PROMOSIE

Op Sondag 9 Oktober is dit tyd om jou graaf neer te lê, die tuinhandskoene uit te trek en die vrugte van jou harde werk te geniet.

Newsletter Blurb 600 x 450px Afr

Dit is die dag waarop ons in Suid-Afrika Tuindag vier. Families en vriende oor die land gaan in welige groen tuine (klein of groot) bymekaarkom om dit te vier – of dit nou is om ’n nuwe resep uit die tuin te probeer, iets te plant of ’n plaaslike tuin te besoek.

Hoe gaan jy dit vier?

Die doel van Tuindag is om Suid-Afrikaners byeen te bring om een van die eenvoudige plesiere in die lewe – tuinmaak – te waardeer en geniet. Die feesvieringe het ook ten doel om ’n sterk tuinmaakbeweging van stapel te stuur om ’n liefde vir tuinmaak by Suid-Afrikaners te kweek en om die jongspan aan te moedig om te begin tuinmaak en die beloning daarvan te ervaar.

Nog ’n belangrike rede om tuindag te vier, is dat tuinmaak ’n positiewe uitwerking op ons geestelike en fisieke gesondheid het – en die wetenskap ondersteun dié bevinding.

Prof. Paul Dolan, ’n Britse ekonoom en gedragswetenskaplike, sê tuiniers en bloemiste is van die gelukkigste werkers – veel gelukkiger as mense in meer luisterryke en beter besoldigde poste.

Om jou tuin voor te berei vir die groot dag kan jy die gratis app Gardening with Babylonstoren by die Tuindag-webtuiste aflaai. Dit gee jou toegang tot ’n biblioteek van tuinmaak-inligting, asook voorstelle van tuinmaakkenners.

[post-slider]

Idees om Tuindag te vier:

As jy saam met familie en vriende is:

  • In plaas van ’n boekklub, vra jou gaste om ’n seldsame of interessante plant saam te bring. Almal kan dan plante uitruil.
  • Nooi vriende vir ’n bring-en-braai en gebruik kruie uit jou tuin om die vleis te geur.
  • Hou ’n teeparty op die grasperk.
  • Hou ’n skattejag in die tuin.
  • Bied ’n ete buite aan waar elke gereg ’n bestanddeel bevat wat uit jou of een van jou gaste se tuin kom.
  • Maak saadbomme saam met jou kinders.
  • Speel balspele soos sokker, boules of vlugbal in die tuin, speel skaak of laat vlieg ’n vlieër.

As jy die dag alleen deurbring:

  • Lees ’n boek.
  • Beoefen joga of tai chi.
  • Mediteer.
  • Stel ’n esel op en skilder.
  • Besoek ’n tuinsentrum en geniet die omgewing.

Volg Tuindag Suid-Afrika in die sosiale media en deel jou partytjiefoto's aanlyn met die hutsteken #TuindagSA.

Twitter: @gardendaysa

Instagram: /gardendaysa

Twitter- en Instagram- hutstekens: #GardenDaySA #TuindagSA

Facebook: /garden-day-sa