PROMOSIE

[caption id="attachment_132993" align="alignnone" width="600"]Watter sjef gaan hierdie week huis toe gestuur word? Watter sjef gaan hierdie week huis toe gestuur word?[/caption]

Dis ’n chaos in die Top Chef SA-kombuis soos hulle stoei vir plek op die stowe en eers ter elfder ure hul geregte voorsit. Die wenner kry iets wat almal wil hê: immuniteit in die uitklopronde.

Die sjefs word in twee spanne verdeel vir die uitklop-uitdaging wat hulle pretgebak-vaardighede toets. Hul afronding word tot die uiterste beproef in hierdie uitklopronde, want kommunikasie misluk heeltemal.

Trevor6

Die gasbeoordelaar is die komediant Trevor Gumbi, wat hierdie week saam met die beoordelaars Neill Anthony, Lesego Semenya en Lorna Maseko agter die beoordelaarstafel inskuif. Hy is bekend vir sy uitgesprokenheid en sy erg eerlike op- en aanmerkings laat ’n paar wenkbroue lig. Wie se gebak sal goed en soet genoeg wees om te bly en wie sal hul messe moet inpak? Skakel in op SABC3 om 8 nm. op Dinsdag 2 Augustus 2016 om te sien wat gebeur. Verlede week het Paddy Khuele, die sjef by Thrive Café in Soweto se modieuse Vilikazistraat. die derde sjef geword wat uitgeskakel is.

Die 11 sjefs wat nog aan die kook is, is:

Devin Gregory Hogan, hoofsjef en eienaar van Smak Delicatessen & Restaurant in Kaapstad;

Annemarie Robertson, uitvoerende sjef by Burrata, Bocca & Open Door in Constantia, Kaapstad;

Hezron Louw, mede-eienaar en sjef by die Sumting Fresh Food Bus en Gourmet Street Food Company;

Martine Christian, uitvoerende sjef by Escondido Tapas in Johannesburg;

Thembo Tebogo Buwati, sous sjef by La Mouette in Kaapstad;

Ayabonga Gope, wat by The Deck House in Kaapstad werk;

Sachin Gosai, hoofsjef by The National in Parktown North, Johannesburg;

Phillip Nel, chef de partie by Rust en Vrede by Stellenbosch;

Kim Crystal Clement, eienaar van Urban Eatery en Central Pizza in Pretoria;

Lebogang Mpuang en Linda Nirina Mazibuko, mede-eienaars van Blackcurrant Food Concepts, ’n geleentheids- en spysenierings-, konsultasie- en opleidingsmaatskappy.

Kykers kan die program op sosiale media volg by:

Facebook : TopChef SA

Instagram : @topchefsa

Twitter: @TopChefSA

#SABC3TopChefSA