PROMOSIE

Dit is moeilik en beperkend om net een ontbytgraan te kies. Ons wil almal die dag goed begin met ’n smaaklike ontbyt en ’n beker koffie of tee. Dit is immers die belangrikste maaltyd van die dag.

As jy by die ontbyttafel aansit, is daar so baie om van te kies. Met ’n heerlike granola-resep wat vier kraaklekker ontbytgrane insluit, hoef jy nie met net een tevrede te wees nie. Dit het ’n klomp ander bestanddele wat tot die gesondheidsvoordele van kaneel-en-heuning-granola bydra. Boonop is dit ’n uitstekende manier om jou dag op ’n hoë noot te begin.

Ontbyt lyk nou sommer splinternuut met heerlike resepte en voorsitvoorstelle. Daar is baie maniere om jou dag met Kellogg’s te begin. Hoe maak jy seker daar is lekkerkry in jou wakkerkry? Hoe maak jy jou ontbyttafel anders? Laai jou resep op by shakeupyourwakeup.co.za en kry ander Kellogg’s-liefhebbers se resepte. Van Mei tot November gaan vier resepte elke maand beloon word met koopbewyse van R1 000 wat by enige winkel ingespan kan word! KANEEL-EN-HEUNING-GRANOLA

Heuning gee die soetigheid in hierdie kraaklekker granola met ’n tikkie kaneel.

LEWER SOWAT 1 kg.

BESTANDDELE

100 g elk Kellogg’s Rice Krispies, Kellogg’s Corn Flakes, Kellogg’s All-Bran en Kellogg’s Special K

150 g pekanneute of kasjoeneute (of gemengde neute)

50 g sesamsaad

100 g elk sonneblom- en pampoensaad

125 ml (½ k) olie

250 ml (1 k) heuning

50 g bruinsuiker

3 ml (opgehoopte ½ t) fyngemaalde kaneel

METODE

1. Voorverhit die oond tot 160 °C.

2. Meng die ontbytgraankosse en die neute en sade.

3. Meng die olie, heuning, suiker en kaneel met 125 ml (½ k) water in ’n kastrol en bring tot kookpunt, roer tot die suiker gesmelt is.

4. Gooi die heuningmengsel oor die droë bestanddele en meng goed. Versprei dit eweredig op bakplate en bak 40-60 min., draai gereeld.

5. Bak tot die granola goudbruin is. Skakel die oond af en laat die granola in die oond uitdroog.

6. Laat afkoel en berg in lugdigte houers.

7. Sit voor met vars vrugte soos bessies, piesang of lemoene en melk, amandelmelk of rysmelk.