PROMOSIE

Het jy geweet STAEDTLER is in 1831 begin? Dis byna 200 jaar se toewyding tot gehalte. Daarby het hulle ’n uitgebreide reeks produkte.

Klik deur dié reeks om te sien hoe baie STAEDTLER kinders, volwassenes en selfs beroepslui kan bied.

[post-slider]

Verbeel jou: Duitsland, 1831. ’n Nuwe maatskappy word gestig wat potlode, penne en skryfbehoeftes vervaardig.

Dis nou 185 jaar later en in 2016 is STAEDTLER een van die oudste nywerheidsfirmas in Duitsland. Dit word beskou as een van die wêreld se mees toonaangewende vervaardigers en verskaffers van skryf-, inkleur-, teken- en kreatiewe produkte.

STAEDTLER is die grootste vervaardiger van houtpotlode, OHP-penne, uitveërs, meganiese potloodpunte en modelleringsklei in Europa. Boonop het hulle ’n verskeidenheid produkte spesiaal vir kinders – van kleuters tot tieners. STAEDTLER-houtpotlode, -kryte en -waskryte is onontbeerlike items in enige kind se kuns- en kunsvlytvoorraad. Teken en inkleur het vele opvoedkundige voordele, maar bowenal is dit pret.

Kry hulle nou. Besoek STAEDTLER se webwerf vir meer inligting.