PROMOSIE

3kelloggs
Hoofbestanddeel van Kellogg’s: Kellogg’s Coco Pops LEWER 1 REGHOEKIGE TERT

KORS

750 ml (3 k) Kellogg’s Coco Pops-krummels (maak dit met ’n voedselverwerker)

3 ml (opgehoopte ½ t) kaneel

125 ml (½ k) gesmelte botter

VULSEL

150 g roomkaas

1 tin (400 g) pastei-appels, tot ’n puree verwerk

2 eiers, geklits

30 ml (2 e) heuning

kaneel vir bestuif

VIR VOORSIT (opsioneel)

50 g donkersjokolade, gesmelt

60 ml (¼ k) natuurlike volroomjogurt

Voorverhit die oond tot 180 °C.

1. KORS

Meng al die bestanddele vir die kors en druk dit in ’n reghoekige losboom-tertpan vas. Verkoel in die koelkas terwyl jy die vulsel maak.

2. VULSEL

Klits die roomkaas, appelpuree, eiers en heuning saam en skep in die kors. Bestuif met kaneel. Bak sowat 25 min. tot geset. Laat dit heeltemal afkoel en sny in skywe.

3. VIR VOORSIT

Roer die gesmelte sjokolade en jogurt saam tot ’n dik sous vorm. Sit voor saam met die tert.

Soek jy na nog lipleklekker-resepte soos hierdie een? Gaan loer by Kellogg's se Shake Up Your Wake Up-webwerf!

Het jy ’n resep wat jy graag wil deel? Skryf nou in en staan ’n kans om weekliks koopbewyse van R1 000 te wen!