Kom wees deel van ons Media24-realiteitsreeks waar ons sommer klomp pret gaan hê met jou kortlys van strooimeisies. En ons beloof: jy gaan wegstap met die regte een as jou strooimeisie, want wie wil nou ‘n treurige een hê?

Stuur vir ons foto's en 'n paragraaf waarin jy ons meer vertel van jouself, jou groot dag en al jou strooimeisie-kandidate! Stuur jou inskrywings aan via@okuhle.co.za.

Die fynskrif:

  • Deelnemers moet Afrikaans kan praat.
  • Troudatums moet val tussen die einde van November 2015 en Februarie 2016.
  • Gebaseer in die Kaap, of as julle van ver is, is die vervoer vir julle eie rekening.

AANSOEKE SLUIT 1 SEPTEMBER 2015