PROMOSIE

Sy is ’n waardige ambassadeur vir dié handelsmerk en haar filosofie is: Daar is geen reëls vir veroudering nie.

A3 Helena Christensen POSTER AFRIKAANS-1

“Dit gaan oor gesond leef, getrou bly aan jouself en ’n tydlose styl. Ek wil nie hê enige vrou moet voel ouderdom lê haar aan bande nie. Dis hoekom Nimue Skin Technology tot my spreek. Die handelsmerk is outentiek en kom sy beloftes na. My gunsteling-velsorgproduk is die Nimue Skin Super Hydrating gesigmasker – dit herstel en verjong my vel – dit is onmisbaar in my besige lewe."

Helena volg ’n “ouderdomlose” benadering tot die lewe, wat insluit om besig te wees, in kontak te bly en die belangrike dinge in haar lewe te koester. Om by Helena se besige lewe in te pas, help Nimue Skin Technology haar om sigbare resultate te kry deur ’n wetenskaplik en internasionaal erkende velsorgreeks.

Haar top-skoonheidswenke is eenvoudig: 1. Behandel jou vel reg van binne af deur gesond te eet en genoeg oefening te kry. 2. Behandel jou vel reg van buite af deur Nimue Skin Technology se gehalteprodukte te gebruik. Sy gebruik die Nimue Skin Super Hydrating gesigmasker op die vliegtuig. Sy wend dit aan kort nadat die vliegtuig opgestyg het om haar vel vars te laat lyk en voel. Vir nog inligting oor Nimue Skin Technology produkte, besoek hul webwerf. SPESIALE AANBOD!

Om Helena se aanstelling te vier, het Nimue Skin Technology ’n baie spesiale aanbod op drie van Helena se gunstelingprodukte: koop ’n reinigingsgel en enige Nimue-gesigsmasker en kry ’n Vitamin C-vogsproei gratis.

Hierdie aanbod geld van 15 November 2016 tot 31 Januarie 2017.