Net ’n paar uur ná haar kroning is ons nuwe Mej. Suid-Afrika, Ntandoyenkosi Kunene, terdeë bekendgestel aan haar nuwe titel en wat dit vir haar gaan inhou.

[caption id="attachment_120494" align="alignnone" width="600"]Om die Mej. SA kroon te dra is nog altyd 'n droom van Ntandoyenkosi. Foto: Instagram Om die Mej. SA kroon te dra is nog altyd 'n droom van Ntandoyenkosi. Foto: Instagram[/caption]

Soos wat ons haar suite by die Maslow-hotel in Sandton binnegaan sit sy by haar etenstafel waar sy vinnig ’n paar happies ontbyt probeer inkry terwyl mense haar grimering en haar hare tussendeur doen.

Die stralende Ntandoyenkosi groet met ’n hartlike drukkie terwyl haar nuutontwerpte Jack Friedman-kroon en juwele aan haar glinster. Haar Ted Baker-rok pas haar soos ’n handskoen.

“Ek kan dit nie glo nie,” sê sy met ’n glimlag.

“Dit sink nog is, maar wat ek jou wel kan vertel is dat ek oorloop van vreugde.”

Om die titel van Mej. Suid-Afrika te kry is nog altyd ’n droom van die 23-jarige onderwyser van die eThandukukhanya-township in Mkhondo in Mpumalanga.

Sy het haar loopbaan as model in die ouderdom van vier jaar begin. Haar eerste skoonheidstitel was dié van Mej. Reëndruppel by ’n plaaslike fees.

[caption id="attachment_120499" align="alignnone" width="600"]Ntandoyenkosi se ma, Baby, het haar Sondag verras met haar heel eerste skoonheidskompetisierok. Foto:  Luba Lesolle Ntandoyenkosi se ma, Baby, het haar Sondag verras met haar heel eerste skoonheidskompetisierok. Foto: Luba Lesolle[/caption]

Teen die tyd wat sy ses jaar oud was, het sy geweet dié soort ding gaan ’n integrale deel van haar lewe wees.

“Ek onthou dat ek as sesjarige na Mej. SA gekyk het, toe Kerishnee Naicker nog Mej. SA was, en ek het geweet ek sou eendag daar wees,” onthou sy.

“Sedert ek 18 geword het, het ek my aansoeke na die Mej. SA-kompetisie gestuur en ek is nooit gekies nie . . . in 2014 het ek dit tot by die Top 33 gemaak en toe ek nie verder kom nie, is my hart gebreek, maar dit het my net aangehits om aan te hou.”

Haar uithouvermoë is nog altyd haar sterkpunt, vertel sy. Om groot te word in ’n township waar haar boekhouer-pa, Christopher (67), en haar makelaar-ma, Baby (50), hul loopbaan begin het met ’n snoepwinkel wat hulle steeds besit, het Ntandoyenkosi altyd geweet sy moes grense versit as ’n gemiddelde “township-meisie” en ’n tasbare verskil in haar gemeenskap en haar land maak.

“My plan gedurende my tydperk as Mej. SA is om ’n tasbare verskil te maak en ek is veral opgewonde oor die Vat ’n Meisiekind Werk Toe-insiatief om jong meisies hul potensiaal te laat besef, ” sê sy.

“Ek wil hê my storie moet meisies motiveer en hulle laat besef dat hulle ‘eendag’ kan gebeur, net soos wat my ‘eendag’ gisteraand gebeur het.”

Lees ook: Spieëltjie, spieëltjie aan die wand, wie’s die mooiste in die land? Ontmoet die 12 Mej. SA-finaliste

Ntandoyenkosi sê baie van wat sy vandag is, is te dankie aan die ondersteuning, aanmoediging en liefde van haar ouers, haar vyf sibbe en die res van haar familie en die gemeenskap.

Haar ma het haar as 11-jarige kind by ’n modelskool ingeskryf om haar te slyp vir haar droom – en nou ook haar realiteit.

Lees ook: Mej. SA se chaperone ‘Mama J’ praat oor haar rol aan die sy van dié glansvroue

“Vir my was sy nog altyd my Mej. SA. Ek het nog altyd gesien hoeveel Ntandoyenkosi van modelwerk hou en ek het gedoen wat ek kon om haar te help om haar droom te bereik,” sê Baby.

“Ek kan nie eers uitdruk hoe trots ek op haar is nie, of hoe ek nog voel nie. As haar ouers sal ons alles doen wat ons kan om haar te ondersteun en ons sal aanpas tot wat die lewe op haar pad bring,” voeg Christopher by.

Op daardie oomblik, mik Baby na haar swart handsak, roep Ntandoyenkosi eenkant toe en sê: “Ek het ’n geskenk vir jou”. Soos wat trane in haar oë opwel, ontvang sy ’n klein perskekleurige skoonheidskompetisierok. Dieselfde rok wat sy as vierjarige gedra het, toe sy as Mej. Reëndruppel die eerste stap na haar Mej. SA-droom gegee het.

VYF DINGE WAT JY NIE VAN NTANDOYENKOSI GEWEET HET NIE

? Wanneer sy die rekening by ’n restaurant kry, werk sy die rekening uit deur langdeling te doen – met 10’e, 100’s en 1000’e.

? Wanneer sy op haar eie is, is haar klein plesiertjie om te sing.

? Sy is mal daaroor om te lag en het glo ’n baie skerp sin vir humor.

? Een van haar gunsteling-dinge om te doen is om ’n bietjie alleentyd te hê.

? Om mooi broodjies by haar te bak, is al wat dit verg ’n lekker koppie tee – sy is ’n groot teeliefhebber.

– Shanaaz Prince

A photo posted by Shanaaz Prince (@shanaazprince) on

Ander stories op Huisgenoot.com

Hallo daar Richard Tiffany Gere: Dié bekendes het die vreemdste middelname denkbaar

Kyk: Dale Steyn deel stout selfie!

Kyk: Emosionele oomblik toe tiener ontvanger van haar wyle broer se hart ontmoet

Oe-la-la! Madonna se pragtige dogter hou haar lyf model

Man stel aanlyn profiel as vrou op, met skokkende gevolge

‘Ek hou jou dop!’: Man vind onheilspellende 15 jaar oue boodskap in sy kaggel

Almal se gunsteling-‘prinses’ binnekort weer op die silwerdoek