PROMOSIE

Terwyl jy na liedjies luister oor sleeklokkies en sneeumanne, weet jy hulle sing nie oor ons soort Kersfees nie. Ons hier in die suide kry warm en koel in die swembad af in die Kerstyd.

Dit is waarom CNA gekies het om hierdie jaar ’n Mzansi-Kersfees te vier. Ons sal immers nooit ’n wit Kersfees hier hê nie!

Om Kersfees trots Suid-Afrikaans te maak, het CNA ook vir Kersvader ’n nuwe span saamgestel. Met Gina die kameelperd, Thando die renoster en Khosi die olifant is Kersvader nou in Mzansi-styl getooi soos nog nooit tevore nie. Braai saam met jou vriende en familie, vergeet die sneeu en geniet ’n regte Afrika-Kersfees.

[post-slider]

CNA het uitstekende op-die-nippertjie-aanbiedings van 19 tot 24 Desember, soos 50 persent-afslag op alle Kersartikels (geskenkpapier, dekor, geskenksakke, tafelversierings en Kersklappers) en 33 persent-afslag op alle speelgoed. Dit is dus die ideale kans om al die kousvullers en laaste speelgoed te koop.

Koop die Xbox One vir net R3 999,90 en kry ’n gratis speletjie (Fifa 17, Gears of War 4 of Battlefield 1). Dit is ’n reuse R1 000-afslag nog voor jy die gratis speletjie gekies het.

Nog vele uitstekende aanbiedings is in die winkel en aanlyn beskikbaar – van boeke en geskenke vir ma en pa tot digitale bederfies en alles wat jy gaan nodig hê vir Kersfees.

CNA is die volmaakte geskenk- en dekorbestemming hierdie feestyd.