Kyk ook: Rolene Strauss deel haar troufoto’s

Die huidige Mej. Suid-Afrika, Liesl Laurie, sal Saterdag by ’n glansryke geleentheid by Carnival City haar gesogte kroon aan die volgende titelhouer oorhandig wat die leisels vir 2016 oorneem.

Ingeval jy nog nie vertroud is met die 12 lieflike dames nie, hier’s ’n bietjie meer inligting oor hulle:

ELIZABETH MOLAPO (23) – BLOEMFONTEIN, VRYSTAAT

[caption id="attachment_120459" align="alignnone" width="601"]Foto: Verskaf Foto: Verskaf[/caption]

Elizabeth is ’n finalejaar BCom-student in Ekonomie aan die Universiteit van Vrystaat. Sy sê haar passie is die ontwikkeling, bemagtiging en bevordering van onafhanklikheid onder vroue, en voeg by dat sy gevorm is deur die gemeenskap waar sy grootgeword het, en hoop om ’n rolmodel te wees en as mentor op te tree. Elizabeth bewonder sterk, onafhanklike vroue soos Khanyi Dhlomo, ’n sakevrou wat ook ’n handelsmerk is. Haar boodskap aan meisies en jong vroue is: “Strewe na bemagtiging en onafhanklikheid, droom groot en besef jou droom is joune om ’n werklikheid van te maak.”

FELICIA MUWAYI (24) – NELSPRUIT, MPUMALANGA

[caption id="attachment_120460" align="alignnone" width="601"]Foto: Verskaf Foto: Verskaf[/caption]

Felicia is ’n produksiebestuurder by Red Pepper Pictures in Johannesburg. Sy glo Mej. Suid-Afrika gaan nie net oor glans nie, maar om te werk om verandering teweeg te bring. Felicia se rolmodelle sluit in haar pa, wie se dryfkrag om ’n beter lewe vir sy gesin te skep haar verstom en dankbaar laat, asook Winnie Madikizela-Mandela, wie se veerkragtigheid haar inspireer. In haar vrye tyd kyk Felicia sportkanale en neem video’s van haarself op om haar aan vaardighede as aspirerende sportaanbieder te slyp. Haar boodskap vir meisies en jong vroue is: “Jou ingesteldheid bepaal die uitkoms. Gaan uit, volhard en oorkom die struikelblokke.”

LUYOLO MNGONYAMA (24) – MTHATHA, OOS-KAAP

[caption id="attachment_120461" align="alignnone" width="602"]Foto: Verskaf Foto: Verskaf[/caption]

Luyolo is ’n derdejaar BA-student aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit in Port Elizabeth, met sielkunde en sosiologie as haar hoofvak. Sy is ook ’n onderhoudvoerder by die TB and HIV Care-vereniging en hoop om jong mense te inspireer om liefde te gee, liefdadigheidswerk te doen en ambisie te hê – sy wil haar platform as Mej. Suid-Afrika gebruik om dit te doen. Haar rolmodel is haar tannie, Nobuntu Mngonyama, wat sy beskryf as ’n “Godvresende vrou wat met niks grootgeword het nie, en ’n sukses van haar lewe gemaak het wat sy nou met ander deel”. Luyolo brei graag in haar vrye tyd. Haar boodskap aan meisies en jong vroue is: “Dis jou houding, nie jou vermoëns wat bepaal watter hoogtes jy bereik. Jou situasie of rykdom bepaal nie sukses nie – jou houding doen dit.”

MARCIEL HOPKINS (22) – PAARL, WES-KAAP

marcielle

Marciel is ’n honneurstudent in sielkunde van Stellenbosch. Sy wil Mej. Suid-Afrika word sodat sy by opvoeding betrokke kan raak waar sy op die ontwikkeling van vaardighede wil fokus. Sterk vroue soos Angelina Jolie en Caster Semenya inspireer haar. Sy hou van hardloop en lees in haar vrye tyd. Haar boodskap aan jong vroue is: “Moet nooit toelaat dat mense jou uit jou drome praat nie. Jy het ’n doel gehad voor enigeen ’n opinie gehad het. As jy iets wil hê, laat dit gebeur. Moet nooit jouself beperk deur ander se oortuigings nie.”

MIKAELA OOSTHUIZEN (20) – PORT ELIZABETH, OOS-KAAP

[caption id="attachment_120463" align="alignnone" width="600"]Foto: Verskaf Foto: Verskaf[/caption]

Mikaela Oosthuizen is ’n tweedejaar BA Media-student. Mej. Wêreld Rolene Strauss inspireer haar en sy wil haar platform as Mej. Suid-Afrika gebruik om die belangrikheid van opvoeding vir alle Suid-Afrikaners te bevorder. Sy het ’n kragtige boodskap vir jong vroue: “Jy kan nie optree soos goedkoop plakkies en verwag om soos ’n duur Louis Vuitton item behandel te word nie. Heg waarde aan jouself, voed jouself op en moenie dat enigeen jou op ’n verkleinerende wyse behandel nie.” Die een ding wat sy glad nie kan doen nie, is fietsry. Andersins is daar geen perke nie en sy glo met harde werk is enigiets moontlik.

NTANDOYENKOSI KUNENE (23) – MKHONDO, MPUMALANGA

[caption id="attachment_120464" align="alignnone" width="601"]Foto: Verskaf Foto: Verskaf[/caption]

Ntandoyenkosi is ’n honneurstudent in opvoedkunde aan die Universiteit van Witwatersrand. Nes die vroue wat die afgelope 50 jaar aan Mej. SA deelgeneem het, wil sy ’n merkbare verskil maak aan die samelewing waarin sy woon. Professor Mamokgethi Phakeng, die eerste swart vrou wat ’n doktorsgraad in wiskunde-opvoeding behaal het en ook die stigting Adopt-A-Learner bestuur, inspireer haar. In haar vrye tyd hou sy van fliek of om “my vriendinne” vir ’n lekker ete te ontmoet. Haar boodskap aan meisies en jong vroue is: “Meeste vroue behaal sukses ten spyte van struikelblokke. Begin om jou eie verhaal te skryf.

REABETSWE SECHOARO (21) – PRETORIA-OOS, GAUTENG

[caption id="attachment_120466" align="alignnone" width="602"]Foto: Verskaf Foto: Verskaf[/caption]

Reabetswe is ’n tweedejaarstudent in B.Com.-rekeningkundewetenskap aan Unisa en ’n model. Sy meen die vrou wat die kans kry om die Mej. SA-kroon te dra, het die platform om ’n verskil te maak in die lewe van die kwesbaarstes. Coco Chanel, wat gesê het “Om onvervangbaar te wees, moet jy altyd anders wees”, is Reabetswe se rolmodel. In haar vrye tyd, doen sy Pilates en spin. Haar boodskap aan meisies en jong vrou is: “Ons moet verenig staan en nie mekaar probeer aftrek nie. As ons mekaar aanmoedig, kan ons ons potensiaal bereik.”

RONETTE CHAMBERS (27) – KAAPSTAD, WES-KAAP

[caption id="attachment_120467" align="alignnone" width="598"]Foto: Verskaf Foto: Verskaf[/caption]

Ronette Chambers van Kaapstad is ’n internasioanle televisie-aanbieder (mede-aanbieder van die Capgemini Super Techies Show, Season 3 Mumbai India/Paris France). Sy is ook die stigersdirekteur by die Touch of Life International Foundation, ’n nieregeringsorganisasie wat as ’n mediese fonds vir gestremde, kwesbare en weeskinders optree. Sy is ook in haar tweede jaar van ’n B.Com.-regsgraad deur Unisa. Sy sou graag die Mej. SA-titel wou gebruik as ’n dryfveer vir verandering deur vennootskappe met nieregeringsorganisasies wat humanitêre uitdagings in Suid-Afrika aanpak. Haar rolmodel is haar ma “wat altyd getrou aan haarself bly”. Sy bring graag haar vrye tyd op die strand deur. Haar boodskap aan meisies en jong vroue: “Jy het hierdie lewe gekry om ’n doel te dien. Jou drome is uniek ontwerp om by jou lewe te pas.”

SARAH BOTES (22) – VANDERBIJLPARK, GAUTENG

sarah botes

Sarah, ’n B.Com-honneursstudent in bedryfsielkunde aan Unisa, wil bydra tot die skoonheidskompetisie se nalatenskap van skoonheid met ’n doel en ’n stem vir die stemloses wees. Sarah se rolmodel is die gerekende sakevrou, Maria Ramos, want “haar getuienis testimony inspireer my om dapper te wees en groot te droom.” Sarah sou Trevor Noah graag wou ontmoet – sy dink hy is sjarmant, snaaks en mense vind byval by hom. In haar vrye tyd gaan eet sy graag soesji of luister na “enigiets van Taylor Swift tot Chris Brown.” Haar boodskdap aan meisies en jong vroue: “Ons hardloop nie teen mekaar nie; ons hardloop die wedren saam. Dis tyd dat ons mekaar begin vier en aanmoedig.”

SCHANÉ VENTER (23) – ALBERTON, GAUTENG

[caption id="attachment_120469" align="alignnone" width="601"]Foto: Verskaf Foto: Verskaf[/caption]

Schané, ’n produksie-assistent by ’n digitale bemarkingsagentskap, glo sy kan jong vroue inspireer om hul drome te leef en glo enigiets moontlik is as mens hard genoeg werk. Lede van haar familie en Rolene Strauss inspireer haar. Sy is ’n cappuccino-liefhebber wat ook graag plaaslike markte beproef. Sy glo in vandag se samelewing is dit baie maklik om in die strik te trap van foutloos te moet wees en jong vroue moet besef ’n “foutlose lewe” is nie volhoubaar nie. Jy moet eerder die beste weergawe van jouself wees.

SHARON-ROSE KHUMALO (24) – PRETORIA, GAUTENG

[caption id="attachment_120470" align="alignnone" width="600"]Foto: Verskaf Foto: Verskaf[/caption]

Sharon-Rose, ’n vrywilliger-tutor en mededirekteur by Team Matric, wil die Mej. SA-platform gebruik om jong mans en vroue te inspirieer om “nie slagoffers van omstandighede te word nie, maar eerder oorwinnaars”. Haar rolmodelle is haar ma, vir krag en onafhanklikheid, en haar pa, wat haar geleer het hoe belangrik ’n goeie karakter is. Sharon-Rose het ’n groentetuin waarin sy al haar vrye tyd deurbring. Sy teken en skilder ook en maak muurskilderye van mosaïek. Sy sou die minister van opvoeding, Angie Motshekga, graag wou ontmoet “om te praat oor hoe ek kan help om die jeug raad te gee om die regte keuses te maak”. Haar boodskap aan meisies en jong vroue is: Jy is pragtig, slim en genoeg nes jy is. Wat jy van jouself dink, maak meer saak as wat enigiemand anders oor jou sê.

TAYLA SKYE ROBINSON (21) – ROODEPOORT, GAUTENG

[caption id="attachment_120471" align="alignnone" width="600"]Foto: Verskaf Foto: Verskaf[/caption]

Tayla Skye, ’n honneursstudent in bemarking aan die Universiteit van Pretoria, en ’n balletafrigter, is dol oor die feit dat die vrou wat die kroon dra ’n ambassadeur vir Suid-Afrika en ’n rolmodel sal wees. Haar inspirasie is die sakevrou Maria Ramos, volgens Tayla Skye ’n uitstekende voorbeeld van die sêding “niks is onmoontlik nie”. Sy sê sy bewonder vroue wat hul lewe aan harde werk wy met die oogmerk om hul doelwit te bereik. Tayla Skye geniet dansklasse in haar vrye tyd. Sy leer ook musiek vervaardig op rekenaarsagterware. Haar boodskap aan meisies en jong vroue: “Mooi wees begin van binne. Moenie dat die samelewing of media beïnvloed hoe jy oor jouself voel nie. Omarm jou natuurlike skoonheid.”

? Die Mej. SA-kroningseremonie word Saterdag van 17:00 op M-Net en Mzanzi Magic uitgesaai (Dstv-kanaal 101 en 161).

– Shanaaz Prince

Ander stories op huisgenoot.com:

Oe-la-la! Madonna se pragtige dogter hou haar lyf model

Man stel aanlyn profiel as vrou op, met skokkende gevolge

‘Ek hou jou dop!’: Man vind onheilspellende 15 jaar oue boodskap in sy kaggel

Almal se gunsteling-‘prinses’ binnekort weer op die silwerdoek