy omgewing en Suid-Afrika se beste verteenwoordig. Hulle het Villiersdorp gekies sodat die inwoners hoë cholesterol as ’n gemeen­skap kan bestry en so volhoubare gesondheid bevorder. Verskillende aspekte het ’n rol gespeel en die besluit is gegrond op logistiek, maklike toegang tot geriewe en persoonlikheid.

“Villiersdorp het ’n diverse demografie en dit help beklemtoon die feit dat hoë cholesterol nie beperk is tot een ras, ouderdomsgroep of geslag nie en dat almal hul cholesteroltelling moet weet,” verduidelik Susan Stringer, die bemarkingsdirekteur van Flora vir Unilever Suid-Afrika.

SES REDES WAAROM VILLIERSDORP ’N BESOEK WERD IS 

1. Geskiedenis: Ervaar argitektoniese skoonheid wanneer jy die Oude Radyn besoek, ’n geskiedkundige huis en blykbaar die enigste gebou in die Kaap met Bataafse geute en afvoerpype.

2. Kos en wyn: Smul aan tradisionele plattelandse geregte. Geniet ook ’n verskeidenheid tuisgemaakte ingelegde produkte by plaasstalletjies en wynliefhebbers kan gehaltewyn proe wanneer hulle die oudste kelder in die Overberg, die Villiersdorp-kelder, besoek.

3. Kultuur: Villiersdorp is die tuiste van die Alwyn Vintcent, die enigste oorblywende steenkoolaangedrewe stoomloodssleepboot in die land. Hier kan jy ook die Veteraantrekker-en-enjinmuseum besoek. Dit het meer as 40 antieke trekkers en enjins in privaat besit wat van so vroeg as 1920 dateer.

4. Natuur: Maak ’n afspraak met die natuur en verken Villiersdorp op drie opwindende maniere: te voet, per wiel of op die water. Op sekere plekke om die pragtige Theewater­kloofdam is natuurlewe soos sebras, elande, bontebokke en hartebeeste te sien.

5. Buitelugpret: Die Theewater-sportklub bied avontuurbelaaide aktiwiteite op en om die dam aan. Jy kan aan ’n verskeidenheid watersporte deelneem en hengel. Gaan stap en verken die bewaringsgebied om die dam wat bekend is vir sy unieke biosfeer, of ervaar die natuurskoon op ’n gr. 2-viertrekroete.

6. Gesondheid: Nog ’n rede om die pragtige Villiersdorp te besoek, is om die resultate te sien van die cholesteroluitdaging van 21 dae – die dorpie gaan kort voor lank bekendstaan as die Suid-Afrikaanse dorp met die beste hart­gesondheid!

80% van alle hartaanvalle kan voorkom word

Flora 2