PROMOSIE

hh_wiskundeheld_600x450

Wiskunde kan vir kinders (en hul ouers) ’n nagmerrie wees. As leerders dit laataand nog probeer uitpluis en ouers probeer verduidelik, is die stryd lankal verlore.

En as die punte dan boonop swak lyk, wil kinders wiskunde afskryf. Maar dit is makliker gesê as gedaan, want dié vak is nodig vir talle beroepe wat skaars vaardighede behels.

“Wiskunde bou voort op vorige kennis en soms sukkel ’n kind met net een probleem of afdeling. Partykeer moet die leerder net ’n ander verduideliking sien om iets beter te verstaan,” sê Valentyn van der Merwe, ’n wiskundespesialis van die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW).

Die VAW glo ekstra wiskundeklasse sal kinders nie net help om sekere konsepte onder die knie te kry nie, dit sal ook hul punte beduidend help verbeter. “Een afdeling keer soms dat ’n kind se gemiddelde punt van ’n B- na ’n A-simbool opskuif. Hoe beter ’n leerder verstaan, hoe beter sal hy presteer,” sê Valentyn.

Ekstra wiskundeklasse is dus ’n uitstekende belegging, maar deesdae betaal ouers deur hul nek vir bykomende klasse of dis moeilik om in kinders se besige program tyd daarvoor te kry.

Solidariteit Helpende Hand se Ekstra Wiskunde-projek bied ’n oplossing vir hierdie probleem. Helpende Hand weet hoe belangrik wiskunde is en dat dit vir kinders in die arbeidsmark deure kan oopmaak.

Dit is waarom die organisasie hul ondersteuners teen net R50 per maand toegang bied tot weeklikse aanlyn wiskundeklasse* van wêreldgehalte. Kinders kan dit op hul eie tyd in hul eie kamer deurwerk.

Teen net R50 per maand kan kinders van gr. 4 tot 12 ekstra wiskundeklasse ontvang. Daar is ook ander voordele:

  • Toegang tot die Ekstra Wiskunde-webtuiste, waar klasse vir leerders van gr. 4 tot 12 beskikbaar is, en toegang tot die leerinstelling Akademia se 11 landwye sentrums, waar gr. 12-klasse regstreeks gekyk kan word.
  • ’n Koepon ter waarde van R600 vir die webtuiste diemarkplein.co.za. Met hierdie koepon kan ou vraestelle, oefenvraestelle, memorandums, werkkaarte, wiskundewenke, gratis studiemateriaal en vele meer afgelaai word.
  • Lede se kinders kan ook aan ’n wiskundespesialis vrae rig. Dié foendi sal hulle met moeilike probleme kan help.*
  • Van 12-14 Julie 2017 sal gratis wiskundewinterskoollesse vir gr. 12-leerders regstreeks deur die Akademia-platform na 11 landwye sentrums uitgesaai word.

Met jou R50 klasgeld dra jy ook by tot projekte wat duisende behoeftige kinders bystaan. Wiskunde vir jou en jou kinders en hulp vir talle ander!

Vir nog klasinligting en om die aanbod te benut, gaan na ekstrawiskunde.co.za of SMS die woord “Wiskunde” na 39950 en ons bel jou. Elke SMS kos R2.

* Die Wiskunde-boffin kan tot 72 uur neem om vraag te beantwoord, afhangend van hoeveelheid navrae. Die boffin sal via die webwerf en WhatsApp gekontak kan word.