ADVERTENSIE-ARTIKEL | FLORA PRO.ACTIV

Hartsiektes en beroertes is naas MIV/vigs die hoofoorsaak van sterftes in Suid-Afrika. Hoë cholesterol beteken jy loop ’n groot gevaar om hartsiektes te ontwikkel. Hier is die feite waarvan jy moet bewus wees:

Wat is cholesterol?

'Wanneer ’n klont vorm en ’n vernoude slagaar verstop wat bloed na die hart of brein vervoer, kan dit tot ’n hartaanval of beroerte lei.'
Die lewer vervaardig cholesterol, wat gewoonlik sag en vetterig is. Dis ’n belangrike stof vir selmembrane en hormone. “Dis nie cholesterol as sodanig wat skadelik is nie; verhoogde vlakke van cholesterol is ’n groot risikofaktor in die ontwikkeling van hartvatsiektes (dit sluit hartaanvalle en beroertes in),” sê dr. Vash Mungal-Singh, die uitvoerende hoof van die Hart-en-beroertestigting van Suid-Afrika. “Die lewer vervaardig al die cholesterol wat die liggaam benodig, maar wanneer ons te veel kosse eet wat versadigde vette en cholesterol (hoofsaaklik produkte wat van diere kom, sowel as sekere tropiese olies, soos kokosneutolie) bevat, kan dit cholesterolvlakke laat styg.” Dis nadelig vir jou gesondheid. “As hoë cholesterolvlakke onbehandel bly, kan dit mettertyd saam met ander stowwe ’n dik, harde aanpaksel in die slagare vorm, wat die are vernou en minder buigbaar maak. Dit word aterosklerose genoem. Wanneer ’n klont vorm en ’n vernoude slagaar verstop wat bloed na die hart of brein vervoer, kan dit tot ’n hartaanval of beroerte lei.”

Die twee hoofsoorte

  1. Hoëdigtheidslipoproteïen-cholesterol (HDL) Dis die “goeie” cholesterol, wat vette na die lewer help vervoer sodat dit uitgeskei word, pleks van in jou slagare saampak. Hoë HDLvlakke help beroertes en hartsiektes voorkom.
  2. Laedigtheidslipoproteïen-cholesterol (LDL) Dis die “slegte” cholesterol omdat dit vette na die slagaarwande help vervoer. As daar te veel LDL in die bloed is, kan harde vet aan die binnewande van die are opbou. Trigliseriede, nog ’n “slegte” soort, speel ’n rol in die vorming van bloedklonte.

Faktore wat cholesterol beïnvloed

“Veranderinge in jou dieet, oefening en leefstyl is uiters belangrik, veral as jou cholesterol hoog is,” sê Vash. “Afhangende van jou risikoprofiel en cholesterolvlakke, kan jou dokter dieet- en leefstylveranderinge en/of medikasie aanbeveel.” Hier is ’n paar risikofaktore:
  • Dieet: Jy loop ’n hoër risiko as jy ’n ongesonde dieet volg wat ryk is aan versadigde vette soos botter, volroomsuiwelprodukte, vetterige vleis, kossoorte met baie transvette en sekere tropiese olies, soos kokosneutolie. Transvette word gevind in kommersieel vervaardigde kookolies, gebakte produkte en ander verwerkte produkte. Orgaanprodukte soos lewer en niere, asook sekere skulpvis, soos garnale, is ongesond omdat dit hoog is in cholesterol. Dis belangrik om genoeg groente, vrugte en volgraanprodukte soos brood, graan en pasta te eet as jy jou cholesterolvlakke wil verlaag.
  • Oefening: As jy nie elke week minstens 150 minute se matige fisieke aktiwiteit doen nie, is daar ’n risiko vir ’n hartaanval of beroerte. Fisieke aktiwiteit is nie noodwendig strawwe oefening in die gim nie, dit sluit aktiwiteite in soos tuinwerk, stap saam met die hond, huis skoonmaak en dans.
  • Geslag en ouderdom: Mans het ’n hoër risiko as vroue, maar ná 45 jaar verhoog die risiko vir albei geslagte. Vroue se LDL-vlakke styg ná menopouse en hul HDL-vlakke daal; dan het hulle dieselfde risiko vir ’n beroerte of hartaanval as mans.
  • Familiegeskiedenis: “Party mense het van nature hoë cholesterolvlakke weens ’n seldsame oorerflike toestand genaamd familiale hipercholesterolemie (FH),” sê Vash. As dit by een familielid gediagnoseer is, is dit belangrik dat alle familielede ’n volledige vaslipogrambloedtoets laat doen om vas te stel of hulle aan FH ly. In Suid-Afrika is daar dikwels jong mense (20- tot 30-jariges) wat ’’n hartaanval as gevolg van FH kry.
  • Uitermate alkoholgebruik: Dit kan die vlakke van slegte cholesterol verhoog, veral trigliseriede.
  • Rook: Rook laat daal die goeie cholesterolvlakke en verhoog die bloed se geneigdheid om klonte te vorm. Weens langdurige blootstelling aan rook raak die slagare ook minder elasties, wat kan lei tot ’n hartaanval of beroerte.
  • Stres en depressie: Mense wend hulle dikwels tot skadelike gewoontes, soos trooskos eet of oormatige alkoholgebruik, om dié toestande te hanteer.
Wat jou syfers moet wees
  • Totaal: < 5,0 mmol/l
  • HDL (vroue): > 1,2 mmol/l
  • HDL (mans): > 1,0 mmol/l
  • LDL: < 3,0 mmol/l
  • Trigliseriede: < 1,7 mmol/l

Het jy geweet?

  • Die meeste mense met hoë cholesterolvlakke voel blakend gesond – daar is gewoonlik geen waarskuwingstekens wat dui op hoë vlakke nie.
  • Die aantal werkende mense tussen 35 en 64 wat na verwagting weens hart- en bloedvatsiektes gaan sterf, sal na verwagting tussen nou en 2030 met 41 persent styg.
  • Die hoogste vlakke van hart- en bloedvatsiektes in Suid-Afrika is onder die Indiese gemeenskap, gevolg deur bruin mense. Die wit en swart bevolking het die laagste vlakke.
  • Hoewel wit en swart mense soortgelyke syfers vir die siekte het, is daar ’n drastiese verskil in siektevoorkoms. Hartaanvalle kom algemener voor onder die wit bevolking, terwyl beroertes en hartsiektes weens hoë bloeddruk meer onder swart mense voorkom.
  • Slegte cholesterolvlakke onder swart mense in stedelike gebiede het die afgelope paar jaar toegeneem as gevolg van ongesonde eetgewoontes en ’n gebrek aan oefening, wat tot vetsug gelei het.
  • Sowat 80 persent van verwesterse Suid-Afrikaners het hoë cholesterolvlakke. Twintig persent van dié groep se vlakke is so hoog dat hulle die risiko loop om hartsiektes te ontwikkel.

Die toetse

“Die enigste manier waarop jy jou cholesterolvlak kan uitvind, is ’n eenvoudige bloedtoets. Om ’n akkurate resultaat te kry, moet jy vas. Jy mag vir minstens nege uur voor die toets geen kos, vloeistowwe of pille inneem nie,” sê Vash.
'Hartsiektes en beroertes is naas MIV/vigs die hoofoorsaak van sterftes in Suid-Afrika'

“As jy hoë cholesterolvlakke het, is dit belangrik dat jy weet watter soort cholesterol is hoog. Die mikpunt is om laer LDL- en trigliseriede- vlakke en hoër HDL-vlakke te hê.”

Laat toets jou vlakke van 20-jarige ouderdom af elke vyf jaar.

“Maar laat dit meer gereeld toets as jou ‘slegte’ cholesterol hoog is of jy ’n familiegeskiedenis van hoë cholesterol, hartsiektes of beroertes het. Kinders se vlakke hoef nie getoets te word nie, behalwe as daar ’n familiegeskiedenis is.” Flora pro.activ daag jou uit om jou gesondheid eerste te stel en jou cholesterolvlakke te monitor. Dié smaaklike smeer bevat plantstanole en -sterole, wat help om die slegte cholesterol binne 21 dae met tot 15 persent te verlaag, as dit in kombinasie met ’n gebalanseerde dieet en gesonde leefstyl gebruik word. Plantvette is natuurlike bestanddele wat in groenteolies, neute, sade, vrugte en groente gevind word. Flora pro.activ is klinies bewys en ontwerp vir diegene wat hul cholesterolvlakke wil verlaag, asook mense wat medikasie gebruik om hul cholesterolvlakke te help verlaag.

ELKE DAG

  • 230 Suid-Afrikaners sterf aan hart en bloedvatsiektes.*

  • 35 Suid-Afrikaners sterf aan ’n hartaanval.

  • 37 Suid-Afrikaners sterf aan hartversaking.

  • 67 Suid-Afrikaners sterf aan ’n beroerte.

* Ander vorme van hart- en bloedvatsiektes sluit in hartritmeprobleme, hartinfeksies en aangebore hartgebreke.
flora4

Flora pro.activ

Flora pro.activ daag jou uit om jou gesondheid eerste te stel en jou cholesterolvlakke te monitor. Dié smaaklike smeer bevat plantstanole en -sterole, wat help om die slegte cholesterol binne 21 dae met tot 15 persent te verlaag, as dit in kombinasie met ’n gebalanseerde dieet en gesonde leefstyl gebruik word. Plantvette is natuurlike bestanddele wat in groenteolies, neute, sade, vrugte en groente gevind word. Flora pro.activ is klinies bewys en ontwerp vir diegene wat hul cholesterolvlakke wil verlaag, asook mense wat medikasie gebruik om hul cholesterolvlakke te help verlaag.

flora-logo