ntandoyenkosi

Die skoonheid van Ntandoyenkosi het Saterdagaand die gesogte titel gewen in die eindronde van die Mej. Suid-Afrika-kompetisie by Carnival City in Johannesburg. Sy het 11 ander hoopvolles uitgestof in die oë van die beoordelaars Kojo Baffoe, Sophie Ndaba, Casper Bosman en Pnina Fenster.

Kyk ook: Rolene Strauss deel haar troufoto’s

Die afgelope paar maande het die meisies aan slypskole en ontmoet-en-groet-geleenthede deelgeneem en verskeie ander verskynings gemaak ter voorbereiding van die groot dag.

Elizabeth Molapo en Tayla Skye Robinson is as onderskeidelik eerste en tweede prinses aangewys.

Ntandoyenkosi sal die take oorneem by Liesl, wat in haar jaar as Mej. Suid-Afrika ook die Mej. Wêreld Afrika-titel verower het. Die pligte is onder meer toegang tot R200 000 om tydens haar jaar as Mej. Suid-Afrika vir liefdadigheid aan te wend, geborg deur Cell C en Sun International, en Varsity College het ’n volledige beurs van R240 000 geskenk wat Ntandoyenkosi aan ’n verdienstelike aspirantstudent kan gee en 10 beurse van R20 000 vir vroulike volwasse leerlinge om deeltyds te studeer.

’n Kroon en ’n nuwe posbeskrywing is nie al wat Ntandoyenkosi het nie. As die wenner stap sy weg met pryse van meer as R2 miljoen, onder meer ’n Nissan Duke, ’n internasionale vakansie van sewe nagte en kontant.

Huisgenoot sal Sondagoggend met Ntandoyenkosi gesels – ons sal jou op hoogte hou.

– Shanaaz Prince

Ander stories op Huisgenoot.com

Hallo daar Richard Tiffany Gere: Dié bekendes het die vreemdste middelname denkbaar

Kyk: Dale Steyn deel stout selfie!

Kyk: Emosionele oomblik toe tiener ontvanger van haar wyle broer se hart ontmoet

Oe-la-la! Madonna se pragtige dogter hou haar lyf model

Man stel aanlyn profiel as vrou op, met skokkende gevolge

‘Ek hou jou dop!’: Man vind onheilspellende 15 jaar oue boodskap in sy kaggel

Almal se gunsteling-‘prinses’ binnekort weer op die silwerdoek