PROMOSIE

600x450-hg

Die seisoensverandering is hier en daarmee kom die grieptyd . . . vir almal!

Veral dié tyd van die jaar wil gesondheidsorgvoorsieners pasiënte herinner aan hoe belangrik dit is om hulself en hul gesin teen griep te beskerm.

Hier is ’n lys van algemene vrae oor griep.

Het sommige mense ’n groter kans om dit te kry?

Ja. Die hoërisikogroepe* is:

  • Mense bo 65 jaar.
  • Enigeen met ’n longkwaal, insluitend asma, of met chroniese siektes soos hartprobleme, suikersiekte en nierversaking.
  • Mense met onderdrukte immuunstelsels.
  • Mense wat in ’n ouetehuis of langtermynversorgingsoord woon.
  • Swanger vroue en vroue wie se babas twee weke oud is.
  • Kinders onder vyf jaar en meer spesifiek kinders onder die ouderdom van twee.
  • Mense wat uiters vetsugtig is, met ’n liggaamsmassa-indeks (BMI) van 40 of hoër.

Wat van kinders?

Skoolkinders en dié in dagsorgsentrums loop groter gevaar om griep te kry. Dit sal dus wys wees om hulle te laat inent.

Hoekom moet ek jaarliks ingeënt word?

Griepvirusse verander en die griepinspuiting word jaarliks aangepas vir die virus wat daardie jaar in omgang is.

Wat word bedoel met “griepagtige simptome”?

  • Loopneus
  • Koors
  • Lyfseer en pyn
  • Uitputting
  • Naarheid
  • Hoes
  • Diarree
  • Seer keel

Onthou hierdie GRIEP-‘FACTS’:

F = Fever (koors)

A = Aches and pains (lyfseer en pyn)

C = Chills (kouekoors)

T = Tiredness (moegheid)

S = Sudden onset (vinnige begin)

“Vra jou gesondheidsorgvoorsiener oor ABBOTT se griepinspuiting”

Verwysing: *Mayo Clinic, 2016. Aanlyn beskikbaar by mayoclinic.org/diseases-conditions/flu/home/ovc-20248057.

Abbott-laboratoriums S.A. (Pty) Ltd, Registrasienommer: 1940/014043/07, Abbott Place, 219 Golf Club Terrace, Constantia Kloof, 1709. Tel: 011-858-2000. Publikasiedatum: Maart 2017.

Promosienommer: ZAEINF160230