PROMOSIE

Twee spanne van vier word met ’n mestrekking gekies, waarna die aspirant-Top Chefs twee uur kry om ’n fees oor die kole te berei wat geskik is vir ’n toprestaurant.

Ouparazzi20160623_0153

Maar die mededingers is binnekort self op hete kole in hul soeke na die perfekte gereg om die beoordelaars te beïndruk. Met net braaivleisvure en gasstowe raak hulle gou warm onder die kraag wanneer die groente wéér verbrand en die houtskool gesteel word. En hulle het nie eens die gewone kombuisklokkie nie.

Luthando Shosha, James Diack and Lee-Ann Liebenberg appear on episode 7 of Top Chef SA

Onder dié week se beoordelaars is daar drie gasbeoordelaars; James Diack, hoofsjef by Coobs in Parkhurst, die bekende model Lee-Ann Liebenberg en die TV-aanbieder Luthando Shosha, alombekend as “LootLove”. Die cheftestants verwelkom elke gasbeoordelaar se unieke energie – al is James een van hulle se baas en al is van hulle ’n bietjie in ’n waas oor al die glansryke bekendes vir wie hulle braai.

Ouparazzi20160623_0064

Namate die druk oplaai in die kompetisie om die titel Top Chef SA en daardie R100 000 kontant, wonder ’n mens watter aspirant volgende gaan val.

Skakel Dinsdag 23 Augustus 20:00 op SABC3 in vir die volgende spannende aflewering van Top Chef SA.

Verlede week moes Kim Crystal Clement, eienaar van Urban Eatery en Central Pizza in Pretoria, haar messe pak nadat die beoordeelaars nie beïndruk was met haar verbeterde weergawe van ’n kitskosdis nie.

Die 8 sjefs wat nog aan die kook is, is:

Devin Gregory Hogan, hoofsjef en eienaar van Smak Delicatessen & Restaurant in Kaapstad;

Annemarie Robertson, uitvoerende sjef by Burrata, Bocca & Open Door in Constantia, Kaapstad;

Hezron Louw, mede-eienaar en sjef by die Sumting Fresh Food Bus en Gourmet Street Food Company;

Martine Christian, uitvoerende sjef by Escondido Tapas in Johannesburg;

Ayabonga Gope, wat by The Deck House in Kaapstad werk;

Sachin Gosai, hoofsjef by The National in Parktown North, Johannesburg;

Phillip Nel, chef de partie by Rust en Vrede by Stellenbosch;

Linda Nirina Mazibuko, mede-eienaars van Blackcurrant Food Concepts, ’n geleentheids- en spysenierings-, konsultasie- en opleidingsmaatskappy.

Kykers kan die program op sosiale media volg by:

Facebook : TopChef SA

Instagram : @topchefsa

Twitter: @TopChefSA

#SABC3TopChefSA