Besoek vyf lande in 10 dae. Ontdek die bekende brûe, katedrale, klipstrate en kastele terwyl jy deur die hoofstede van Sentraal-Europa wandel.


Geniet boheemse Praag, die eklektiese Slowaakse hoofstad, Bratislava, en die pragtige Donaurivier se koninklike stede, Wene en Boedapest, waar jy saam met ’n plaaslike gesin kan eet en alles hoor oor hul hartroerende reddingspoging tydens die Tweede Wêreldoorlog.

REISOORSIG:

  • Nege nagte
  • Hotelverbyf
  • Veertien maaltye
  • BBP-besigtigingstoere
  • Toervervoer

DAG 1
AANKOMS IN MÜNCHEN

Welkom in München, hoofstad van Bavaria, waar jy in die Sheraton Munich Westpark Hotel tuisgaan. Besigtig tydens jou oriënteringstoer die Marienplatz, met die fassinerende glockenspiel, en geniet die aand die verwelkomingsonthaal saam met jou reisgenote en toerdirekteur. 

DAG 2
MÜNCHEN – REGENSBURG – PRAAG (TWEE NAGTE)

Besoek Regensburg, ’n ongerepte juweel, die oggend voor jy vertrek na die Tsjeggiese Republiek. Steek die grens oor na opwindende Praag, jou tuiste vir twee nagte. Een van die aande geniet jy en jou reisgenote ’n ete in ’n plaaslike restaurant. Julle oornag in die Andels by Vienna House, waar jy die volgende oggend aan ’n buffet-ontbyt kan weglê. 

DAG 3
BESIGTIGING IN PRAAG
Die stad floreer sedert die val van Kommunisme en op jou begeleide besigtigingstoer kan jy die nuutgevonde status en rykdom aanskou. Sien die indrukwekkende St. Vitus-katedraal op die perseel van die 1 000 jaar oue Praag-kasteel. Steek die rivier oor na die Oudorpsplein om die astronomiese klok te sien. Die middag kan jy doen net wat jy wil; verken die stad op jou eie of gaan dalk op ’n rustige middagetebootreis op die Vitavarivier.

DAG 4
PRAAG – BRATISLAVA – BOEDAPEST (TWEE NAGTE)
Besoek die Slowaakse hoofstad met sy eklektiese Gotiese, Barok- en Art Deco-argitektuur. Dan gaan jy Hongarye binne en besoek Boedapest. Die aand sal daar tyd vir wees ’n vaart op die Donau voor jy teruggaan na die Novotel Donau-hotel, waar ’n smaaklike buffet-ontbyt die volgende oggend voorgesit sal word. 

DAG 5
BESIGTIGING IN BOEDAPEST
’n Plaaslike kenner sal jou die besienswaardighede wys, soos die uitsig van die Kettingbrug, die Kasteelheuweldistrik (’n Wêrelderfenisgebied) en die Vissersvesting, van waar ’n mens uitsonderlike uitsigte oor die parlement en die Donau het. Die aand kan jy aansit vir ’n spesiale “Be My Guest”-ete met Hongaarse spesialiteitsgeregte. 

DAG 6
BOEDAPEST – GYOR – WENE (TWEE NAGTE)
Voor jy Boedapest verlaat, oorweeg ’n begeleide toer van die parlementsgebou. Daarna deurkruis jy die Transdonaustreek na Gyor. Wandel deur hierdie ouwêreldse stad vol Barok-argitektuur en sien waar drie riviere bymekaarkom. Die volgende bestemming is keiserlike Wene, waar jy twee nagte in die Hilton Donau oorbly.

DAG 7
BESIGTIGING IN WENE
Maak reg vir ’n besoek aan die Hofburgpaleis, die voormalige winterwoning van die Habsburg-dinastie, tydens jou meesleurende, begeleide besigtigingstoer deur Wene. Sien die grootse staatsoperahuis en die Ringstrasse, ’n pragtige kringweg wat in die 19de eeu gebou is om die stadsmuur te vervang. Besoek die St. Stephen-katedraal met die Habsburgs se keiserlike embleem op die dak. Jy kan die stad se vele ander aantreklikhede die middag besoek en later, as jy wil, kan jy aandete en ’n klassieke konsert geniet. 

DAG 8
WENE – WACHAUVALLEI – SALZBURG-BESIGTIGING
Besoek die Wêrelderfenisgebied Wachauvallei, een van die mees asemrowende riviervalleie in Europa. Sien die imposante Melk-abdy, ’n meesterstuk van Barok-argitektuur, en kom eindelik aan in Salzburg, waar ’n plaaslike kenner jou op ’n staptoer deur die musikale stad sal begelei. Eet aandete by jou hotel, die Hubertushof.     

DAG 9
SALZBURG – MÜNCHEN
Ontdek die omliggende gebied van Salzburg voor jy terugkeer na München. Sluit die aand by jou reisgenote en toerdirekteur aan vir ’n afskeidsete.

DAG 10
VERTREK VAN MÜNCHEN
Sê “Auf Wiedersehen” aan Duitsland, jou reisgenote en jou toerdirekteur; dis die einde van jou opwindende Europese ervaring. Vervoer na die München-lughawe is beskikbaar. Voorwaardes geld.

WAT IS INGESLUIT?
BESIGTIGINGSHOOGTEPUNTE


  • Stadstoere in Praag, Boedapest, Wene en Salzburg. 
  • Oriëntering in München en Regensburg.Besoek die Marienplatz in München, die St. Vitus-katedraal en die Oudorpslein in Praag, die Keiserlike Boulevards in Wene en die Melk-abdy.
  • Besoek Bratislava, hoofstad van Slowakye, die Vissersvesting in Boedapest en die Barokdorp Gyor.

DIE TRAFALGAR-VERSKIL

“BE MY GUEST”

Sit saam met die Schieszl-gesin aan vir heilsame Hongaarse kos en luister na die storie van hul wynplaas, wat tydens die Tweede Wêreldoorlog ’n wegkruipplek was vir ’n Joodse vriend wat van die Nazi’s gevlug het. 

VERBORGE SKATTE
Geniet minstens een Verborge Skat. 

PLAASLIKE KENNERS
Vir ingeslote besigtigingstoere in Praag, Boedapest, Wene en Salzburg.

Vir nog inligting of om te bespreek, bel Trafalgar op 011 280 8440 of gaan na trafalgartours.com.