Zaahid Swartland (4) van Kaapstad en sy vyfjarige suster, Zahraa, ly albei sedert die ouderdom van drie maande aan atopiese dermatitis (ekseem). Hul pa, Faahim, vertel: “Ons kon snags nie slaap nie omdat hulle altyd gekrap, krap, krap het. Partykeer was daar selfs bloed aan die lakens.” 

Zaahid Swartland (4) van Kaapstad en sy vyfjarige suster, Zahraa, ly albei sedert die ouderdom van drie maande aan atopiese dermatitis (ekseem).


Vel wat geneig is tot ekseem, is in die algemeen droog en lyk vaal en grof. Wanneer die toestand opvlam, is daar krisisareas wat uiters geïrriteerd is. Rooi vlekke kan ook afskilfer en dra voor dit verdik en uitdroog. By babas is die krisisareas gewoonlik op die wange, voorkop, bolyf en ledemate.

By ouer kinders word die groot velvoue geraak, soos binne die elmboë en agter die knieë. Wanneer die ekseem opvlam, ontsteek die vel en jeuk erg, en dit affekteer elke aspek van hul alledaagse lewe.

Zaahid (4) voor hy Avène gebruik het. Foto: Verskaf

Zaahid nadat hy Avène gebruik het. Foto: Verskaf

In September 2015 is Zaahid en Zahraa op aanbeveling van hul dermatoloog saam met hul ouers, Tougeeda en Faahim, na die Avène-hidroterapiesentrum in die suide van Frankryk. Gedurende hul drie weke by die sentrum het hulle verskillende soorte terapie ondergaan. Al die behandeling het Avène-warmbronwater ingesluit.

Dis welbekend vir die kalmerende en anti-inflammatoriese eienskappe.

“Ná ’n dag of twee het ons al resultate gesien. Die rooiheid was minder, en hulle het nie snags so erg gejeuk nie. Hul vel het weer soos ’n pasgebore baba s’n gevoel. Soos dit verbeter het, het hulle beter geslaap en gelukkiger gevoel,” sê Tougeeda.

Selfs nadat die gesin teruggekeer het na Suid-Afrika, het Zahraa en Zaahid steeds baie goed op die behandeling gereageer. “Die meeste uitslae is heeltemal weg. Dit het nie weer opgevlam nie,” vertel Tougeeda. “Avène het ons hoop gegee. Hulle kan nou weer normale kinders wees.” 

Dit is nou byna twee jaar vandat die kinders Avène begin gebruik het, en hul vel lyk beter as ooit tevore.

Kyk hier na hul storie:

  

Die gespesialiseerde produkte verlig droogheid, inflammasie en gejeuk, en dit help keer dat die ekseem opvlam deur die vel se eie immuniteit te herstel. 

Zaahid en Zaahra gebruik:  

  • Avène XeraCalm A.D Lipid-Replenishing Cleansing Oil, ’n sagte daaglikse reiniger wat geskik is vir babas, kinders en volwassenes.  Prys: R249,95 vir 400ml.
  • Avène XeraCalm A.D Lipid-Replenishing Balm, ’n gepatenteerde, 100 persent steriele voedende salf wat geformuleer is om die vel se beskermingslaag aan te vul en gejeuk te verminder.  Prys: R289,95 vir 200ml.
  • Avène Thermal Spring Water Spray, om die vel te streel en inflammasie te verminder. Prys: R149,95 vir 150ml. 
  • Avène Cicalfate Repair Cream, om die genesing van droë letsels aan te moedig en sekondêre infeksies te voorkom. Prys: R179,95 vir 40ml.

Kyk na hierdie video om die volledige velsorgroetine te sien vir vel wat geneig is tot ekseem en atopie: 

Eau Thermale Avène-produkte is by Clicks- en Dis-Chem-apteke te kry. Vir nog inligting, gaan na avene.co.za of e-pos infosa@pierre-fabre.com. 

VRYWARING: QuintilesIMS – Pharmatrend International – Dermo-kosmetiese mark in apteek in Europa (insluitend Frankryk, Duitsland, Italië, Spanje, België, Oostenryk, Portugal en Switserland) – jaar 2016 – in volume.