GEBORG DEUR AFRICAN EXTRACTS

Lyk en voel jonger met rooibos, die natuurlike produk vir beeldskone vel

Rooibos is bekend vir sy verjongende, strelende en genesende uitwerking op die vel. Dis ’n natuurlike produk wat gesonde vel bevorder en terselfdertyd beskerming bied teen omgewingsinvloede wat veroudering veroorsaak.

Baie navorsing is al gedoen oor die voordele van rooibos en skoonheidshuise wêreldwyd gebruik dit in hul velsorgprodukte. Lees verder om uit te vind hoekom rooibos jou jare jonger kan laat lyk.

Voorkom veroudering

Omgewingsfaktore soos die son, besoedeling, stres en ’n ongesonde dieet laat vrye radikale vorm, wat die gesonde selle in jou vel aanval en die vervaardiging van kollageen vertraag. Met die afbreek van kollageen verloor die vel sy fermheid, en plooie vorm. Die antioksidante, alfahidroksiesuur en sink in rooibos voorkom en herstel hierdie skade.

  • Antioksidante voorkom selbeskadiging
  • Sink is noodsaaklik vir velvernuwing
  • Natuurlike alfahidroksiesuur help plooie versag
  • Ryk aan ander vitamiene en minerale wat nodig is vir ’n gesonde vel

Verminder stres

Stres is ’n groot faktor in velveroudering. Hoe minder jy stres, hoe jonger lyk jy. Rooibos is kafeïenvry en verlaag die produksie van kortisol (streshormoon) in die liggaam, en daardeur verminder dit die uitwerking van stres op die liggaam.

Behandel slapeloosheid

Slaap speel 'n belangrike rol velvernuwing. Jou vel het rus nodig om jonk en gesond te lyk. Rooibos, wat kafeïenvry is, word aanbeveel vir diegene wat ly aan slapeloosheid, versteurde slaappatrone, hoofpyn, ligte depressie of spanning – alles aspekte wat gesonde slaap kan belemmer. Gebruik dus Rooibos vir ‘n heerlike nagrus en lyk jonger. Rooibos as Velsorgproduk Rooibosgebaseerde velsorgprodukte reinig die vel sonder om die natuurlike pH-balans te versteur of dehidrasie te veroorsaak. Ook reinig dit porieë deeglik van onsuiwerhede, wat verhoed dat die porieë verstop. Die antibakteriële eienskappe versnel ook die helingsproses van aknee en ander velprobleme. Rooibos is dus ’n wonderlike manier om jou vel op die natuurlike wyse te versorg en veroudering teen te werk.

African Extracts gee 'n velsorggeskenkpak ter waarde van R1 000 weg!  Kliek hier om in te skryf.

KLIEK HIER om meer uit te vind oor African Extracts of volg African Extracts op Facebook.

Bronne: vegkitchen.com, sarooibos.org.za, dollfacemagazine.com, homeremedyhacks.com