Die vraag is: presies hoe goed ken jy en jou geliefde mekaar?

Kom vind uit op ons splinternuwe TV-program waar jy ‘n paar rondtes speletjies moet speel.

En as julle wel die toets slaag, staan julle ‘n kans om R10 000 kontant te wen! Maar spring vinnig, die sluitingsdatum vir aansoeke is binnekort.

Alle paartjies is welkom! Stuur vir ons ‘n foto van julle en vertel in ‘n paragraaf of twee meer oor julself. Stuur alle inskrywings aan via@okuhle.co.za.

Die fynskrif:

  • Deelnemers moet Afrikaans kan praat.
  • Gebaseer in Kaapstad, so as julle van ver is, is die vervoer vir julle eie rekening.

AANSOEKE SLUIT 25 AUGUSTUS 2015