PROMOSIE

Daar is altyd ’n beter manier. Skuif die glybalkie van regs na links om te sien hoe!

Momentum Korttermynversekering beoog om met innoverende tegnologie aan die spits van bystand in nood te wees en plaas die beheer in jou hande met ’n gerieflike selfoon-toepassing. Of jy nou ’n voertuigeis het, ’n ogie oor jou geliefdes wil hou, of ’n noodgeval beleef; met die ShorTerm Client-toepassing vir selfone is hulp ’n vingerveeg ver.

Die toepassing het verskeie funksies wat enigiemand kan gebruik, maar net Momentum-kliënte kan eise daardeur indien.

Het jy ’n manier om dinge beter te doen? Deel jou storie of foto oor hoe jy dinge beter vermag met ons en jy kan R5 000 wen! Lees onder vir meer inligting.

Die "Help!"-funksie stuur ’n noodkreet per SMS na kontakpersone wat jy vooraf gekies het. Dit sê presies waar jy is wanneer jy die noodboodskap stuur. "Arrive Safely" help jou bepaal hoe lank dit sal neem om jou bestemming te bereik. As jy laat is, kry jou kontakpersone outomaties ’n boodskap. En "Stay Alert" bied jou ’n oorsiglys wat jou help om jou risiko te verminder, soos ’n lys van alles wat jy moet doen voor jy met vakansie gaan.

In die geval van ’n ongeluk kan jy die "Vehicle Accident Assist"-funksie gebruik om inligting op die toneel in te samel. Jy kan jou en die ander voertuig se nommerplaat en lisensieskyf daarmee skandeer.

digitorial-afr2

Jy kan ook die gesprekke op die toneel opneem, foto’s van die beskadigde voertuie neem en jou saaknommer insleutel sodra jy die ongeluk by die polisie aangemeld het. Dié inligting word dan alles regstreeks by Momentum Korttermynversekering ingedien. Dietoepassing bied jou ook toegang tot nooddienste soos mediese bystand en insleepdienste.

Met die "Report a Claim"-funksie kan jy eise indien vir motorongelukke, haelskade en geisers, en dit help jou om eise vir jou voertuig se voorruit te verhaas. Dié kenmerk laat jou ook toe om foto’s te neem en jou eise regstreeks in te dien sonder dat jy met iemand in ’n inbelsentrum hoef te praat.

In ons besige wêreld is dit onmoontlik om altyd by ons geliefdes te wees en hulle te beskerm. Die "SafeTrack"-funksie werk soos ’n opspoorstelsel en skep ’n veilige sone vir jou kinders en ander geliefdes. As een van hulle hierdie veilige sone verlaat, kry jy dadelik ’n boodskap. Daar is ook ’n kaart waarop jy jou mense se huidige ligging kan bepaal, of kan kyk waar die naaste hospitaal en polisiestasie is. Dié funksie is veral wonderlik vir ouers van tieners in die vakansietyd. Die "ShorTerm Client"-toepassing stel jou ook in staat om familie en vriende te nooi sodat hulle volle toegang tot van die toepassing se funksies het. Met "Invite my Dependants" kry hulle toegang tot "Help!", "Arrive Safely", "SafeTrack", "My Emergency Contact List" en "Stay Alert". Vir meer inligting en om uit te vind hoe jy korttermynversekering kan uitneem, besoek gerus Momentum se webwerf.

Wen!

Momentum wil graag weet hoe jý dinge beter doen. Deel jou storie of foto oor hoe jy dinge beter vermag by hierdie skakel.

Wie weet, jy kan dalk R5 000 in kontant wen!

Die kompetisie is oop van 24 Oktober 2016 tot 14 Desember 2016 en jy mag net een keer per week inskryf. Meer inligting, terme en voorwaardes is by die skakel hierbo beskikbaar.