PROMOSIE

pjimage

Amper ’n derde van ons land se kleuters ly honger en groei nie na wense nie.* Tydens vakansies verloor kinders wat deel is van Solidariteit Helpende Hand se Kosblikkievoedingsprojek gemiddeld 2 persent van hul liggaamsgewig.

Twee persent klink miskien nie na baie nie, maar vir ’n kleuter van drie of vier jaar is dit ’n beduidende hoeveelheid.

Helpende Hand is besorg oor ons land se jongspan en hul ontwikkeling; daarom is besluit om die kleuters in hul voedingsprojek te monitor. Die kinders is voor en ná hul vakansie gemeet en geweeg. Volgens dié opname het feitlik almal (93 persent) in dié tyd gewig verloor.

DSC_0355

“In een van die ergste gevalle het ’n driejarige seun 5 persent van sy liggaamsgewig verloor,” vertel Margolé Riekert, projekorganiseerder by Helpende Hand. “Gelukkig het ons dit opgemerk en danksy die kos wat hy deur die Kosblikkieprojek kry, het hy teen einde Maart weer 4,6 persent van die gewig aangesit.”

Volgens die dieetkundige Adél Rens help optimale voeding kinders om fisiek te groei asook om kognitief te ontwikkel. Daarsonder kan kinders ’n lewenslange agterstand hê, veral wat akademiese prestasie betref. “Omdat kinders vakansietye by die huis is, eet hulle gewoonlik ’n bietjie meer en sit dan gewig aan omdat hulle minder aktief is,” sê Adél.

DSC_0330

“Ongelukkig is dit nie altyd die geval nie en sommige kinders gaan slaap weens armoede honger.”

Die Kosblikkieprojek is begin sodat behoeftige kinders die nodige voeding kry om behoorlik te ontwikkel. Dié projek voed daagliks meer as 4 400 kinders. “Helpende Hand glo armoede moet so vroeg moontlik bestry word,” sê Margolé.

Is jy honger om te help?

SMS die woord “bord” na 38969 en borg sodoende R10 se gesonde kos vir ’n honger kind. Besoek ook hul webwerf: kosblikkie.co.za

* Bron: Universiteit van Kaapstad, 2016