PROMOSIE

genius-hg-600x450-afr

Dié televisie-vasvraprogram is ontwerp om die belangrikheid van wiskunde en wetenskap te bemark en gemik op kinders tussen 11 en 16. Meer as 12 000 deelnemers het aansoek gedoen om aan die uitmergelende kompetisie deel te neem, maar slegs 16 spanne van drie het die finale rondes gehaal.

Dié Einsteins en Hawkings van die toekoms sê mekaar die stryd aan met vrae oor fisika, algebra, berekenings en lewenswetenskappe wat die meeste volwassenes sou dronkslaan. In die program word hulle gepeper met kitsvasrae en ander uitdagings – alles in ’n poging om as die 2017 Nickelodeon’s Genius-kampioene aangewys te word.

Elke span ding mee vir prysgeld van R300 000 en ’n besoek aan die Nasa-hoofkwartiere in Amerika, waar die wenners ’n dag saam met ’n regte ruimtevaarder sal deurbring. Die wenskole kry ook opvoedingsmateriale ter waarde van R30 000, met vergunning van Cambridge Publishing.

Nickelodeon’s Genius word aangedryf deur ABSA MegaU, en is ondersteun deur die regering se departement van basiese onderwys en die departement van wetenskap en tegnologie.

Kyk elke Vrydag om 14:45 na die naelbyt, vermaaklike program op NickToons (DSTV-kanaal 308).

Vir meer inligting oor Nickelodeon’s Genius, besoek hul webwerf, gaan volg Nickelodeon op Facebook of volg dit op Twitter @NickAfrica en gebruik die hutsteken #GENIUS.