PROMOSIE

In vandeesweek se snelvuuruitdaging moet die oorblywende nege sjefs sake met messe uitspook om te sien wie die vinnigste ’n heelhoender kan ontbeen. Spoed is van die uiterste belang terwyl hulle slagtersvaardighede beproef word, want die wenner kry die gesogte immuniteit.

Ouparazzi20160622_0210

Vir die uitklopuitdaging moet elke sjef ’n kitskosete wat hulle lukraak uit bruinpapiersakke kies herskep en verbeter. Die uitdaging word moeiliker gemaak met net vyf minute in die spens en koelkaste om bestanddele bymekaar te kry.

Ouparazzi20160622_0034

Al lyk dit aanvanklik na ’n taamlik maklike uitdaging, is nie een van die sjefs meer so seker van hulself toe hulle voor die beoordelaarstafel gaan staan nie. Hierdie week sit die komediant Deep Fried Man saam met die beoordelaars Neill Anthony, Lesego Semenya en Lorna Maseko by die tafel.

Ouparazzi20160622_0061

Deep Fried Man verskaf vermaak in die kombuis en sing selfs vir Linda se hoender. Hy is ’n selferkende kosliefhebber en bring sy kitaar en charismatiese sjarme saam om te help beoordeel aan die sjefs se herskepte wegneemetes. Wie kook vir die laaste keer in die Top Chef SA-kombuis?

Kyk Dinsdag 16 Augustus om 20:00 Top Chef SA op SABC3.

Verlede week het Themba Tebogo Bawuti, die assistentsjef by die La Mouette-restaurant in Kaapstad, sy messe gepak en die kompetisie verlaat. Die tyd het hom ingehaal in die uitklopuitdaging terwyl hy die beoordelaar Neill Anthony se hoendergereg en heuningkoekpoeding probeer herskep het.

Die 9 sjefs wat nog aan die kook is, is:

Devin Gregory Hogan, hoofsjef en eienaar van Smak Delicatessen & Restaurant in Kaapstad;

Annemarie Robertson, uitvoerende sjef by Burrata, Bocca & Open Door in Constantia, Kaapstad;

Hezron Louw, mede-eienaar en sjef by die Sumting Fresh Food Bus en Gourmet Street Food Company;

Martine Christian, uitvoerende sjef by Escondido Tapas in Johannesburg;

Ayabonga Gope, wat by The Deck House in Kaapstad werk;

Sachin Gosai, hoofsjef by The National in Parktown North, Johannesburg;

Phillip Nel, chef de partie by Rust en Vrede by Stellenbosch;

Kim Crystal Clement, eienaar van Urban Eatery en Central Pizza in Pretoria;

Linda Nirina Mazibuko, mede-eienaars van Blackcurrant Food Concepts, ’n geleentheids- en spysenierings-, konsultasie- en opleidingsmaatskappy.

Kykers kan die program op sosiale media volg by:

Facebook : TopChef SA

Instagram : @topchefsa

Twitter: @TopChefSA

#SABC3TopChefSA