Dié lekker werklikheidsreeks vang al die glans en opwinding vas in die aanloop tot die 56ste Mej. Suid-Afrika-skouspel wat op Sondag 30 Maart in Sun City plaasvind. So word die kykers bekendgestel aan die 12 finaliste wat om die kroon meeding.

Sun International bied Mej. Suid-Afrika aan en Cell C borg dit.

[video width="1024" height="576" mp4="http://www.huisgenoot.com/wp-content/uploads/2014/02/Miss-SA_01_Title_11.mp4"][/video]

Aflewering een: 26 Januarie, 17:30

Die aanbieder Elana Afrika-Bredenkamp begin die program deur met gewese Mej. Suid-Afrika-titelhouers te gesels oor hoe dit gevoel het om te wen. Die program bied ’n blik op die streeksuitdunne in Johannesburg en Kaapstad. Kykers kry kans om die senuagtige deelnemers te ontmoet en te hoor hoe hulle daaroor voel om aan die gesogte wedstryd deel te neem. Daar is ook onderhoude met die drie beoordelaars: die radio- en TV-persoonlikheid  Anele Mdoda, wat ’n tweede keer haar lyf beoordelaar hou, die internasionale DJ en opnamekunstenaar Nkosinathi Innocent Maphumelo, beter bekend as Black Coffee, en die tydskrifredakteur Pnina Fenster. Black Coffee het sedertdien as ’n beoordelaar onttrek, want hy is familie van een van die semifinaliste.

Aflewering twee: 2 Februarie, 17:30

Die spanning loop op toe 33 12 word. Die semifinaliste woon ’n reeks slypskole en seminare by voor hulle weer voor die beoordelaars verskyn. Dis hartseer vir party en vreugde vir ander terwyl die deelnemers tot die top 12 uitgedun word. Die verheugde finaliste kry dan koers na die Mej. Suid-Afrika-kamp.

Episode drie: 9 Februarie, 17:30

Die top-12 pak hul eerste uitdaging aan: ’n fotosessie saans, en om dit deftig uitgevat in die reën reg te kry om terug te kom. Dié opwindende uitdaging vind by die Laerskool Borite naby Sun City plaas, een van Sun International se CSI-projekte, waar die deelnemers vir die klas oor die insekwêreld moet leer. Hulle moet ook die leerders in vyf tale groet, hulle in Engels onderrig en ’n skoollied saam met hulle sing. Dis vir al die betrokkenes ’n leerervaring, veral toe een van die goggas ontsnap . . .

Aflewering vier: 16 Februarie, 17:30

Die kompetisie raak warm in die kombuise van Sun City. Die 12 finaliste word in twee spanne verdeel wat meeding met pannekoeke omdraai (wat ’n paar mislukkings oplewer) en kolwyntjies bak. Die kos word by die Thari Mmelegi-weeshuis uitgedeel. Daar bring die deelnemers ’n emosionele middag deur terwyl hulle met die kinders bande smee, veral wanneer een ’n gedig voorlees wat hy geskryf het. Later ding hulle by die Valley of the Waves teen mekaar mee in strandspeletjies en ’n hoelahoep-kompetisie.

Aflewering vyf: 23 Februarie, 17:30

Die finaliste maak ’n draai in die ikoniese amfiteater waar hulle op ’n loopplank met ’n verskil moet lyf wys. Die finaliste toon hul modelleervaardighede in ontwerpersrokke terwyl hulle in gietende reën op die loopplank stap. Die bekende choreograaf Somizi Mhlongho wys vir hulle ’n paar danspassies wat hulle later in ’n videospeletjie-uitdaging moet naboots.

Aflewering ses: 2 Maart, 17:30

Leotards en beenkouse is terug toe die meisies in retro-fiksheid opgelei word. Hulle moet ook mooi trap toe hulle aan ’n epiese mode-uitdaging deelneem. Die top-12 is almal geesdriftig oor fiksheid en hul vaardigheid word in hierdie uitdaging getoets. Die fiksheidsinstrukteur Stacey Holland begelei die meisies deur ’n reeks roetines wat Jane Jonda sal trots maak.

Aflewering sewe: 9 Maart, 17:30

’n Safaririt met ’n kinkel en ’n modefotosessie met ’n paar baie spesiale gaste kom aan die beurt. Die top-12 weet alles oor die aanwend van grimering in die stilte van ’n slaapkamer of ateljee. Maar kan hulle dit doen sonder om ’n gemors te maak terwyl hulle in die die Letsatsing-wildpark op ’n stamperige wildrit in die veld is? Nog ’n uitdaging behels dat ’n foto geneem word terwyl hulle in ’n pragtige ontwerpersrok geklee is en ’n eksotiese roofvoël vashou.

Aflewering agt, 16 Maart, 17:30

Die deelnemers vertrek na hul slotuitdaging op die stel van ’n Cell C-advertensie en moet hul vaardighede op ’n gholfbaan toets. Die meisies maak ’n swaai of twee om ’n bal uit ’n moeilike situasie te kry en party toon ’n aanvoeling vir die sport. In ’n ander uitdaging word die deelnemers se vermoë getoets om soos ’n ware kenner ’n paar reëls vir ’n TV-advertensie vir die selfoondiensverskaffer Cell C te sê. Cell C is die borg van die Mej. Suid-Afrika-wedstryd.

Aflewering nege, 23 Maart, 17:30

Hierdie aflewering bied ’n blik op die onvergeetlikste oomblikke van The Road to Miss South Africa. Dit is die laaste aflewering voor die Mej. Suid-Afrika-eindstryd op Sondag 30 Maart. Kykers sal die hoogtepunte van die onderskeie uitdagings sien en ’n oorsig van die finaliste.

Mej. Suid-Afrika-skouspel 30 Maart, 17:30

Skakel op Sondag 30 Maart om halfses op Mzansi Magic in om uit te vind wie word as Mej. Suid-Afrika 2014 gekroon.