My Pretplaas, ‘n splinternuwe app gemik op kinders onder 7 jaar, is pas deur Huisgenoot, YOU en DRUM geloods.

Die gewilde plaaslike Jungle Beat-animasiereeks sal jou kleuter ure lank in die video-afdeling vermaak.

Volgens Minette Ferreira, hoof van Media24 Weeklikse Tydskrifte is hierdie app pasgemaak vir hul lesersmark met jong kinders wat behoeftig is aan opvoedkundige elektroniese inhoud.

“Ons het besef daar is ‘n tekort aan leersame inhoud aanlyn vir die ouderdomsgroep – en des te meer op mobiele platforms. Die rol van ons titels binne Suid-Afrikaanse huishoudings is om te vermaak maar ook om opvoedkundige inhoud toegangklik te maak. My Pretplaas voldoen aan al hierdie vereistes.” [post-slider]   Nog goeie nuus is dat jou kind al die inhoud in ‘n veilige omgewing kan geniet sonder dat hul aanlyn hoef te wees. Die app bevat ook geen advertensies of bemarkingsmateriaal nie. Alle verstellings aan opsies kan slegs met ’n wagwoord gedoen word. Laai die app gratis af op jou iPhone, iPad of Android-toestel, en kry toegang tot al die speletjies en sekere stories, liedjies en video’s. Vir ’n maandelikse intekenfooi van sowat R54,99 per maand vir iOS (afhangend van die wisselkoers) en R59,00 per maand vir Android word als ontsluit en kan jy uitsien na nuwe inhoud wat elke maand bygevoeg word. Sien jou vandag nog op My Pretplaas en kom speel saam met al ons geliefde karakters!

STAP 1 Laai die app af

STAP 2 Klik op byvoorbeeld Videos

  1. Jy sal verskeie blokkies sien, waaronder 'n paar met slotte bo-op illustrasies. Klik op een van hierdie met die slotte en jy sal deurgeneem word na die Inteken-inhoud
  2. Daar sal jy 'n kode (verskaf op skerm) inpons wat jou na 'n volgende skerm sal neem.
  3. Hier sal jy keuses kan uitoefen rondom verskillende inteken-opsies waar jy met jou kredietkaart of deur PayUWallet dit kan aktiveer.

Vind ons op sosiale media