PROMOSIE

Die bordjies word vandeesweek verhang in die kombuis van Top Chef SA. Die beoordelaars Neill Anthony en Lesego Semenya kook vir die deelnemers ’n watertand-gereg.

[caption id="attachment_133480" align="alignnone" width="600"]xx Jonathan Boynton-Lee sê hy beskou ’n maaltyd altyd as ’n ondervinding.[/caption]

’n Lighartige stemming heers terwyl die beoordelaars en sjefs lag en gesels, maar dit droog vinnig op toe die nuwe uitklopuitdaging bekendgemaak word.

Twee sjefs se humeure vlam op toe ’n verwarring oor hul halfklaar geregte ontstaan. Terwyl sommige sjefs oor die vingers geraps word vir hul swak gebruik van tyd, is die gasbeoordelaar, Jonathan Boynton-Lee, SABC3 se Top Billing-aanbieder, sjarmant en betowerend by die beoordelaarstafel.

Ouparazzi20160621_0040

Lees ook: Top Chef SA: Wie is goed en soet genoeg om te bly?

In sy televisieloopbaan het hy al in die wêreld se toprestaurante geëet en hy sê vir die sjefs hy beskou ’n maaltyd as ’n ondervinding. Hy sit saam met Neill, Lesego en Lorna Maseko by die beoordelaarstafel.

Ouparazzi20160621_0114

Wie gaan hul messe moet pak en huis toe gaan? Skakel in op SABC3 om 20:00 op Dinsdag 9 Augustus om die aksie te sien.

Verlede week het Lebogang Mpuang, ’n sjef en koskonsultant van Gauteng, nie die mas opgekom met haar teetydgebak nie. Sy was die vierde sjef wat afgestem is.

Die 10 sjefs wat nog aan die kook is, is:

Devin Gregory Hogan, hoofsjef en eienaar van Smak Delicatessen & Restaurant in Kaapstad;

Annemarie Robertson, uitvoerende sjef by Burrata, Bocca & Open Door in Constantia, Kaapstad;

Hezron Louw, mede-eienaar en sjef by die Sumting Fresh Food Bus en Gourmet Street Food Company;

Martine Christian, uitvoerende sjef by Escondido Tapas in Johannesburg;

Thembo Tebogo Buwati, sous sjef by La Mouette in Kaapstad;

Ayabonga Gope, wat by The Deck House in Kaapstad werk;

Sachin Gosai, hoofsjef by The National in Parktown North, Johannesburg;

Phillip Nel, chef de partie by Rust en Vrede by Stellenbosch;

Kim Crystal Clement, eienaar van Urban Eatery en Central Pizza in Pretoria;

Linda Nirina Mazibuko, mede-eienaars van Blackcurrant Food Concepts, ’n geleentheids- en spysenierings-, konsultasie- en opleidingsmaatskappy.

Kykers kan die program op sosiale media volg by:

Facebook : TopChef SA

Instagram : @topchefsa

Twitter: @TopChefSA

#SABC3TopChefSA