Dis jóú aand, en jy kan nie ’n voetjie verkeerd sit in ’n pastelkleurige rok wat vir ’n prinses gemaak is nie. Voeg bykomstighede wat glinster en silwer hakke by vir ’n voorkoms wat uitgeknip is vir die groot skerm. Jou foto’s sal ook nie hul sterstatus verloor nie.

Pienk perfeksie

1.2_58 Sagte pienk is ’n betowerende keuse vir aanddrag, maar dis die romantiese eenskouer-detail en elegante drapering van dié rok wat die aandag steel. KLIK HIER om die rok by Spree te koop. Rond die voorkoms af met rooi lippe. Kry inspirasie hier...

Immergroen elegansie

1.7_34 Pastelkleure vir aanddrag gaan oor meer as net pers en pienk. Dié aandrok wat op die vloer swiep, val pragtig en skep ’n silhoeët wat tydloos én elegant is. KLIK HIER om die rok by Spree te koop. Voltooi jou voorkom met een van hierdie tydlose grimeertegnieke...

Metaal-muse

metaal muse

Dié asemrowende skouerlose rok met blinkertjies sal die kollig steel terwyl jy die aand omdans. Moenie wegskram van blinkstof net omdat jou rok metaal-detail het nie; beklemtoon dit eerder deur juweliersware en skoene met soortgelyke glinster te kies. KLIK HIER om die rok by Spree te koop.