PROMOSIE

Is jou neus teen die reisgogga bestand?

sick

Jy is op pad lughawe toe. Jou studentedae is verby en jy is gereed om die wêreld te gaan verken. Jou tas is gepak -- nie te swaar nie, nie te min nie en nie te veel nie. Die paspoort en vliegkaartjie is in jou baadjiesak. Jy weet waarheen jy gaan, wat jy wil sien en saam met wie jy gaan reis.

Op die lughawe is jou ouers hartseer om te groet. Pa stop ’n hand vol euro-note in jou hand en ma sit ’n ietsie in jou sak. Jy kyk nie dadelik nie, want jy probeer die res van jou groep opspoor.

’n Paar dae later word jy met ’n toe neus in die jeugherberg in Parys wakker. Jy stort en hoop die stoom doen die ding. Jy sê vir jou vriende om maar sonder jou te gaan en luister hoe hulle die dag se planne oor koffie en croissants bespreek.

Toe jy die sneesdoekies uit jou sak haal, vat jy ’n botteltjie raak -- Sinucon-neusdruppels*. Jy glip in die naaste badkamer in en gebruik dit. Jy voel in ’n japtrap die verligting en mompel saggies: Dankie, Ma. Teen die tyd dat jou vriende die pad vat, is jy by hulle, reisgids in jou hand.

sinucon-nasal-drops-on-purple-background

Of jy vlieg of ry, reis of by die huis bly, ’n toe neus kan jou planne in die wiele ry. Met Sinucon-neusdruppels* kan jy jou wegkomkans op koers hou en die vakansie met vertroue geniet.

Sinucon-neusdruppels bied verligting vir toe neuse wat deur allergieë of verkoues en griep veroorsaak word. Vir meer inligting, lees die voubiljet in die boksie of vra jou gesondheidsdiensverskaffer.

As jy enige vrae oor die produk het, skakel die kliëntesorgnommer by 0860-84-3237.

* S1: Sinucon-neusdruppels 20 ml: Elke 20 ml bevat nafazoliennitraat (5 mg), fenielefrien HCL (50 mg) en chloorbutol (100 mg). Verwysingsnommer: H1464 (Wet 101/1965)