As jy ons nie glo nie gaan maak ’n draai by Showmax, want vanaf Julie bied hulle ook seisoen twee en drie van die kykNET-reeks Die Nataniël Tafel, waar Nataniël agter die kospotte staan, disse voorberei en jou wys hoe om ’n tafel vir ’n geleentheid te versier.

Ons het van die episodes gekyk en drie kosgeregte geïdentifiseer wat jy graag sal wil maak.

Geregte

Kosblikkos (seisoen 2 episode 5)

“Kosblikke is nou weer cool, want voorheen was dit net nerds wat kosblikke werk te gevat het,” sê Nataniël in die episode – en hy het ’n punt beet.

Dit kan jou sak ruk en vetrolletjies laat vorm as jy daagliks middagete by die werk bestel. Maar Nataniël wys ons hoe om gesonde kosblikkos aanmekaar te slaan, soos ’n pitabroodjie met ’n krakerige slaai, ’n broodjie met pastrami en soetrissie asook vieruur-flouvalstafies van hawermout, grondbroodjie en heuning.

Kook met wyn (seisoen 2 episode 7) 

Al ooit gewonder hoe jy met wyn kook? Nataniël doen dit graag en sê: “Dit is nie net ’n maklike en geurige proses nie, maar verlaag ook die vetinhoud in jou gereg.”

In die episode maak Nataniël drie wyngeregte: Koningklip met witwyn en olywe, uitjies in rooiwyn en pere in rosé.

Sappige hoender en Ryk Neethling (seisoen 3 episode 1)

Wie kan nou nee sê vir 'n heerlike aandete saam die voormalige Olimpiese swemmer die sexy Ryk Neethling? Beslis nie Nataniël nie en hy berei die volgende geregte vir die geleentheid: Geroosterde hoender met olywe, gerookte makrielslaai en heuningsjokoladekoek. Smaaklik!

Lekker kitsfeite

  • Daar is altesame vyf seisoene van Die Nataniël Tafel.
  • Nataniel se gunstelingkleur is swart en in die meeste van die episodes dra hy ’n swart pak met ’n kleurryke hemp wat verder versier is met ’n halssnoer en/of ’n borsspeld.
  • Die doel van die reeks was om die kykers wat nie kan kook nie, te leer hoe om dit te doen. “Dit gaan oor idees en inspirasie, nie oor resepte nie, sê Nataniël. “Elke mens wat wil kan kook, kan -- nie almal ewe goed nie maar eenvoudig en met opgewondenheid. Ons eet elke dag, daarom moet ons ’n basiese begrip hê ter wille van gesondheid, beskawing en kultuur.”
  • Tydens die opname van Die Nataniël Tafel het Nataniël ’n kookboek in die oond vergeet en toe hy die oond verhit, verkool die boeke!

Kyk nou Die Nataniël Tafel en meer reekse en flieks by showmax.com


Seisoen 2 episode 5 resepte

Pita met krakerige slaai

Bestanddele

1 koppie wit kool, fyngekap
2 medium geelwortels, in dun repies gesny
2 eetlepels rosyne
3 eetlepels grondboontjies
2 eetlepels pampoenpitte
2 eetlepels mayonnaise
1 eetlepel olyfolie
sap van ½ suurlemoen
1 eetlepel pietersielie, gekap
seesout
grofgemaalde swartpeper

Metode

1. Berei of verhit pitas volgens aanwysings.
2. Laat afkoel in sny in helftes om 12 bakkies te kry.
3. Plaas kool, wortels en rosyne in mengbak.
4. Rooster grondbone en pampoenpitte liggies in droë pan.
5. Voeg by slaai.
6. Voeg mayonnaise, olie en pietersielie by.
7. Geur liggies met sout en peper.
8. Skep in pitas.


Ware liefde inpak-broodjie

Bestanddele

2 eiers
seesout
¼ teelepel poppy saad
2 snye brood
½ rooi soetrissie, saadjies verwyder
2 repies pastrami
’n paar vars coz slaaiblare
1 eetlepel mayonnaise
1 teelepel mosterd met saadjies
¼ teelepel grofgemaalde swartpeper

 Metode

1. Smeer botter op jou brood.
2. Voeg die bestanddele by.
3. Eet en geniet.


Vieruur flouval stafies

Bestanddele

Kors

250g “digestive” koekies, gekrummel
100g gesmelte botter

Bo-laag

30g botter
2 eetlepels grondboontjiebotter
½ koppie heuning
2 koppies graanvlokkies
1 koppie hawermout
½ koppie klapper
3 gedroogde vye, gekap
¼ koppie ongesoute grondboontjies, gekap

Metode

1. Meng gekrummelde koekies met gesmelte botter.
2. Voer bodem van medium reghoekige pan met waspapier.
3. Druk krummels vas op bodem.
4. Verhit botter, grondboontjiebotter en heuning in kastrol.
5. Roer totdat botter gesmet is.
6. Verwyder van hitte en roer res van bestanddele by.
7. Skep op bolaag en druk vas.
8. Plaas in yskas tot ferm.
9. Sny in stafies.


Seisoen 2 episode 7 resepte

Koningklip met witwyn

Bestanddele

1,5kg wit vis
2 eetlepels druiwepit-olie
1 knoffelhuisie, gekap
½ rooirissie, saadjies verwyder en gekap
skil van ½ suurlemoen
250 ml witwyn
250 ml gemengde olywe, ontpit
seesout
grofgemaalde swartpeper
30 ml vars pietersielie, gekap

Metode

1. Verhit olie in pan, plaas vis met plat kant na bo in pan.
2. Voeg knoffel en rissie by en braai vir 1 minuut oor hoë hitte.
3. Draai vis om en verlaag hitte. Gooi wyn in pan, voeg olywe by en strooi skil oor vis.
4. Geur liggies met sout. Prut oor medium hitte totdat vis gaar is (ongeveer 10 minute).
5. Plaas vis op opdienbord. Skep olywe en sous oor.
6. Geur met sout, sprinkel met pietersielie en bedien.


Uitjies in rooiwyn

Bestanddele

45 ml botter
500 g kleinerige uie
665 ml koppies goeie rooiwyn
1 koppie groente- of hoenderaftreksel
63 ml balsemasyn
15 ml suiker
seesout
grofgemaalde swartpeper
vars kruie van keuse

Metode

1. Verhit botter in kastrol of diep pan.
2. Voeg uie by en laat prut vir 6 minute.
3. Voeg 500ml wyn, aftreksel, asyn en suiker by en prut vir 10 minute of tot uie gaar is.
4. Voeg vorige wyn by en laat prut vir ’n paar minute, sous moet nie te donker word nie.
5. Geur met sout en peper. Kap kruie en strooi bo-oor, bedien met repies gebraaide biefstuk.


Pere in rosé

Bestanddele

375 ml suiker
250 ml water
1 bottel Altydlig rosé
1 vanilla-peul, in lengte deurgesny
15 ml pienk peperkorrels
6 ryp (maar ferm) pere
6 aarbeie, halveer

Metode

1. Verhit suiker, water, wyn, vanilla en peperkorrels in groot kastrol.
2. Sny pere in helftes en plaas in stroop.
3. Laat prut vir 10 minute of tot pere net sag is.
4. Verwyder pere en plaas 2 helftes in 6 poedingbakkies.
5. Plaas aarbeie in stroop en prut vir 1 minuut.
6. Verwyder aarbeie uit stroop en plaas 2 helftes in elke bakkie.
7. Verwyder stroop van hitte en haal vanilla-peul uit. Gooi stroop oor pere.


Seisoen 1 episode 3 resepte

Geroosterde Hoender met Olywe

Bestanddele

1 x 2,5kg hoender
2 koppies swart olywe, ontpit
5 eetlepels druiwepitolie
1 knoffelhuisie, fyngekap
blaartjies van 5 takkies tiemie
1 teelepel seesout
1 teelepel grofgemaalde swartpeper
½ koppie witwyn
2 teelepels botter
ekstra sout en peper

Metode

1.Verhit oond tot 200°C.
2.Plaas olywe binne-in hoender.
3.Plaas hoender in oondpan en rooster vir 1 ¼ uur.
4.Plaas hoender op opdienbord, skep olywe rondom.
5. Plaas oondpan op warm plaat en voeg wyn en botter by.
6. Klits met handklitser totdat botter gesmelt is en wyn begin kook.
7.Geur liggies met sout en peper. Gooi oor hoender of bedien apart in sousbakkie.


Gerookte Makrielslaai

Bestanddele

2 medium komkommers, geskil en saadjies verwyder
1 eetlepel seesout
2 filette gerookte makriel (ongeveer 250g)
1 teelepel suiker
sap van ½ suurlemoen
½ koppie grasuie, fyngekap
½ koppie vars room
1 eetlepel dille, fyngekap
’n vars bos (ongeveer 300g) bronkors (‘watercress’)

Metode

1. Sny komkommer in dun skyfies en sprinkel met seesout, dreineer vir 30 minute.
2. Breek makriel in stukke en plaas in mengbak met komkommer.
3. Meng suiker, sap, room, grasuie en dille saam.
4. Gooi oor makriel en meng versigtig.
5. Verdeel bronkors tussen 4 tot 6 slaaibordjies en skep makrielslaai bo-op.


Heuning Sjokoladekoek

Bestanddele

1 koppie heuning
½ koppie druiwepitolie
4 eiers, geskei
1 teelepel vanielje-ekstrak
1 ½ koppie gaar, fyn aartappels
¾ koppie gewone jogurt
1 ½ koppie gemaalde amandels
150g donker sjokolade
3 eetlepels sjokoladelikeur

Metode

1. Klits heuning, olie, eiergele en vanielje saam.
2. Meng aartappels en jogurt saam en klits deeglik totdat alle klonte verdwyn het.
3. Klits by eiermengsel. Meng amandels by. Smelt sjokolade en roer by beslag.
4. Klits eierwitte tot sagte punte vorm en vou in by beslag.
5. Skep in gesmeerde 22cm losbodempan.
6. Bak in oond teen 180°C vir 1 uur. Haal uit oond en gooi likeur oor.
7. Laat heeltemal afkoel voor dit uit die pan verwyder word.