ADVERTENSIEARTIKEL | SANLAM RISIKO
san2
Waarskuwing oor kindervetsug vir Suid-Afrikaanse gemeenskappe OP NET drie jaar het sy 35 kg geweeg en was sy die jongste mens tot nog toe by wie tipe-2-diabetes gediagnoseer is. Die verhaal van die ongeïdentifiseerde kleuter van Texas het wêreldwyd opslae gemaak, maar die situasie is dalk nader as wat baie Suid-Afrikaners wil erken.
'Suid-Afrika is die vetste nasie in Suider Afrika.'

Tot 10 persent van die land se jaarlikse gesondheidsbegroting word bestee om vetsugverwante siektes te behandel waarvan tipe-2-diabetes onder kinders en adolessente ’n groot bron van kommer is.

Die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad het bevind 60 persent van oorgewig kinders van 5 tot 10 jaar het minstens een risikofaktor vir hartvatsiektes, terwyl 25 persent twee of meer risikofaktore het.

Sanlam se mediese adviseur, dr. Jack van Zyl, sê ouers glo dikwels hul kinders sal hul oorgewig “ontgroei”, maar kindervetsug vereis toegewyde ingryping. Hy sê die regte benadering is om ingestel te wees op gesonde leefstylgewoontes soos verantwoordelike voeding en liggaamlike aktiwiteit.

Die gesondheids- en geldelike koste van vetsug

Jack maan hoe jonger vetsugtige mense is, hoe skadeliker is die oortollige gewig. Ouers moet bewus wees van die gesondheids- en geldelike risiko’s wat met oorgewig kinders verband hou en hul leefstylgewoontes permanent verander, sê hy.

“Wanneer jy as kind oortollige gewig aansit, loop jy die gevaar om op ’n jonger ouderdom gesondheidsprobleme te ontwikkel. Hoewel genetika ’n rol speel, is gesondheidprobleme direk aan kinders se hoë suiker- en soutinname verwant.”

Vetsugtige mense is ook meer geneig tot ongelukke, want hul balans is swakker en oortollige gewig verleng die hersteltyd ná beserings of siekte. Al die faktore verhoog mediese uitgawes en uit ’n versekeringsoogpunt lei oortollige gewig tot hoër premies. ’n Oorgewig kind loop ’n gesondheidsrisiko en dus ook ’n versekeringsrisiko. Liggaamsmassa-indeks (LMI) is ’n groot onderskrywingsoorweging by versekeringspolisse.

Leefstylwenke vir ouers

  • Doen oefening – jou kinders sal jou gedrag naboots.
  • Gee kinders water of vars vrugtesap. Suikerryke drankies soos gaskoeldranke is ’n groot oorsaak van vetsug. ’n Blikkie van 330 ml gaskoeldrank bevat sewe teelepels (35 g) suiker. Gekoopte vrugtesap het ’n hoë suikerinhoud – 250 ml bevat ses teelepels suiker. Beperk die inname van energiedrankies. Die energie daarin kan net deur uithousport verbrand word: ’n energiedrankie van 500 ml bevat sewe teelepels suiker.
  • Moenie ongesonde peuselhappies koop nie, want jou kinders sal dit waarskynlik eet.

Waarskuwing oor vetsug vir kinders en tieners

  • Altesaam 42 miljoen kinders onder vyf jaar is oorgewig of vetsugtig, volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie se statistiek vir 2013.
  • Hulle loop ’n groter gevaar vir siektes soos diabetes, hartvatsiektes en sekere kankers.
  • Hulle word in die gesig gestaar deur moontlike vroeë puberteit en sielkundige probleme soos ’n swak selfbeeld.
  • Hulle loop die gevaar vir gesondheidsprobleme soos asma.

Beskerm jou gesin teen risiko’s. Gaan na sanlam.co.za.