PROMOSIE

Hou erfenis lewend vir almal

Die !Ae!Hai Kalahari-erfenispark-ooreenkoms het tot die oordrag van 58 000 ha van die Kgalagadi-oorgrenspark van Sanparke, asook 43 000 ha grond na die ‡Khomani San- en Mier-gemeenskappe gelei.

Jag kamp06

Die ‡Khomani San-gemeenskap het toe die Erin wildplaas ontwikkel om ’n volhoubare inkomste, wat werksgeleenthede vir die gemeenskap insluit sowel as ekonomiese groei binne die gemeenskap aanwakker.

20150731_170234

Het jy geweet?

  • Sanparke het 754 diere aan die Erin-wildplaas geskenk.
  • Die Erin-wildplaas sal op sy beurt volhoubare inkomste vir die gemeenskap skep.

20160625_120112

Hierdie projek wys plaaslike gemeenskappe kan floreer en groei deur die volhoubare gebruik en deeglike bestuur van die wildekonomie. Bewaring beskerm nie net die omgewing nie; dit skep ook werk en bevorder ekonomiese groei wat tot almal te voordeel is.

Die skep van volhoubare inkomste deur grondhervorming

Die Nambiti Privaat Wildplaas buite Ladysmith in KwaZulu-Natal is ’n welvarende wildplaas wat wys hoe grondhervorming, ekotoerisme en ekonomiese groei hand aan hand gaan.

IMG_7742

In 2000 was die plaas van 22 000 ha ’n versameling beesplase wat met uitheemse plantegroei bedek was. Vandag bevat die plaas die Groot Vyf, hulle het ryk en biodiverse ekostelsels en die omliggende gemeenskap vind baat by die innoverende grondhervormingsproses.

In 2007 het die gemeenskap hul grondeis ingedien. Die nuwe eienaar, wat die plaas in 2000 gekoop het, het met die gemeenskap saamgewerk om ’n ooreenkoms uit te werk wat tot albei partye se voordeel sou strek.

Die Senzo’kuhle Nkos’uNodada-gemeenskaplike trust besit nou die grond en hulle werk saam met die reservaatbestuur om die reservaat, wat jaarliks 70 000 besoekers kry, te bedryf. Nambiti word deur die Departement van Omgewingsake en die provinsiale Ezemvelo KZN Wildlife gesteun.

Die Senzo’kuhle Nkos’uNodada-gemeenskaplike trust met 136 begunstigdes is die produk van hierdie samewerking. Die trust besit nou die grond en die reservaatbestuursmaatskappy huur die grond by die trust.

Nambiti het floreer omdat ekotoerisme wat werkskepping teweegbring, nog altyd ’n prioriteit hier was. Die passie vir wild word gebalanseer deur die begrip dat volhoubare bewaring die produk is van samewerking van die omliggende gemeenskappe en insette tot plaaslike ekonomiese ontwikkeling.

Voor die reservaat gestig is, het net 19 mense in die Ladysmith-gemeenskap werk gehad, en vandag word meer as 250 mense deur die reservaat in diens geneem, wat wys hoe bewaring ekonomiese groei en werkskepping bewerkstellig.

Hierdie projekte bewys die skepping van volhoubare inkomste is vir plaaslike gemeenskappe net so voordelig soos vir flora en fauna.

Om nog uit te vind, besoek die projek se webtuiste, of volg hulle in die sosiale media op Facebook en Twitter.

logo