ADVERTENSIE | FLORA PRO.ACTIV

ESY-001195390

FLORA wil die mense van Villiersdorp help om hul cholesterol te verlaag. ’n Uit­stekende manier om dit met 5 persent te verlaag sodat jou liggaam reg werk, is om ’n gesonde dieet saam met ’n oefenplan te volg. Sluit Flora pro.activ by jou dieet in vir nog beter resultate en kyk hoe jou cholesterol in 21 dae met 15 persent daal.

Hoe werk cholesterol?

Cholesterol beweeg deur die bloedstroom en is vas aan proteïendeeltjies wat as lipoproteïen bekendstaan. Daar is twee soorte cholesterol: hoëdigtheid-lipoproteïen (HDL) en laedigtheid-lipoproteïen (LDL). HDL is “goeie” cholesterol en LDL “slegte” cholesterol wat deur die lewer vervaardig en na ander liggaamsweefsel versprei word. LDL moet altyd laag gehou word.

Hoë cholesterol kom meestal voor wanneer jy te veel versadigde vette eet, wat jou LDL-vlak laat styg. Klonte vorm teen slag­aarwande en word ’n dik, harde laag. Word dit nie verwyder nie, kan dit bloedvloei belemmer en beroertes en hartaanvalle veroorsaak.

HDL word van liggaamselle na die lewer oorgedra en daar afgebreek. HDL bevat baie proteïen, maar min cho-

lesterol; daarom is dit “goeie” cholesterol.

Statien t. cholesterol

Een van die maniere om die vervaardiging van cholesterol te verminder is om die voorskrif­middel statien te gebruik. Vir die beste gesondheid en ’n selfs groter verlaging van cholesterol, gebruik statien saam met plantsterol en volg ’n gebalan­seerde dieet en oefenplan. So kan jy jou LDL-cholesterol met tot 40 persent verlaag.

Flora pro.activ en statien – saam is die resultate beter

Voedsel wat met plantsterol verryk is, soos Flora pro.activ, kan by jou dieet ingesluit word wanneer jy cholesterolmedisyne gebruik.

Dit sal die cholesterolverlagingsproses ’n hupstoot gee.

Statien en plantsterol is albei doeltreffend, en hoewel hulle verskillend werk wanneer hulle saam gebruik word, is hulle ontwerp om dieselfde resultate te gee.

Die sterol in Flora pro.activ help om die opname van cholesterol in die ingewande gedeeltelik te blokkeer en uit die liggaam te verwyder.

Statien, aan die ander kant, help voorkom die vervaardiging van cholesterol. S

Wat maak Flora pro.activ so doeltreffend?

Flora pro.activ-smeer bevat plantsterol, wat volgens kliniese bewyse die risiko vir hoë cholesterol beduidend verlaag. Plantsterol kom in klein hoeveelhede in groenteolies, saad, groente en vrugte voor. Jy sal 150 appels, 210 wortels of 425 tamaties moet eet om dieselfde daaglikse plantsterol in te kry wat 25 g Flora pro.activ-smeer per dag jou gee.

Hoe werk Flora pro.activ?

Die plantsterole in Flora pro.activ onderskei dit van ander smere. Dit help die liggaam cholesterol aktief verwyder deur die konsentrasie cholesterol in die ingewande gedeeltelik te blokkeer. Nie al die cholesterol word dan geabsorbeer nie. Dit wat agterbly, word uit die liggaam verwyder, wat tot laer vlakke as gewoonlik lei. Die gevolg is dat “goeie” cholesterolvlakke hoog gehou word en “slegte” cholesterolvlakke laag.