PROMOSIE

19 Junie is Pa se dag!

Hou hy van elektroniese toestelle en boeke of is hy meer avontuurlustig? Maak Vadersdag ekstra spesiaal vir jou pa deur hom iets van CNA te gee wat hy regtig sal waardeer.

Verras hom met ontbyt en koffie in die bed, of vra of jy kan help met ’n paar takies in en om die huis, soos kar was of gras sny.

CNA wil seker maak dat alle pa’s bederf word; daarom het ons vanjaar al die beste Vadersdag-aanbiedings teen die beste pryse. Pa gaan vir seker iets kry wat hom baie gelukkig maak en terselfdertyd verdien jy ekstra Thank U-punte vir elke keer dat jy jou lojaliteitskaart gebruik; wat ’n bonus!

Hier is ’n paar van ons gunsteling-idees vir Vadersdaggeskenke. Al wat jy hoef te doen, is om een te kies wat die beste by jou pa sal pas.

Hou hy van selfdoen-toerusting?

Digitorial-01-600x450
Wel, dan is dit nommerpas vir hom. Wees gewaarsku, hy gaan heel moontlik so opgewonde raak dat hy kort voor lank ’n winterkampeerplek opslaan in die tuin. Maak reg vir buitelug-avonture!

Is hy ’n boekwurm?

Digitorial-02-600x450
Hierdie uitstekende leesstof sal vir seker sy aandag trek. Jy sal hom 10 teen een kry in sy studeerkamer waar hy salig met ’n boek en ’n koppie koffie sit.

Stel hy belang in elektroniese toestelle?

Digitorial-03-600x450
Dit maak nie saak of hy alles weet van al die jongste tegnologiese ontwikkelings en of hy nog besig is om te leer hoe om ’n app op sy selfoon af te laai nie, ons het iets vir elke pa: van skootrekenaars en hardeskywe tot klank bykomstighede en soveel meer. Hy gaan glimlag van oor tot oor!

CNA het alles wat enige pa nodig het. Maak seker dat jy hierdie Vadersdag onvergeetlik maak deur iets ekstra spesiaal vir hom te kry.

Gaan loer gerus na ons Vadersdag-katalogus vir nog wonderlike Vadersdaggeskenk-idees.

Aanbiedings geldig van 6 - 19 Junie 2016.

[post-slider]