PROMOSIE

huisgenoot1

Die Duitse Engelsrufer-reeks bied jou die geleentheid om jou eie halssnoer te versier met ’n hangertje wat vir jou spesiaal is.

Hierdie pragtige hoëgehalte-halssnoerhouers is met sorg geskep. Dis gemaak van .925 sterlingsilwer wat met rodium, 18 kt.- of roosgoud oorgeblaas is.

hg-sarie1

Elke balletjie het ’n unieke, subtiele klank en die delikate gebeier van die Engelsrufer ontbied jou engel na jou sy om jou teen alle gevaar te beskerm. Die klankballetjies kan afsonderlik gekoop en omgeruil word.

huisgenoot3

Engelsrufer-hangertjies is in drie groottes en drie kleure beskikbaar: silwer, goud of oorgeblaas met roosgoud. Jy kan selfs ’n engelvlerkhangertjie byvoeg om jou halssnoer verder te verpersoonlik.

XMAS CAT EXTRACT PICS5

Die Duitse Engelsrufer-reeks dien as ’n gelukbringersimbool aan geliefdes om hulle hul engel te help vind. Hulle kan selfs daarop vertrou vir beskerming. Dis dus ’n pragtige geskenk vir spesiale geleenthede.

In die houertjie is ’n handgemaakte, vervangbare klankballetjie. Die balletjies is in talle kleure beskikbaar en elkeen het ’n spesiale betekenis.

XMAS CAT EXTRACT PICS1

Wit dui op briljante volmaaktheid, onskuld en reinheid, swart domineer lig en is geheimsinnig en elegant, groen verteenwoordig hoop, gesondheid, balans en eerlikheid en rooi is ’n simbool van krag, vuur, passie en liefde.

Kies jou kleur versigtig sodat jy jou engel kan kry om na al jou geheime wense te luister.

engels-cover-450x600px-002

Besoek hul webtuiste om nog van hierdie besonderse reeks te sien, dit aanlyn te koop of jou naaste handelaar op te spoor.

Moenie vergeet om van Engelsrufer South Africa se Facebookblad te hou nie en volg hulle op Instagram by @engelsrufer_sa of met die hutswoord #engelsrufer_sa.