PROMOSIE

[caption id="attachment_132465" align="alignnone" width="600"]Nou raak dinge vuurwarm in die kombuis! Nou raak dinge vuurwarm in die Top Chef-kombuis![/caption]

Top Chef SA is reeds baie gewild by kykers oor die land heen. Twee sjefs het al gehoor hulle moet hul messe pak en huis toe gaan; 12 kook nog vir die gesogte titel, maar 11 sal ook nog dié gevreesde woorde hoor.

Vandeesweek se gasbeoordelaar is Sinazo Yolwa, Suid-Afrikaanse model, aktrise, seremoniemeester en aanbieder van RGB, ’n glans-TV-skinderprogram op SABC1.

Ouparazzi20160616_0176

As gasbeoordeelaar gaan sy die beoordelaars Neill Anthony, Lesego Semenya en Lorna Maseko die uitklopuitdaging help beoordeel.

Lees ook: Dinge gaan warm raak! Top Chef se eerste Suid-Afrikaanse seisoen skop af

Elke span van vier sjefs gaan saamwerk om ’n viergangete binne drie uur te berei. Die beoordelaars sal kyk of die vier gange op elke spyskaart goed by mekaar pas.

Ouparazzi20160616_0289
Watter span sal die beste gereg voorsit en wie sal volgende huis toe gaan?

Kyk Top Chef SA Dinsdag om 20:00 om uit te vind!

What was your highlight on the show this week? #TopChefSA

A video posted by @topchefsa on

Die 12 sjefs wat nog aan die kook is, is:

Devin Gregory Hogan, hoofsjef en eienaar van Smak Delicatessen & Restaurant in Kaapstad;

Annemarie Robertson, uitvoerende sjef by Burrata, Bocca & Open Door in Constantia, Kaapstad;

Hezron Louw, mede-eienaar en sjef by die Sumting Fresh Food Bus en Gourmet Street Food Company;

Martine Christian, uitvoerende sjef by Escondido Tapas in Johannesburg;

Thembo Tebogo Buwati, sous sjef by La Mouette in Kaapstad;

Ayabonga Gope, wat by The Deck House in Kaapstad werk;

Sachin Gosai, hoofsjef by The National in Parktown North, Johannesburg;

Phillip Nel, chef de partie by Rust en Vrede by Stellenbosch;

Paddy Khuele, sjef by Thrive Café in Vilikazistraat, Soweto;

Kim Crystal Clement, eienaar van Urban Eatery en Central Pizza in Pretoria;

Lebogang Mpuang en Linda Nirina Mazibuko, mede-eienaars van Blackcurrant Food Concepts, ’n geleentheids- en spysenierings-, konsultasie- en opleidingsmaatskappy.

Kykers kan die program op sosiale media volg by:

Facebook : TopChef SA

Instagram : @topchefsa

Twitter: @TopChefSA

#SABC3TopChefSA