PROMOSIE

’n Mens sal dink in vandag se moderne tyd sal jong meisies gemaklik wees om oor vrouwees en spesifiek menstruasie te gesels. Dit blyk egter dat hierdie onderwerpe steeds onder die Afrikaanse gemeenskap as taboe geag word en boonop veroorsaak dat duisende meisies ly.

Tydens Vrouemaand het Solidariteit Helpende Hand weer bewustheid geskep oor die probleem dat talle meisies skool mis vanweë ’n tekort aan sanitêre ware en ook te skaam is om vir hulp te vra.

Helpende Hand se navorsing wys dat 49% van skoolmeisies nie gemaklik is om die onderwerp van menstruasie met hulle skoolmaats te bespreek nie, nie eens gepraat van onderwyseresse of skoolpersoneel nie. Hierdie navorsing, wat spesifiek gedoen is onder Afrikaanse skole, toon dat meer as 10% van die meisies meen dat hulle nie genoeg sanitêre produkte vir ’n maand het nie. ’n Verdere 7% het aangedui dat hulle skool mis vanweë ’n tekort aan hierdie produkte.

In gesprekke met personeel by skole het hulle bevestig dat, alhoewel skole ekstra voorraad vir noodgevalle het, is meisies te skaam om vir hulp te vra en hulle hul alternatiewe planne maak. “Ons het gevind dat van die meisies koerantpapier, toiletpapier en selfs gras gebruik in die plek van sanitêre ware.”

Na hierdie skokkende terugvoer is die #HelpHanna projek in Augustus 2015 geloods. Sedertdien word meer as 3700 meisies regoor die land ondersteun. “Hierdie is meer as net ondersteuning, die projek wil waardigheid aan die meisies herstel en belê in hulle onderrig,” meen Michellé Burger projekorganiseerder van die #HelpHanna-projek. “Die projek het ook bevestig dat hierdie probleem nie in vêrafgeleë gemeenskappe is nie, maar in ons eie gemeenskap en in ons kinders se skole.”

Solidariteit Helpende HandSolidariteit Helpende Hand

HOE KAN JY HELP?

  • SMS “Help Hanna” na 38840 en dra by tot ’n Hanna-pakkie.(SMS’e kos R10)
  • Skenk ’n Hanna-pakkie vir R50 op www.helphanna.co.za