[caption id="attachment_117499" align="alignnone" width="600"]To-kunstenaars gaan by die konsert optree. Top-kunstenaars gaan by die konsert optree.[/caption]

Kom luister na kunstenaars soos Laurika Rauch, Juanita du Plessis, Steve Hofmeyr, Kurt Darren, Adam Tas, Corlea, Jak de Priester en Jannie Moolman en help geld insamel vir boere wat swaarkry weens die droogte.

Die konsert vind op Saterdag 20 Februarie plaas by die Amfiteater van die Voortrekkermonument in Pretoria.

Die hekke maak om 13:00 oop en die konsert duur van 15:00 tot 18:00.

Kaartjies kos R100 vir kinders, R200 vir volwassenes en is beskikbaar by Computicket. Groepe van 20 of meer betaal R150 per persoon.

Alle geld word bestuur en versprei deur Caring Daisies.

Hul bankbesonderhede is: Rand Merchant Bank (FNB), takkode 222-026, rekeningnommer 623 2155 1906. Verwysing: Manna.

Vir nog inligting oor die konsert en Caring Daisies, gaan na hul webtuiste by www.caringdaisies.co.za